Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Riaan Benadé sluit die jaar af met bietjie “Vitamiene See”

Riaan Benadé sluit die jaar af met bietjie “Vitamiene See”

Blitsoorsig: Riaan Benadé het sy aanhangers verwend met die nuwe enkel "Vitamiene See", 'n ligte, vrolike liedjie wat hy self geskryf het. Geinspireer deur sy vrou Melissa en hul onlangse Mauritius-reis, het hy die liedjie in drie weke geskryf, vervaardig en vrygestel. Die musiekvideo is op Mauritius geskiet met selfone, en Riaan en Melissa het dit self verfilm en geredigeer.

Henno KrugerBy Henno KrugerDecember 17, 2024No Comments2 Mins Read Music Videos 59 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Met die jaar wat vinnig einde se kant toe staan, het Riaan Benadé besluit om sy aanhangers op ’n spesiale manier te bederf: met die uitreiking van sy nuutste enkelsnit, “Vitamiene See”.

Hierdie vrolike liedjie, wat deur Riaan Benade self geskryf is, is geïnspireer deur sy vrou, Melissa

Sy het hom aangemoedig het om ’n liedjie te skryf oor die vakansiegevoel by die see. “Dis ’n ligte liedjie wat hopelik niks anders doen as om jou gelukkig te maak nie,” sê Riaan Benadé.

Riaan Benade - Vitamiene See

Die liedjie is geskryf met die vakansie-energie van hul onlangse Mauritius-reis in gedagte, waar dit al klaar as die klankbaan vir hul wegbreek gedien het.

Riaan is bekend vir sy vermoë om onverwags kreatief te wees, en hierdie projek is geen uitsondering nie. “Om binne drie weke ’n liedjie te skryf, te vervaardig en vry te stel, is soos om ’n Sondag-na-kerk-maaltyd in 15 minute aanmekaar te slaan,” skerts hy.

IQ AcademyOfferforge

Die produksie van “Vitamiene See” was ’n spanpoging, met Ricus Nel as vervaardiger. Riaan prys Ricus vir sy toewyding te midde van ’n besige jaar.

Dié liedjie bring ’n nostalgiese, maar vars klank wat ideaal is vir enige vakansiegees, en Riaan hoop dat dit luisteraars inspireer om te ontspan en hulself te geniet – of hulle nou by die see of elders is.

Die musiekvideo is op Mauritius geskiet, met selfone as enigste toerusting. Riaan en Melissa het self die video verfilm en geredigeer, wat dit een van sy mees persoonlike en koste-effektiewe projekte tot dusver maak.

Met nuwe projekte reeds in die pyplyn, beloof Riaan Benadé dat sy kreatiewe reis net gaan aanhou verras.

NetfloristOfferforge

Hy sluit af deur sy dankbaarheid te deel vir almal wat deel was van hierdie vinnige en opwindende reis: Arnold Coleske, Paulo Azevedo, Ricus Nel, en sy grootste ondersteuner, sy vrou Melissa.

Kyk die video vir die liedjie hier onder:

YouTube video player

Jy kan “Vitamiene See” HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Riaan Benadé bring hulde aan die liefde met ‘Lof’

    Riaan Benade
    Music Videos 27 Jul 2026

    Riaan Benadé se nuwe enkelsnit "Lof" vier die krag van waardering en eerlike woorde oor die mense naaste aan jou hart.

    Riaan Benadé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Kattebak”

    Riaan Benade
    Music Videos 12 Mar 2026

    Riaan Benadé se nuwe enkelsnit "Kattebak" is 'n hoop-volle liedjie oor moeilike tye in verhoudings, met 'n groter klank en danselement.

  • Riaan Benadé bring ‘Stoom’ na die Afrikaanse musiekbedryf

    Riaan Benade
    Music Videos 18 Apr 2024

    Riaan Benadé releases "Stoom," the second single from his new album Die Lot, after a four-year break from making music.

    Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”

    Winter Hotel
    Music Videos 5 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Riaan Benadé South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

IQ AcademyOfferforge
Nog Artikels
  • John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”
    August 5, 2026
  • Man As Machine - Impossible Sea
    “Impossible Sea”, Man As Machine’s New Single Released
    August 3, 2026
  • Shortstraw - Rubber Arm
    “Rubber Arm”, The New Shortstraw Single Has Arrived
    August 3, 2026
  • Lee Cole - Fool
    On New Track “Fool”, Lee Cole Confronts Self-Betrayal
    August 1, 2026
  • Manfred Zipfel
    Manfred Zipfel’s “Sunshine” Brings Hope Through Simplicity
    July 31, 2026
  • Bangkinders - Francois Van Coke
    “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier
    July 31, 2026
  • A New Country Anthem: "Keep On Kickin" by Hendry & Serrao 2
    A New Country Anthem: “Keep On Kickin” by Hendry & Serrao
    July 30, 2026
  • Millennium - Brooklyn Bachelor
    Met “Brooklyn Bachelor” Skop Millennium Die Deur Oop
    July 28, 2026
IQ AcademyOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,255
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
USA 331
Cape Town 331
Pretoria 303
Johannesburg 285
Festivals 197
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.