Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Rudi Kleingeld is alles behalwe small change

Rudi Kleingeld is alles behalwe small change

Blitsoorsig: Rudi Kleingeld, wat saamgewerk het met kunstenaars soos Juan Boucher en Dodo, gee sy debuut enkelsnit "Moeg" uit. Die lied handel oor kragteloosheid en afgematheid, en dra 'n boodskap van aanvaarding van alle emosies. Saam met 'n musiekvideo wat ook vrygestel is, bewys Kleingeld sy veelsydige talente as kunstenaar in die musiekbedryf.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 10, 2023No Comments2 Mins Read Music Videos 105 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Rudi Kleingeld, bekende samewerker van gewilde kunstenaars soos Juan Boucher, Tino, en Dodo, is opgewonde om sy langverwagte debuut enkelsnit “Moeg” aan te kondig.

Hierdie treffende lied, wat sy musikale grense verskuif, is op die 4de Augustus op alle digitale platforms soos Spotify, Apple Music, YouTube, en Deezer vrygestel. Dit verteenwoordig die eerste enkelsnit van Rudi Kleingeld as ‘n solokunstenaar en bied ‘n unieke blik op sy persoonlike groei en kreatiewe ontwikkeling.

Rudi Kleingeld - Moeg

Meer inligting oor Rudi Kleingeld se liedjie “Moeg”

Die lied “Moeg” word geskryf met die kerngedagte van kragteloosheid, afgematheid, en vermoeidheid in die HAT. Hierdie gevoel is universeel en elke individu kan dit op ‘n persoonlike vlak vereenselwig.

Rudi Kleingeld se visie agter die lied is ‘n inspirerende boodskap van die menslike siel se lewensreis, waar emosies en ervaringe hand aan hand gaan. “Ons is hier om te ervaar en te leer, te leer en te verbeter sodat ons een dag huis toe kan gaan,” verduidelik Rudi.

NetfloristOfferforge

Met “Moeg” as ‘n leidraad, vestig die lied die aandag op die belangrikheid van aanvaarding van alle emosies, beide positief en onderdrukkend. Net soos die positiewe emosies soos liefde en geluk omhels word deur individue, is dit noodsaaklik om ook hartseer en moegheid te omhels en te aanvaar vir wat dit is. Hieruit spruit geleenthede vir persoonlike groei en transformasie.

Rudi Kleingeld

Vir Rudi Kleingeld is “Moeg” ‘n bevrydende ervaring, waar hy ‘n katarsis ervaar om ontslae te raak van die negatiewe emosies wat hom oorheers het. Hy het moedig die monster in die oë gekyk en luidkeels uitgespreek, “Ek is MOEG vir jou.” Hierdie lied verteenwoordig die vrylating van negativiteit en stel hom in staat om weer op die positiewe te fokus.

As deel van die vrygawe, is daar ook ‘n treffende musiekvideo vir “Moeg” (wat ook op die 4de Augustus live gegaan het op Vonk Musiek se YouTube kanaal). Hierdie video versterk die impak van die lied en neem luisteraars op ‘n emosionele reis.

Met die debuut enkelsnit “Moeg” bewys Rudi Kleingeld sy veelsydige talente as kunstenaar en konsolideer sy plek as ‘n blywende figuur in die musiekbedryf.

NetfloristOfferforge

Jy kan die liedjie HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Rudi Kleingeld Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Sweef Vir Jou”

    Rudi Kleingeld
    Music Videos 28 Aug 2025
  • Rudi Kleingeld reik nuwe enkelsnit uit: “Oomblikke”

    Rudi Kleingeld
    Music News 4 Apr 2025
  • Rudi Kleingeld Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Nuwe Maan”

    Rudi Kleingeld
    Music News 28 Nov 2024
  • Gerald Clark Keer Terug Met “Soms wil ek huis toe kom”

    Gerald Clark
    Music Videos 20 Oct 2026

Goeters Om Te Doen

  • Cape Town International Kite Festival 2026: All The Deets

    Cape Town International Kite Festival 2026: All The Deets 1
    Upcoming Events
  • Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets

    Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets 2
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Rudi Kleingeld
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Ricus en Liza Nel
    Ricus en Liza Nel Reik “Ek Het Nie” Uit
    October 20, 2026
  • Appel en Ichnus
    Appel en Ichnus vra ‘Jy Sallie?”
    October 19, 2026
  • Perry & Blackwell
    Perry & Blackwell Drop Resilient Single: “Psych”
    October 15, 2026
  • Neon Dreams & 4KORNERS
    Neon Dreams & 4KORNERS Reimagine “Sunday Morning”
    October 14, 2026
  • Southern Wild Band
    Southern Wild Drops New Single: “Right On Time”
    October 12, 2026
  • Amy Tjasink Returns Home in "Valley Girl" Video 3
    Amy Tjasink Returns Home in “Valley Girl” Video
    October 12, 2026
  • Chantal Stanfield - My Favourite Ice Cream
    Chantal Stanfield Serves Up Her Favourite Ice Cream
    October 9, 2026
  • The Medicine Dolls
    The Medicine Dolls Release Furious Track: “Twisted By Sound”
    October 9, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,350
Rock 622
Useful Tips 567
Afrikaans 530
Cape Town 348
USA 336
Pretoria 306
Johannesburg 295
Festivals 203
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.