Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Rudi Kleingeld is alles behalwe small change

Rudi Kleingeld is alles behalwe small change

Blitsoorsig: Rudi Kleingeld, wat saamgewerk het met kunstenaars soos Juan Boucher en Dodo, gee sy debuut enkelsnit "Moeg" uit. Die lied handel oor kragteloosheid en afgematheid, en dra 'n boodskap van aanvaarding van alle emosies. Saam met 'n musiekvideo wat ook vrygestel is, bewys Kleingeld sy veelsydige talente as kunstenaar in die musiekbedryf.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 10, 2023No Comments2 Mins Read Music Videos 66 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Rudi Kleingeld, bekende samewerker van gewilde kunstenaars soos Juan Boucher, Tino, en Dodo, is opgewonde om sy langverwagte debuut enkelsnit “Moeg” aan te kondig.

Hierdie treffende lied, wat sy musikale grense verskuif, is op die 4de Augustus op alle digitale platforms soos Spotify, Apple Music, YouTube, en Deezer vrygestel. Dit verteenwoordig die eerste enkelsnit van Rudi Kleingeld as ‘n solokunstenaar en bied ‘n unieke blik op sy persoonlike groei en kreatiewe ontwikkeling.

Rudi Kleingeld - Moeg

Meer inligting oor Rudi Kleingeld se liedjie “Moeg”

Die lied “Moeg” word geskryf met die kerngedagte van kragteloosheid, afgematheid, en vermoeidheid in die HAT. Hierdie gevoel is universeel en elke individu kan dit op ‘n persoonlike vlak vereenselwig.

Rudi Kleingeld se visie agter die lied is ‘n inspirerende boodskap van die menslike siel se lewensreis, waar emosies en ervaringe hand aan hand gaan. “Ons is hier om te ervaar en te leer, te leer en te verbeter sodat ons een dag huis toe kan gaan,” verduidelik Rudi.

NetfloristOfferforge

Met “Moeg” as ‘n leidraad, vestig die lied die aandag op die belangrikheid van aanvaarding van alle emosies, beide positief en onderdrukkend. Net soos die positiewe emosies soos liefde en geluk omhels word deur individue, is dit noodsaaklik om ook hartseer en moegheid te omhels en te aanvaar vir wat dit is. Hieruit spruit geleenthede vir persoonlike groei en transformasie.

Rudi Kleingeld

Vir Rudi Kleingeld is “Moeg” ‘n bevrydende ervaring, waar hy ‘n katarsis ervaar om ontslae te raak van die negatiewe emosies wat hom oorheers het. Hy het moedig die monster in die oë gekyk en luidkeels uitgespreek, “Ek is MOEG vir jou.” Hierdie lied verteenwoordig die vrylating van negativiteit en stel hom in staat om weer op die positiewe te fokus.

As deel van die vrygawe, is daar ook ‘n treffende musiekvideo vir “Moeg” (wat ook op die 4de Augustus live gegaan het op Vonk Musiek se YouTube kanaal). Hierdie video versterk die impak van die lied en neem luisteraars op ‘n emosionele reis.

Met die debuut enkelsnit “Moeg” bewys Rudi Kleingeld sy veelsydige talente as kunstenaar en konsolideer sy plek as ‘n blywende figuur in die musiekbedryf.

NetfloristOfferforge

Jy kan die liedjie HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Rudi Kleingeld Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Sweef Vir Jou”

    Rudi Kleingeld
    Music Videos 28 Aug 2025
  • Rudi Kleingeld reik nuwe enkelsnit uit: “Oomblikke”

    Rudi Kleingeld
    Music News 4 Apr 2025
  • Rudi Kleingeld Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Nuwe Maan”

    Rudi Kleingeld
    Music News 28 Nov 2024
  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Rudi Kleingeld
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
  • Tuin Artist
    Tuin Breek Vry Met Nuwe Enkelsnit: “Mooiste Monster”
    August 18, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 334
Cape Town 334
Pretoria 303
Johannesburg 288
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.