Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Rudi Kleingeld reik nuwe enkelsnit uit: “Oomblikke”

Rudi Kleingeld reik nuwe enkelsnit uit: “Oomblikke”

Blitsoorsig: Rudi Kleingeld bring "Oomblikke" na die Afrikaanse musiektoneel, 'n lied wat tyd en verganklikheid verken deur 90's rock en sokkie. Die snit ontstaan uit sy besef hoe vinnig tyd beweeg en hoe mense agter kan bly. Met produksie deur Tertius Human en inspirasie van kunstenaars soos Queen en Soundgarden, dra die lied 'n rebelse boodskap oor rigting en doel.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 4, 2025No Comments3 Mins Read Music News 68 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Met sy nuutste enkelsnit, “Oomblikke”, bring Rudi Kleingeld ‘n diep filosofiese en introspektiewe boodskap na die Afrikaanse musiektoneel.

Die lied, wat deur ‘n kombinasie van 90’s rock en sokkie Afrikaans gekenmerk word, dwing die luisteraar om te besin oor die aard van tyd, verandering en identiteit.

Rudi Kleingeld

Meer inligting oor Rudi Kleingeld se “Oomblikke”

Volgens Rudi het die idee vir “Oomblikke” ontstaan uit die besef hoe vinnig tyd beweeg – ‘n gevoel wat net al hoe sterker raak namate mens ouer word.

“Die wêreld en samelewing ontwikkel so vinnig, maar dit voel nie asof die mens se ‘menswees’ saam vooruitgaan nie. Persoonlik voel dit soms asof ek wakker word in ‘n wêreld wat ek nie ken nie,” sê hy.

NetfloristOfferforge

Hierdie besef het hom gelei om lirieke te skryf wat ‘n balans tref tussen nostalgie en ‘n soeke na betekenis.

Die reël “Ek’s nie gister se kuns werd nie” is veral treffend en weerspieël sy besef dat, hoewel hy geïnspireer is deur die kunstenaars voor hom, hy nie net kan herhaal wat sy helde gedoen het nie.

“Ek moet my eie manier vind om my merk te los. So skryf my naam op die horison, want dit is waar ek myself sal vind,” verduidelik hy.

Rudi Kleingeld beskryf die klank van “Oomblikke” as ‘n kombinasie van 90’s rock met ‘n tikkie nostalgie en grunge. “Daar is baie meer harmonie bygevoeg, en ek was veral geïnspireer deur Queen se musiek,” sê hy.

NetfloristOfferforge

Hy noem ook dat hy kunstenaars soos Soundgarden, Collective Soul, Nothing But Thieves en Jan Blohm geluister het tydens die skeppingsproses van die lied.

Die produksie van die snit is gedoen deur Tertius Human, wie Kleingeld beskryf as een van die beste vervaardigers in Afrikaans. “Ek geniet elke kreatiewe oomblik saam met hom,” sê hy oor die ervaring van die opnameproses. Die lirieke van “Oomblikke” dra ‘n rebelsheid in sig, wat ‘n uitdaging aan die norm bied.

Die frase “Tattooer my ‘n ruglyn” is ‘n metafoor vir die behoefte aan rigting in ‘n wêreld waar tegnologie en sosiale media mense maklik koersloos kan laat voel. “Soms moet ons iets hê om ons te herinner aan ons doel en waarheen ons oppad is,” sê hy.

Die reël “Ons is “Oomblikke” gemaak in harmonie, vandag hier en more uitgespoel” verwoord die kortstondigheid en onvoorspelbaarheid van die lewe – ‘n sentrale tema van die lied.

NetfloristOfferforge

“In vergelyking met die groter tydlyn is ons maar ‘n spikkel wat skaars gesien word. Dit gaan vinnig verby en niks word gewaarborg nie,” voeg hy by.

Kleingeld hoop dat luisteraars hul eie betekenis in sy musiek sal vind. “Ek voel dat iemand wat my musiek luister, hul eie boodskap of betekenis daaruit sal kry,” sê hy.

Hy meen ook dat Afrikaanse musiek tans vinnig ontwikkel en dat ernstiger temas weer gewild gaan raak, in plaas van die braai-en-brandewyn-liedjies wat lank die mark oorheers het.

Met opwindende projekte in die vooruitsig, insluitend ‘n cover van een van sy gunsteling Afrikaanse liedjies, beplan Kleingeld om “Oomblikke” so wyd moontlik te deel.  “Indien die geleentheid daar is, sal ek dit graag live wil opvoer,” sê hy.

NetfloristOfferforge

“Oomblikke” is nou beskikbaar op Spotify en alle ander digitale platforms.

Moenie hierdie diep, sielvolle weergawe van verganklikheid en identiteit misloop nie – dit is ‘n lied wat jou laat dink oor die “Oomblikke” wat verbygaan en dié wat jy vir altyd wil vashou.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Rudi Kleingeld Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Sweef Vir Jou”

    Rudi Kleingeld
    Music Videos 28 Aug 2025
  • Rudi Kleingeld Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Nuwe Maan”

    Rudi Kleingeld
    Music News 28 Nov 2024
  • Rudi Kleingeld is alles behalwe small change

    Rudi Kleingeld - Moeg
    Music Videos 10 Aug 2023
  • Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”

    Kabaal Klankbaan
    Music News 29 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Rudi Kleingeld South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
  • Max More Releases New Single: "Cherry" 2
    Max More Releases New Single: “Cherry”
    August 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie
    Keep Guessing Charlie Release New Track: “Loved & Lost”
    August 13, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,279
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 197
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.