Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Francois Jacobs Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Spel Dit Uit”

Francois Jacobs Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Spel Dit Uit”

Blitsoorsig: Suid-Afrika se geliefde sanger Francois Jacobs het langelank na 'n country-liedjie geverlang, en nou het hy dit gevind met "Spel dit Uit." Die liedjie vertel van 'n plaasmeisie wat jou hart wen ondanks wat jou kop sê. Met produksie van Ferdinand Skead, is dit 'n danslied wat perfek by braais en plattstoppe pas. Die musiekvideo, geskiet in Pretoria Oos, vang die plattelandse gevoel mooi vas.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 21, 2025No Comments3 Mins Read Music Videos 94 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Francois Jacobs, een van Suid-Afrika se geliefde Afrikaanse sangers, is terug met sy sesde enkelsnit, en hierdie keer vat hy die luisteraar na die plaas met ’n aansteeklike Afrikaanse Pop/Country liedjie getiteld “Spel dit Uit.” Met die vervaardiging van die talentvolle Ferdinand Skead van Skead Records, beloof hierdie enkelsnit om die land se dansvloere te verower.

Die liedjie vertel die storie van ’n regte plaasmeisie in haar vellies, wat jou met haar ‘moves’ en country-musiek verlei. Ten spyte van jou rasionele denke – soos die liriek sê: “jou kop sê hou verby” – gee jou hart tog in. “Wat is dan mooier as ’n regte plaasmeisie?” vra Francois met ’n glimlag.

Francois Jacobs

Francois deel dat hy nog altyd ’n country-liedjie wou uitbring, maar nooit gevoel het die tyd was reg nie – tot nou.

“Toe ek hierdie liedjie vir die eerste keer in die ateljee gehoor het, het ek geweet: dít is die een,” sê hy. “Ferdinand het my omver geblaas met sy talent en die produksie van die liedjie – dit is ’n regte danslied waarmee jy stof kan skop op ’n plaasgrondpad!”

NetfloristOfferforge

“Dis ’n lied wat perfek pas by my styl,” sê Francois. “Die ritme, die lirieke – dit laat jou goed voel, laat jou wil dans en net die lewe geniet. Ek glo die lied gaan perfek werk by braais, op die langpad of sommer wanneer jy net lus is vir lekker musiek.”

Alhoewel Francois al verskeie radio-treffers gehad het, droom hy daarvan dat hierdie liedjie die Afrikaanse trefferparades klim. “Dit sal my hart propvol maak om te sien hoe mense reg oor die land hierop dans,” vertel hy.

Sy loopbaanhoogtepunte sluit in optredes regoor Suid-Afrika en die geleenthede om nuwe mense en dorpe te ontdek. “Dis altyd spesiaal wanneer mense ná ’n vertoning na my toe kom vir ’n foto of ’n mooi woord.”

Die musiekvideo vir “Spel dit Uit” is geskiet deur Stephan van Huyssteen en Franzel van Agter die Mic, by Que Sera Venue in Pretoria Oos. Met pragtige natuur-tonele, ’n knus kaggelvuur en energieke dans op ’n stofpad, vang die video perfek die gevoel van die liedjie vas. “Ons het só lekker gelag en die twee dansers, Deolandre en JP, het dit fantasties gemaak!” sê Francois.

NetfloristOfferforge

Kyk die video hier onder:

Francois Jacobs - Spel dit uit (Official musiek video)

Meer inligting oor Francois Jacobs

Francois is al 17 jaar aktief in die musiekbedryf, met sy musiektalent wat reeds op driejarige ouderdom na vore gekom het. “My ouers sê ek het begin sing nog voor ek kon praat,” lag hy. Musiek loop diep in sy familie – braais is selde sonder kitaar en saam sing.

Buiten sy sangloopbaan is hy ook aktief as MC by funksies en betrokke by Expo’s in Pretoria. Hy hoop om binnekort ook buite Suid-Afrika op te tree, veral in Namibië. ’n Teaterproduksie met ’n volledige band is ook in die beplanning.

Met vier optredes per week landwyd, is Francois Jacobs nie van plan om stadig te vat nie. Hy werk reeds aan nuwe musiek, beplan ’n Wes-Kaap toer en kyk vorentoe na moontlike internasionale geleenthede.

NetfloristOfferforge

“Ek is stylvol, kragtig en ek sing altyd met baie emosie.” Met inspirasie wat hy uit die gewone lewe en mense om hom put, is Francois se doel eenvoudig maar diep: “Ek wil hê mense moet dans, kuier en ’n goeie tyd hê. En dalk… dalk eendag sing ek hierdie liedjie op die Afrikaans is Groot verhoog.”

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • Piper Connolly Returns With “Unapologetic”

    Piper Connolly
    Music Videos 28 Aug 2026
  • The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”

    The Bird - It's Just Begun
    Music Videos 27 Aug 2026
  • Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”

    Lordkez
    Music Videos 26 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Francois Jacobs South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
  • Tuin Artist
    Tuin Breek Vry Met Nuwe Enkelsnit: “Mooiste Monster”
    August 18, 2026
  • Basson Laas - Every River
    Basson Laas Embraces the Beauty of the Journey on “Every River”
    August 10, 2026
  • Winter Hotel
    Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”
    August 5, 2026
  • John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”
    August 5, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,279
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 197
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.