Augustus 2022 sien die vrystelling van ’n splinternuwe enkelsnit vanaf Moses Metro Man, genaamd “Dit Brand”. Dit is die rock-groep se eerste nuwe vrystelling sedert hul laaste enkelsnit, ‘Lief & Leed’ in 2020.
Met ’n liefdesverhaal as inspirasie, is “Dit Brand” in 2022 geskryf en opgeneem met die oog op ’n aanbieding wat eg is aan die Moses Metro Man klank.

Met ‘n interessante melodie, kenmerkende kitare en epiese emosionele kore – bied Moses Metro Man aan aanhangers ’n enkelsnit wat handel oor die verganklikheid van die liefde, wat in praktyk nooit vergaan nie. “Blomme verwelk, gras verdor, maar die liefde sal ewig bly staan.”
Twaalf jaar sedert die vrystelling van hul eerste musiek, is dit vir die groep ’n interessante ervaring om weer musiek op te neem. Met vervaardiger Johan Viljoen aan die stuur van produksie, kan luisteraars uitsien na ’n moderne, alternatiewe klank wat intense emosie vasvang, gekombineerd met sterk liriese inhoud – iets waarvoor Moses Metro Man wel bekend is.

Jako Meyer (Moses Metro Man) lewer kommentaar oor “Dit Brand”
“Dit is skrikwekkend om te besef dat ons so lank stil was. Ons het weer daardie hongerte wat nodig is, en “Dit Brand” is die perfekte manier om weer daardie vuur aan te steek.”
Moses Metro Man aanhangers kan uitsien na nog musiek wat later vanjaar oppad is, sowel as ’n landswye toer wat binnekort sal plaasvind.
Luister “Dit Brand” hier onder:
Jy kan die liedjie HIER stroom of aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.
🐺 Ondersteun Ons: Koop vir ons 'n koffie boere troos, dit sal ons help om vir jou nog goeie goeters te bring.
📬 Join die Wolf Pack: Teken in op ons nuusbrief om updated te bly.
🔍 Check bietjie ons site uit: Scroll af om verwante artikels en meer te sien. Jy's ook welkom om ons Music, Screen en Knowledge Hubs uit te check. As jy wil sien wat trend, check ons Popular Articles uit.
📐 As jy Afrikaans Is: Check bietjie ons Afrikaanse Hoekie uit.
🕳️ Klim af in die Konyngat: Lees bietjie Random Feite of Kyk 'n Random Musiekvideo.
📅 Kry goeters om te doen: Check ons Upcoming Events of die SA Gig Guide uit.
Nog Artikels Wat Jy Dalk Gemis Het
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

