Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Moses Metro Man Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Dit Brand”

Moses Metro Man Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Dit Brand”

Blitsoorsig: Moses Metro Man het "Dit Brand" in Augustus 2022 vrygegee as hul eerste nuwe werk sedert "Lief & Leed" in 2020. Die rock-groep het die lied geskryf en opgeneem met vervaarder Johan Viljoen, en bied aanhangers 'n moderne alternatiewe klank met interessante melodie, kenmerkende kitare en emosionele kore wat handel oor die ewige aard van liefde.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 12, 2022No Comments2 Mins Read Music News 78 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Augustus 2022 sien die vrystelling van ’n splinternuwe enkelsnit vanaf Moses Metro Man, genaamd “Dit Brand”. Dit is die rock-groep se eerste nuwe vrystelling sedert hul laaste enkelsnit, ‘Lief & Leed’ in 2020.

Met ’n liefdesverhaal as inspirasie, is “Dit Brand” in 2022 geskryf en opgeneem met die oog op ’n aanbieding wat eg is aan die Moses Metro Man klank.

Moses Metro Man

Met ‘n interessante melodie, kenmerkende kitare en epiese emosionele kore – bied Moses Metro Man aan aanhangers ’n enkelsnit wat handel oor die verganklikheid van die liefde, wat in praktyk nooit vergaan nie. “Blomme verwelk, gras verdor, maar die liefde sal ewig bly staan.”

Twaalf jaar sedert die vrystelling van hul eerste musiek, is dit vir die groep ’n interessante ervaring om weer musiek op te neem. Met vervaardiger Johan Viljoen aan die stuur van produksie, kan luisteraars uitsien na ’n moderne, alternatiewe klank wat intense emosie vasvang, gekombineerd met sterk liriese inhoud – iets waarvoor Moses Metro Man wel bekend is.

NetfloristOfferforge

Moses Metro Man band photo

Jako Meyer (Moses Metro Man) lewer kommentaar oor “Dit Brand”

“Dit is skrikwekkend om te besef dat ons so lank stil was. Ons het weer daardie hongerte wat nodig is, en “Dit Brand” is die perfekte manier om weer daardie vuur aan te steek.” 

Moses Metro Man aanhangers kan uitsien na nog musiek wat later vanjaar oppad is, sowel as ’n landswye toer wat binnekort sal plaasvind.

Luister “Dit Brand” hier onder:

YouTube video player

Jy kan die liedjie HIER stroom of aflaai.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Khazimula Releases New Single: “Joburg City”

    Khazimula Carol-Ann Meltzer
    Music News 2 Oct 2026
  • Deborah McKay Releases New Single: “I Really Do”

    Deborah McKay
    Music News 28 Sep 2026
  • The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”

    The Hill
    Music News 25 Sep 2026
  • Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”

    Charlie Void
    Music News 25 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
  • Kerk Straat
    Kerk Straat Gee Nuwe Lewe Aan Karen Zoid se “Engel”
    September 17, 2026
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,322
Rock 617
Useful Tips 565
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.