Francois Van Coke is besig om sy En Vriende II kortspeler stuk-vir-stuk vry te stel in aanloop tot die uiters gewilde Francois van Coke & Vriende 2023 konserte by SunBet Arena in Pretoria op 18 Augustus en by Grand Arena in Kaapstad op 16 September.
“As ek weg is” is die tweede enkelsnit vanaf hierdie kortspeler en wanneer Van Coke en sy The Voice SA protégé, Tasché, saam sing is dit altyd iets baie spesiaal.

Francois Van Coke verduidelik “As Ek Weg Is”
“’As ek weg is’ ‘n liefdeslied vir my geliefdes, gesing uit die hiernamaals.”

Van Coke en Tasché sal hierdie aangrypende ballade opvoer by die Francois van Coke & Vriende konserte… en jy sal dit sekerlik nog by heelwat troues hoor.
Kyk die video vir die liedjie hier onder:
Die En Vriende II kortspeler bestaan uit samewerkings ook met Loufi, Zaan Sonnekus, Neon Dreams en Hanu de Jong van The Narrow. “Almal Baklei” met Zaan Sonnekus was die eerste enkelsnit vanaf hierdie kortspeler.
Die nuwe musiek saam met Loufi, Zaan Sonnekus en Neon Dreams gaan ook op Francois van Coke & Vriende se verhoë te sien wees.
2023 se Vriende Is:
- Spoegwolf (Net Pretoria)
- Neon Dreams
- Fokofpolisiekar
- Elandré (Net Kaapstad)
- Zaan Sonnekus
- Early B (Net Pretoria)
- Loufi
- Tasché
- Jack Parow
- Van Pletzen (Net Kaapstad)
- Hunter Kennedy
- Van Coke Kartel
- Die Heuwels Fantasties
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.
🐺 Ondersteun Ons: Koop vir ons 'n koffie boere troos, dit sal ons help om vir jou nog goeie goeters te bring.
📬 Join die Wolf Pack: Teken in op ons nuusbrief om updated te bly.
🔍 Check bietjie ons site uit: Scroll af om verwante artikels en meer te sien. Jy's ook welkom om ons Music, Screen en Knowledge Hubs uit te check. As jy wil sien wat trend, check ons Popular Articles uit.
📐 As jy Afrikaans Is: Check bietjie ons Afrikaanse Hoekie uit.
🕳️ Klim af in die Konyngat: Lees bietjie Random Feite of Kyk 'n Random Musiekvideo.
📅 Kry goeters om te doen: Check ons Upcoming Events of die SA Gig Guide uit.
Nog Artikels Wat Jy Dalk Gemis Het
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

