Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Zaan Sonnekus reik nuwe enkelsnit uit: “Monitor”

Zaan Sonnekus reik nuwe enkelsnit uit: “Monitor”

Blitsoorsig: Zaan Sonnekus se "Monitor" vertel van 'n paartjie wat mekaar perfek pas, maar deur omliggende omstandighede teengework word. Die lied, vervaardig deur Tertius Human, meng alternatiewe rock met ligter pop-elemente en het potensiaal om 'n radiogunsteling te word. Sonnekus het homself in 2021 bewys met sy debuutalbum Zonneblom en skryf treffers wat dieper lewensvrae ondersoek.

Henno KrugerBy Henno KrugerMarch 9, 2023No Comments3 Mins Read Music Videos 118 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Op haar sterfbed skryf Zaan Sonnekus se ma ’n paar laaste gedigte. Een van die versreëls lui: “monitor my skuldgevoelens die gesondheidsrisiko is fataal.” Hierdie woorde sou later die vuur aan die brand steek vir Zaan Sonnekus se nuwe enkelsnit “Monitor”.

Almal van ons het al gevrees dat ons dopgehou word. In die moderne wêreld raak dit al hoe makliker vir iemand om jou doen en late te volg. Jy word gemonitor op sosiale media, by jou werk, die skool en nog te meer wanneer jy iets doen wat in die publieke oog gaan beland. Jy verloor alleenreg op jou bestaan.

Zaan Sonnekus se “Monitor” vertel die storie van ’n paartjie wat mekaar ontmoet onder ongunstige omstandighede

Alhoewel hul perfek was vir mekaar, het die dinge rondom hulle die verhouding teegewerk. Elke keer wanneer jy jou hart of gevoelens met ’n ander deel, raak dit hulle s’n om te “Monitor”. Partymaal is die verantwoordelikheid hiervan net te veel – soos Zaan se ma geskryf het, dit is “fataal”.

Zaan Sonnekus Monitor

“Monitor” is vervaardig deur Tertius Human van Vonk Musiek. Alhoewel die lied as alternatiewe rock beskryf kan word, sal die ligte pop elemente gehore buite die genre interesseer. Anders as Zaan se vorige musiek, eksperimenteer hy met ’n ligter tema wat aanklank sal vind by nuwe gehore. Die lied het die potensiaal om spoedig ’n gunsteling op radiostasies regoor Suid-Afrika te word.

NetfloristOfferforge

Meer inligting oor Zaan Sonnekus

Zaan Sonnekus het homself in 2021 as ’n gedugte liedjieskrywer bewys met sy debuutalbum, Zonneblom. Met dié album het Zaan sy stempel gemaak op die Afrikaanse luisteraars en het hy spoedig ’n huishoudelike naam geword. Met treffers soos “Ek kan net bid”, “Tienerkwaad” en “Ten Minste Vir My” het hy dit reggekry om woorde te bring waarna ander gesoek het.

Zaan Sonnekus verduidelik dat sy ma, wat self ’n skrywer was, een van sy grootste invloede was. Hy geniet musiek en skrywes wat die dieper dinge van die lewe ondersoek. Van sy gunstelingdigters sluit in: N.P. van Wyk-Louw, D.J. Opperman en Breyten Breytenbach.

Zaan Sonnekus

As dit by musiek kom, luister hy graag na Francois van Coke, Karen Zoid, Koos Kombuis en Klopjag, maar as dit by sokkiekom, trek hy graag die Kurt Darren-treffers nader. Hy het egter sy liefde vir musiek al in graad 1 ontdek.

Sy vriend het vir hom ’n CD van Green Day present gegee. Vir die volgende twee weke sou hy elke sekonde wat hy kans kry op sy sussie se CD-speler daarna luister.

NetfloristOfferforge

Zaan Sonnekus se opregte lirieke en opregte musiek is ’n vars bries in ’n wêreld waar dit voel of almal jou ’n rat voor die oë probeer draai.

Dié musikant het reeds baie vermag in die musiekwêreld, maar hy warm nou eers op. Zaan is op pad om spoedig sy naam onder die musieklegendes van Suid-Afrika te vestig. Hy is sonder twyfel ’n kunstenaar wie se loopbaan jy gerus kan “Monitor”.

Kyk die musiekvideo vir “Monitor” hier onder:

YouTube video player

“Monitor” is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Luister dit HIER.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in the Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • Zaan Sonnekus jaag vooruit met nuwe liedjie “Spoed”

    Zaan Sonnekus
    Music Videos 13 Sep 2025
  • Zaan Sonnekus Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Krapmerke”

    Zaan Sonnekus
    Music News 28 Feb 2022
  • Zaan Sonnekus Reik “Zonneblom” (Sy Debuut Album) Uit

    Zaan Sonnekus
    Music News 15 Oct 2021

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Monitor South Africa Zaan Sonnekus
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,322
Rock 617
Useful Tips 565
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.