Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Zaan Sonnekus jaag vooruit met nuwe liedjie “Spoed”

Zaan Sonnekus jaag vooruit met nuwe liedjie “Spoed”

Blitsoorsig: Zaan Sonnekus het "Spoed" saam met liedjieskrywer Marco van Deventer geskryf. Die liedjie gaan oor die adrenalien en chaos van sy lewe op die pad met sy orkes, asook die dinge wat hy mis. Die musiekvideo wys ware oomblikke uit sy loopbaan en Zaan werk tans aan sy tweede album.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 13, 2025No Comments3 Mins Read Music Videos 137 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die Afrikaanse rocker Zaan Sonnekus is terug met sy nuutste enkelsnit, “Spoed” – ’n rou en energieke rockliedjie met ’n alternatiewe kant, wat die onverbiddelike tempo van die lewe vasvang.

“Die lewe is onvoorspelbaar en vinnig. Veral in hierdie bedryf – jy moet rêrig kop hou, want die industrie kan jou heel insluk. ‘Spoed’ gaan oor daardie gevoel dat die lewe jou soms vooruit hardloop, en jy self moet besluit of jy gaan vasbyt of meegevoer word,” verduidelik hy.

Zaan Sonnekus

Vir Zaan Sonnekus is die liedjie ook ’n eerlike kyk na sy lewe op die pad saam met sy orkes – die konstante flits van busritte, soundchecks en vertonings.

“Ek sal dit vir niks ruil nie, maar dis só vinnig dat jy dit nie altyd regtig inneem nie. Soms moet jy terug sit en net luister – al is dit in ’n toerbus.”

NetfloristOfferforge

“Spoed” is geskryf deur Zaan en die veelbekroonde liedjieskrywer Marco van Deventer. Dit is die eerste keer dat hy iemand anders se lirieke in sy musiek toelaat.

“Aanvanklik was dit vreemd om iemand anders se invloed in te bring, maar van die begin af het dit presies beskryf hoe my lewe op die pad voel. Sonder Marco sou hierdie liedjie nie bestaan nie.” sê Zaan Sonnekus

Die produksie is deur Ruan Graaff behartig, met bydraes van kitaarspeler Kyle Botha op die dromme.

Die liedjie is geïnspireer deur die spoed waarteen Zaan se loopbaan en persoonlike lewe die afgelope jaar beweeg het. Dit is ’n eerlike weergawe van sy huidige fase: energiek, intens en vol drome.

NetfloristOfferforge

“Dit gaan oor die opwinding, maar ook oor die verliese – verjaarsdae, troues en mense wat jy mis. Tog is dit deel van die pad wat ek gekies het.”

Hy glo die publiek gaan die liedjie aanvoel: “Almal ervaar spoed op hul eie manier – of dit nou oorweldigend is, of hulle daardie adrenalien soek. Ek dink dis ’n liedjie wat jy hard in jou kar wil speel of saam wil skree by ’n show. Ek wil hê dit moet jou herinner dat jy jou eie spoed mag kies – al is dit net vir drie minute.”

Die musiekvideo vir “Spoed” vang die energie van die liedjie vas deur ware oomblikke uit Zaan se lewe op die pad te wys. Dit kombineer chaos, adrenalien en vryheid met rou, rebelse tonele.

Die video is op ’n Sondagaand in Pretoria geskiet – by ’n vulstasie, langs die hoofweg en selfs op ’n geïmproviseerde plek waar die bussie sommer net gestop het.

NetfloristOfferforge

Kyk die video hier onder:

Zaan Spoed Trailer

“Daardie spontane deel is ironies genoeg my gunsteling,” sê Zaan Sonnekus.

Jy kan “Spoed” HIER stroom/aflaai.

Wat Lê Voor vir Zaan Sonnekus?

Zaan Sonnekus werk tans aan sy tweede album, bou aan sy eie onafhanklike platemaatskappy en beplan groter vertonings, van feeste tot unieke produksies.

NetfloristOfferforge

“Elke dag skryf en komponeer ek nuwe musiek – ek voel soos iemand wat voluit jaag na die volgende groot ding.”

Een van sy loopbaanhoogtepunte tot dusver was sy optrede by Krone einde Augustus, waar hy as rockkunstenaar sy eie plek op ’n massiewe verhoog kon inneem.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie on Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Van Pletzen Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Spoed”

    Van Pletzen
    Music Videos 13 Mar 2026
  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”

    Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Music Videos 25 Sep 2026
  • Kerk Straat Gee Nuwe Lewe Aan Karen Zoid se “Engel”

    Kerk Straat
    Music News 17 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Rock South Africa Spoed Zaan Sonnekus
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
  • Winter Hotel - Koffiewinkel
    Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”
    September 6, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,313
Rock 616
Useful Tips 564
Afrikaans 524
Cape Town 339
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.