Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Zaan Sonnekus Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Krapmerke”

Zaan Sonnekus Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Krapmerke”

Blitsoorsig: Zaan Sonnekus het sy vyfde enkelsnit "Krapmerke" vrygestel, 'n alternatiewe pop-rocksnit wat oor die stukkies van mense wat in jou agterbly gaan. Die lied is geinspireer deur 'n ontmoeting met 'n boemelaar wat hom laat besef het hoe hulle baie eenders was maar van verskillende wêrelde kom. Met sy boeiende verhoogpersoonlikheid het Zaan hierdie hoendervleismooi liedjie geskep wat 'n vriendelike, nostalgiese klank het.

Henno KrugerBy Henno KrugerFebruary 28, 2022No Comments2 Mins Read Music News 74 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

“Krapmerke”, Zaan Sonnekus se nuwe enkelsnit is hier! Zaan het lankal reeds die kuns bemeester om betekenisvolle lirieke met unieke pop-rockklanke te verweef om ’n uitsonderlike eindresultaat te kry. En die liedjie is bewys van dit.

Die nuutste alternatiewe snit, uit sy eie arsenaal, is net weereens ’n bewys van hierdie donkerkop Pretorianer se uitsonderlike talent. Volgens dié liedjieskrywer, met sy boeiende verhoogpersoonlikheid en kunstige versameling tatoes, gaan “Krapmerke” oor die stukkies van die mense in jou lewe wat in jou agterbly.

Zaan Sonnekus - Krapmerke

Zaan Sonnekus verduidelik “Krapmerke”

“Daar is altyd ’n stukkie van iemand wat agterbly binne jou; of hulle nog met jou is of nie, is daar dele van die persoon wat jy aangeneem het. Ons almal vorm deel van mekaar en ons almal neem mekaar aan.”

’n Ontmoeting met ’n boemelaar was die inspirasie agter hierdie hoendervleismooi lied, wat deur Tertius Human van Coolerbox Records vervaardig is.

NetfloristOfferforge

Zaan Sonnekus verduidelik hoe “Krapmerke” gebeur het

“Ons het gesels en ek het agtergekom dat ons ons baie eenders is, maar van verskillende wêrelde af kom. Daar was ’n deel van hom in my en van my in hom; ons stories was parallel aan mekaar, maar het verskillende karakters en milieu.”

Zaan Sonnekus

“Krapmerkë” is Zaan Sonnekus, wat in Bloemfontein grootgeword het, se vyfde enkelsnit en vorm deel van sy album, Zonneblom, wat in 2021 vrygestel en vir hom ’n groot loopbaanhoogtepunt is in die ses jaar wat hy nou al in die musiekbedryf doenig is.

Wanneer hy nie besig is met musiek nie, is hy betrokke by Son Studios en Son Sound en is hy ook mede-eienaar van ’n besigheid, Inner Ink, wat op industriële vlak verharde glas vervaardig en keramiek-drukwerk doen.

Zaan Sonnekus gee sy laaste twee sente oor “Krapmerke”

“Krapmerke het ’n vriendelike, nostalgiese klank met woorde wat dieper lê as wat die musiek is. Dit herinner my aan wat regtig belangrik is en ek hoop dat dit ’n verskil sal maak in elkeen se lewe wat daarna luister.”

NetfloristOfferforge

YouTube video player

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • Zaan Sonnekus jaag vooruit met nuwe liedjie “Spoed”

    Zaan Sonnekus
    Music Videos 13 Sep 2025
  • Zaan Sonnekus reik nuwe enkelsnit uit: “Monitor”

    Zaan Sonnekus
    Music Videos 9 Mar 2023
  • Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets

    Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets 1
    Upcoming Events 14 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Krapmerke Pretoria South Africa Zaan Sonnekus
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.