Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Francois Van Coke reik nuwe enkelsnit uit: “Ons Het Gewen”

Francois Van Coke reik nuwe enkelsnit uit: “Ons Het Gewen”

Blitsoorsig: Francois Van Coke has released "Ons Het Gewen," a victory song inspired by his BOXOP boxing triumph over retired Springbok rugbyspeler Derick Hougaard. The track was written five weeks before the fight, drawing inspiration from Queen's "We Are the Champions" and themes of facing challenges during the Covid era. Directed by Johannes Nel, the music video documents Francois's fight preparation and the match itself. The song is available on all major streaming platforms.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 11, 2021No Comments2 Mins Read Music News 83 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Francois Van Coke het ‘n nuwe enkelsnit, “Ons Het Gewen” uitgereik. 2021 sal onthou word as die jaar wat Francois van Coke in die bokskryt geklim het om die afgetrede Springbok rugbyspeler, Derick Hougaard, aan te vat vir die BOXOP titel. Francois het na ses aksiebelaaide naelbyt-rondtes geseëvier.  Hierdie geveg het geskied by Sun Arena op 29 Mei en was by Nu Metro teaters asook op die web uitgesaai.

Nadat Francois Van Coke begin oefen het vir BOXOP, het hy geïnspireer gevoel om ‘n oorwinnings-lied te skryf. Hy was geïnspireer deur die opbouende klanke van Queen se ‘We are the champions’.

Na die afloop van ‘n tawwe skerm-sessie, het Francois vir Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar & Die Heuwels Fantasties) en Fred den Hartog (Die Heuwels Fantasties) gaan ontmoet vir ‘n skryf-sessie.

Francois vertel ons meer oor die liedjie skryf proses vir “Ons Het Gewen”

“Ek wou die woorde – ‘Ons wen’ en ‘Ons is lewendig’ gebruik, want terwyl boks my baie gemotiveer het, het ons as homo sapiens wat saam deur hierdie Covid era kom, my ook geïnspireer.

NetfloristOfferforge

“So, dit is ‘n song oor ‘n uitdaging in die gesig staar, vasbyt en aan die ander kant uitkom.”

“Ons Het Gewen” was vyf weke voor Francois se BOXOP oorwinning klaar. Hy verduidelik

“Omdat die song se naam ‘Ons het gewen’ is, was ek nog meer vasberade om te wen en die song het my forseer om nog harder te werk en beter te prepare vir die fight. Musiek en boks wat saamsmelt. Mal tye inderdaad. Maar Rock ‘n’ roll sal altyd seëvier!”

“Indien ek verloor het, sou ek die song iets anders genoem het en sou ek die release skuif tot later.”

Francois Van Coke - Ons Het Gewen - BOXOP Victory

Registeur en kinematograaf, Johannes Nel, het die musiekvideo vir “Ons Het Gewen” in ‘n dokumentêre styl verfilm en dek Francois se voorbereiding vir die BOXOP geveg, sowel as BOXOP geveg self.

NetfloristOfferforge

YouTube video player

Jy kan “Ons Het Gewen” stroom op Spotify, Apple Music en ander musiek-stroom platforms.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier

    Bangkinders - Francois Van Coke
    Music Videos 31 Jul 2026
  • VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit

    VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 1
    Music News 6 Jul 2026
  • Francois van Coke & Vriende 2026: Als Wat Jy Moet Weet

    Francois Van Coke & Vriende 2025
    Upcoming Events 3 Jun 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Francois van Coke Rock South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 2
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.