Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » “Kakofonie” (deur Straatligkinders & Majozi) is hier

“Kakofonie” (deur Straatligkinders & Majozi) is hier

Blitsoorsig: Straatligkinders het hul nuwe enkelsnit "Kakofonie" vrygestel, 'n samewerking met Majozi wat in 2021 geskryf is. Die liedjie handel oor liefde en hoe dit jou mal dinge kan laat doen. Beide kunstenaars deel hul ondervinding van die proses en hoe dit vir hulle lekker was om saam hierdie jeugvolle punkrock-stuk te skep.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 22, 2022No Comments2 Mins Read Music News 69 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Vandag word ‘n splinternuwe enkelsnit deur Straatligkinders vrygestel, getiteld “Kakofonie”. Vir hierdie vrystelling span Straatligkinders saam met Majozi vir ‘n alternatiewe, dog prettige en opwindende aanbieding.

Meer inligting oor “Kakofonie”

‘n Liedjie oor die liefde en hoe dit jou mal dinge kan laat doen – die enkelsnit bring beslis die punkrockers in ou en nuwe aanhangers na vore. Die nuutste in ‘n reeks samewerkings deur Straatligkinders, en aanhangers kan uitsien na ‘n prettige en opregte, borrelende saam-sing snit saam met Suid-Afrika se liefling, Majozi.

Straatligkinders - Kakofonie

“Kakofonie” is in 2021 geskryf met die inspirasie daaragter spesifiek ‘n samewerking met Majozi, wat die groep sedert hul vroeë punkrockdae ken, en aangesien Majozi die groep se vertonings bygewoon het voordat hy hulle geken het – wou hulle pret hê met die punkrocker in hom!

Bouwer Bosch vertel ons oor hoe “Kakofonie” gebeur het

“Majozi is een van die grootste musikante in Suid-Afrika en dit was eintlik ‘n lang skoot om hom te vra, want hy het ons beslis nie nodig nie! Maar ons is net op ‘n plek waar ons lekker samewerkings met ander kunstenaars wil doen en Majozi het net reg gevoel. Die proses was maklik; hy het alles in Kaapstad opgeneem en net die opnames deurgestuur. Ons het hom vrye teuels gegee om te skryf oor waarvan hy hou.” 

NetfloristOfferforge

Majozi vertel ons hoe dit was om saam met Straatligkinders te werk

“Ek het grootgeword met Straatligkinders in die gloriejare van MK, en een van die eerste optredes wat ek ooit in Pretoria gedoen het, was saam met hulle, so toe hulle vra of ek saam met hulle aan ’n liedjie wil werk – het ek dadelik ja gesê! Dit was ‘n ware eer vir my. Hierdie liedjie is vol jeugvolle energie, en ek het in my pop-punk-verlede gegrawe vir hierdie, so dit was regtig vir my lekker!” 

Ek moet erken dat “Kakofonie” een van die beter liedjies is wat ek hierdie jaar gehoor het. Ek kan nie wag om hierdie by ‘n live show te hoor nie.

Jy kan “Kakofonie” HIER aflaai / stroom.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Straatligkinders & Francois Van Coke Stel “Dapper” Vry

    Straatligkinders - Dapper
    Music Videos 19 Nov 2021
  • Straatligkinders stel nuwe enkelsnit vry: “Kom Saam”

    Straatligkinders - Kom Saam
    Music Videos 23 Aug 2021
  • Bouwer Bosch: 10 Interesting Facts You Didn’t Know

    Bouwer Bosch
    Music Facts 5 Nov 2019
  • Straatligkinders: ‘n Onderhoud met Bouwer voor Park Acoustics

    Straatligkinders
    Artist/Band Interviews 28 Jan 2019

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Kakofonie Majozi South Africa Straatligkinders
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 334
Cape Town 334
Pretoria 303
Johannesburg 288
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.