Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Straatligkinders & Francois Van Coke Stel “Dapper” Vry

Straatligkinders & Francois Van Coke Stel “Dapper” Vry

Blitsoorsig: Straatligkinders is back with "Dapper", a new single featuring Francois Van Coke. Written during the July 2021 unrest in South Africa, the song explores conflict in relationships and society, with a message about laying down arms for peace. The track returns to their 2006 rock roots with big guitar riffs and powerful drums, showcasing both artists' distinctive vocals in the chorus.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 19, 2021No Comments3 Mins Read Music Videos 85 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Straatligkinders is terug met ’n splinternuwe enkelsnit vry genaamd “Dapper”. Die enkelsnit, ’n samewerking met Francois Van Coke, kom kom ná die vrystelling van hul vorige enkelsnit, ‘Kom Saam’ in Augustus vanjaar. Albei aanbiedinge vorm deel van ‘n versameling splinternuwe liedjies en samewerkings vanaf die groep.

Meer inligting oor “Dapper”

“Dapper” is geskryf tydens die Julie 2021 onrus in Suid-Afrika. Die inspirasie vir die lied is die konsep van konflik, hetsy in romantiese verhoudings, of verhoudings in die algemeen tussen landgenote, vriende en familie. Die liedjie gaan daaroor om jou wit vlag te swaai te midde van konflik en om wapens neer te lê in ‘n poging vir dinge om beter te gaan.

Straatligkinders - Dapper

Vir “Dapper” het Straatligkinders teruggekeer na hul 2006-rock-wortels en die liedjie bevat groot kitaar-riffs en dreunende drom-grooves met Bouwer en Francois se kenmerkende sangstemme in die koor.

Bouwer Bosch van Straatligkinders vertel ons meer hoe die liedjie gebeur het

“Toe ek die refrein geskryf het, het ek net geweet dat ons vir Francois op hierdie liedjie moes kry. Die boodskap en die sleutel waarin die liedjie is, het net reg gevoel. Ons is natuurlik groot bewonderaars van Francois en al sy musiekprojekte, so dit het 15 jaar geneem voordat die samewerking gebeur het. Die liedjie is belangrik en soms moet jy net wag totdat die regte liedjie kom, en dit is daardie liedjie vir ons.” 

NetfloristOfferforge

Francois Van Coke vertel ons meer

“Straatligkinders het vir my ’n song voorgelê wat basies klaar was; ek het daarvan gehou en binne ’n minuut vir Bouwer gesê ek’s in. Ons speel al shows saam sedert 2004, en ons het nog nooit ’n verhoog gedeel of iets saam gedoen in al die jare nie. Dis interessant, want ons kom van dieselfde background af. Ek is opgewonde oor die tune want ek hou baie daarvan en ek dink ons fans gaan ook baie daarvan hou!”

Die video vir die enkelsnit is in Oktober by The Alexander Theatre in Johannesburg geskiet, en Damiane van Reenen, Werner Botha en Bouwer Bosch was aan die stuur van regie. Aanhangers kan uitsien na ‘n vinnige, energieke, rou, kleurvolle en treffende vertoningsvideo; ‘n aanbieding wat deur jou oë na jou hart beweeg.

Kyk die musiekvideo hier onder:

YouTube video player

Jy kan “Dapper” HIER stroom / download.

NetfloristOfferforge

Ek moet sê dat hierdie liedjie nogals verfrissend is in die hittegolf wat ons huidiglik hier in Gauteng beleef. Eks nuuskierig om te hoor wat Straatligkinders en Francois Van Coke ons kant toe gaan gooi in die nabye toekoms.

Wees op die uitkyk vir die gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier

    Bangkinders - Francois Van Coke
    Music Videos 31 Jul 2026
  • VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit

    VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 1
    Music News 6 Jul 2026
  • Francois van Coke & Vriende 2026: Als Wat Jy Moet Weet

    Francois Van Coke & Vriende 2025
    Upcoming Events 3 Jun 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Francois van Coke Rock South Africa Straatligkinders
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
  • Winter Hotel - Koffiewinkel
    Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”
    September 6, 2026
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.