Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Swerwer Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Verby”

Swerwer Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Verby”

Blitsoorsig: Swerwer, die Afrikaanse musikant wat bekend is vir sy rock en folk-invloede, het "Verby" uitgereik. Die lied vertel van 'n verhouding wat eens helder gebrand het maar waar die twee mense nie die beste in mekaar na vore gebring het nie. Met diep lirieke en 'n opgewekte rock-gevoel probeer Swerwer mense raak wat deur mislukte liefdesverhale kom, terwyl hy die waarde van moeilike besluite en self-respek beklemtoon.

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 9, 2023No Comments4 Mins Read Music Videos 81 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Swerwer het ‘n nuwe enkelsnit uitgereik, “Verby”. Daar is niks lekkerder as ‘n smeulende verhouding nie, maar as daar meer as net vonke is en die een se persoonlikheid petrol op die ander een se vuur is, stuur dinge op ‘n ramp af. Dit is daar waar jy moet besluit of dit verby is voor iemand se vingers verbrand word. Dit is die tema wat vasgevang word in die liedjie.

Meer inligting oor Swerwer

Swerwer, oftewel José Bezuidenhout het groot geword in Pretoria Wes. Hy was ‘n belhamel wat skool geslip het en al die dinge gedoen het wat jy net in Boys Town sal vind.

Op ‘n keer moes hy met die skool praat om te sien of hulle hom nie sou skors nie vertel Swerwer. Sy ma het vir hom gese dat hy daardie dag die disiplinere verhoor moet bywoon en as hy klaar is daar kan hy sy kitaar gaan haal wat sy vir hom op laybug gekoop het, hy was toe net 14 jaar oud.

Swerwer

José het op die ouderdom van 23 na Magoebaskloof getrek waar hy vir n rukkie in ‘n tent gebly het. Daar het hy vir n kerk begin werk in Haenertsburg waar hy sy ander lede van die groep ontmoet het. Hulle het klein toere en verskeie vertonings in limpopo en Nelspruit gedoen. Swerwer vertel dat hy baie genot gekry het om saam die mense wat hy ontmoet het die paaie te wandel.

NetfloristOfferforge

Na ‘n breuk in Limpopo het hy begin reis met ‘n taxi en later met ‘n trein. Hy het sy huis opgegee en sonder ‘n motor en met net ‘n klein PA, Kitaar en sak gereis.

“Ek het van dorp tot dorp gereis, week na week ‘n ongelooflike avontuur beleef terwyl ek die land op ‘n unieke manier kon verken” vertel Swerwer

As liedjie skrywer is Swerwer beinvloed deur die voëlvry beweging en het hy nog altyd daarop gefokus om lirieke te skryf in sy moedertaal en te toonset met met ‘n sterk invloed van Rock en Folk. Swerwer se energie op die verhoog is magneties so die musikant het vining klein kroee vir feeste verruil.

Meer inligting oor “Verby”

“Verby” is ‘n kontemporere snit met ‘n opgewekde rock gevoel, maar die lirieke raak diep. “Verby” vertel die verhaal van ‘n verhouding wat eens helder gebrand het, maar waar die twee betrokke partye nie die beste in mekaar na vore gebring het nie.

NetfloristOfferforge

Swerwer - Verby

“Verby” gaan daaroor vertel dat ‘n mens soms moeillike besluite moet  neem om respek vir liefde en jouself te behou. Wanneer dinge nie uitgewerk  het nie is dit beter om dankie te se vir die goeie tye en om eerder jou paaie te laat skei.

Met “Verby” hoop Swerwer om mense te raak wat dalk al hulself in ‘n soortgelyke situasie bevind het en hoop hy dat “Verby” ‘n kreet kan word vir mense wat onlangs deur ‘n mislukte liefdesverhaal kom, of selfs vir mense wat nog seer het as gevolg van ‘n vorige liefde.

In die lied verwys Swerwer na ‘n persoon wat nie meer in sy lewe is nie. Hy sing: “Jy hou van baklei, ek hou skoon verby. Pak my sorge en ‘n bottle brannewyn. Die stad se gedruis laat my verlang na die plaas op Alldays. Ek moet waai, ek soek saligheid.” Hy besef dat die verhouding nie meer kan voortduur nie en dat dit tyd is om verder te gaan.

Swerwer sê ook: “Dankie vir jou tyd vir die vashou en die vry, ek is seer en moeg baklei. Jammer skat, maar dit is verby. Ek sal jou in my hart dra, mooi praat van jou as die vriende vra. Ek is lief vir jou, glo vir my. Jammer skat, maar dit is verby.” Hierdie woorde toon die respek wat hy nog vir die persoon het, maar dat dit tyd is om verder te gaan.

NetfloristOfferforge

Kyk die video vir “Verby” hier onder:

YouTube video player

Jy kan “Verby” HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • Piper Connolly Returns With “Unapologetic”

    Piper Connolly
    Music Videos 28 Aug 2026
  • The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”

    The Bird - It's Just Begun
    Music Videos 27 Aug 2026
  • Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”

    Lordkez
    Music Videos 26 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa Swerwer Verby
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
  • Tuin Artist
    Tuin Breek Vry Met Nuwe Enkelsnit: “Mooiste Monster”
    August 18, 2026
  • Basson Laas - Every River
    Basson Laas Embraces the Beauty of the Journey on “Every River”
    August 10, 2026
  • Winter Hotel
    Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”
    August 5, 2026
  • John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”
    August 5, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 334
Cape Town 334
Pretoria 303
Johannesburg 288
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.