Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Tunes Studio stel “Diversiteit” Album vry

Tunes Studio stel “Diversiteit” Album vry

Blitsoorsig: Tunes Studio het trots Diversiteit vrygestel, 'n kollektiewe album wat nege liedjies bevat van van die land se mees talentvolle musikante en rymklets kunstenaars. Elke liedjie is 'n intieme inleiding tot elke kunstenaar se klank en boodskap. Jean Marais se besigheidsmodel fokus op inklusiwiteit en toeganklikheid. Die album is op 'n gepaste tyd vrygestel om ons te herinner van die draagsaamheid en genees van musiek.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 9, 2020No Comments3 Mins Read Music News 45 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Diversiteit is ‘n kollektiewe album wat trots vrygestel is deur Tunes Studio. Van ons land se mees talentvolle musikante en rymklets kunstenaars het saam gespan om ‘n album te skep wat bestaan uit soveel diverse genres soos wat die album se titel impliseer.

Die Tunes Studio album bestaan uit nege liedjies en elkeen is ‘n intieme inleiding tot elke kunstenaar deur middel van hul klank, boodskap en musiek.

Hierdie album is ‘n produk van eienaar en mede-vervaardiger van Tunes Studio, Jean Marais, se besigheidsmodel en waardes wat gerig is op inklusiwiteit en toeganklikheid.

Tunes Studio - Diversiteit - 2020

Musiek is genesend en die album het op ‘n gepaste tyd uit gekom – hier om ons te herinner om meer verdraagsaam te wees teenoor mekaar.

NetfloristOfferforge

Die onsekerheid van wat volgende gaan gebeur maak dat ons moet fokus op dit waaroor ons wel beheer het nou, ons reaksie op ons omstandighede en terwyl ons dit doen kan ons rustigheid en vreugde vind in die musiek en so bietjie, al is dit net vir ‘n oomblik, van ons ergste probleme vergeet. Diversiteit is ‘n ideale album om so bietjie te ontsnap van die huidige situasie waarin ons onsself bevind.

Tunes Studio Diversiteit

Meer inligting oor Tunes Studio se Diversiteit

Die kunstenaars wat deelgeneem het aan hierdie album sluit Churchil Naudé, Riaan Nieuwenhuis, Riku Lätti, Bacchus Nel, Frazer Barry, Tuin, Petronel Baard en Soetmelk, Charel Kleinhans en Jolyn Phillips in.

Diversiteit was vermeng en vervaardig deur Mark Ellis en Jean Marais wie verantwoordelik was vir die ritme afdeling op agt van die nege snitte. Nog ‘n legendariese element aan die album is bygedra deur TL Mastering se eie Tim Lengfeld wat die klank hierop afgerond het. Dis ‘n resep wat oorloop van diverse speserye en geure en word opgedis in ‘n nege gang maaltyd vir die siel.

Agt van die nege snitte is Afrikaanse liedjies met die uitsondering van ‘Ubunye’, wat geskryf en gespeel word deur Charel Kleinhans, met Danie du Toit (Spoegwolf) as gaskunstenaar.

NetfloristOfferforge

‘Die Bloed’ was die eerste snit wat bekend gestel was op die album en ook die enigste snit wat voorheen al vrygestel is op Churchil Naudé se onlangse solo album, ‘Kroesified’.

Hierdie weergawe van die liedjie op Diversiteit is wel besonders en op ‘n nuwe manier saam gesit. Riku Lätti verskyn ook as gaskunstenaar hierop en die liedjie is binnekort te hoor op radio stasies regoor Suid-Afrika.

Dit is almal wat deel uit maak van hierdie album, se wens dat hulle deur hul taal en musiek elkeen hul boodskap aan luisteraars sal bring. ‘n Boodskap wat ons uitnooi om ons verskille en diversiteit te vier en te geniet en sodoende die kulturele versperrings tussen ons af te breek.

Nuuskierig en lus vir lekker musiek? Luister Tunes Studio se album HIER.

NetfloristOfferforge

Volg gerus Tunes Studio se Facebook Blad en Instagram Rekening vir gereelde nuus, aankondigings en agter die skerms stories oor die album.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Tuin Breek Vry Met Nuwe Enkelsnit: “Mooiste Monster”

    Tuin Artist
    Music Videos 18 Aug 2026
  • Tuin Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Weerlig”

    Tuin Weerlig
    Music Videos 18 Feb 2026
  • A quick Pre-Oppikoppi chat with Tuin

    1621704_584950794928348_364647199_n
    Artist/Band Interviews 5 Aug 2015
  • Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”

    Mila Smith
    Music News 11 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Tuin
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,294
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 516
USA 336
Cape Town 336
Pretoria 304
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.