Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Van Pletzen reik super kief “Zaberfluten musiekvideo uit

Van Pletzen reik super kief “Zaberfluten musiekvideo uit

Blitsoorsig: Zaberfluten is Van Pletzen se vyfde musiekvideo vanaf hul album Kak Lekke Vibe. Die kort film wys Van Pletzen en Schalk Bezuidenhout by 'n visbraai wat skeefloop, met Frank Opperman in 'n intimiderende rol. Peach het die idee in 'n droom gekry en het dadelik PJ Kotze van Bonanza Films gebel. Die video is vol met komedie, panfluite, suspense en drama.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 19, 2018No Comments2 Mins Read Music Videos 143 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Zaberfluten is Van Pletzen se vyfde musiekvideo vanaf hul album, Kak Lekke Vibe, wat vroeër vanjaar met groot opgewondenheid vrygestel is.

In die musiekvideo en kort film sien ons vir Van Pletzen (Peach & Nik Nax) ‘n lekker vissie braai saam met Schalk Bezuidenhout. Maar dis nie lank nie voor dinge skeef loop nie. Frank Opperman maak ook ‘n verskyning in moontlik sy snaakste en mees intimiderende rol nog!

Van Pletzen - Zaberfluten

Peach Van Pletzen het die idee vir Zaberfluten in ‘n droom gekry en dit dadelik neergeskryf. “Ek het wakker geskrik en besef hoe belangrik dit is dat mense die film moet sien, en dat ons dit moet maak!” Hy het dadelik vir PJ Kotze van Bonanza Films gebel wat ook die videos vir “Eiland Styl” en “Goud” gemaak het. PJ was dadelik in!

Nou wat is Zaberfluten en wat beteken dit?  Draai na die musiekvideo en kortfilm vir antwoorde, maar dinge loop min-of-meer so:

NetfloristOfferforge
  • Van Pletzen nooi vir komediant, Schalk Bezuidenhout vir visbraai
  • Van Pletzen is onder die indruk dat hy lekker is, jy weet… irie.
  • Maar hy was meer soos ‘n “Sulk Bezuidenhout”. Ek bedoel, hy bring ‘n eiervrug na ‘n visbraai toe?
  • Die party pooper het toe sommer die polisie op speed-dial…

Waar was die musiekvideo verfilm? Die ouens kan eerlikwaar nie onthou nie, maar hulle dink in Amsterdam of was dit voor ‘n groenskerm en CGI? Zaberfluten is moontlik Van Pletzen se magnum opus. Dit bevat alles: komedie, panfluite, suspense, drama, vergifnis, en natuurlik ook Zaberfluten! Check die musiekvideo HIER.

Wat dink jy van hierdie musiekvideo? Los jou kommentaar hier onder en vertel vir ons. Terugvoer is welkom.

As jy vir Van Pletzen wil live sien, maak seker jy kry jou musiek-liefhebbende voetjies uit by Innibos (in Nelspruit) op die 7de Junie of by Rocking Potch op die 7de September.

Wees op die uitkyk vir opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Schalk Bezuidenhout verruil stand-up vir ’n 9-tot-5-jop

    Die Kantoor - Schalk Bezuidenhout
    Television 3 Feb 2026
  • Van Pletzen Reik 5de Album Uit: “Benaaihilism”

    Van Pletzen
    Music News 29 Apr 2026
  • Van Pletzen Reik “Gqeberha Shake Dat Ass” Uit

    Van Pletzen 2026
    Music News 23 Apr 2026
  • Van Pletzen & Sossi Reik “Maia-hee” Uit

    Van Pletzen en Sossi
    Music Videos 26 Mar 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Electro Frank Opperman Parody Pretoria SA Music Schalk Bezuidenhout South Africa Van Pletzen
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 293
Festivals 202
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.