Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Vrede Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hemel Op Die Aarde”

Vrede Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hemel Op Die Aarde”

Blitsoorsig: Vrede het hul nuwe enkelsnit "Hemel Op Die Aarde" uitgereik, 'n lied wat vrae stel oor die toekoms van Suid-Afrika en die betekenis van tuiskoms. Die duo verkun inspirasie uit verskillende genres en werk saam met Coolerbox Studios. Beide lede beklemtoon hoop en die waarde van die land, terwyl hulle die diepte van Afrikaans as musikale medium verder uitbrei.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 18, 2024No Comments4 Mins Read Music News 101 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die geliefde Afrikaanse duo, Vrede, stel bekend hul nuwe enkelsnit, “Hemel Op Die Aarde”,’n sielvolle en eerlike lied oor hoop, tuiste, en die diep, persoonlike vrae waarmee baie Suid-Afrikaners stoei.

Hierdie uitreiking beloof om luisteraars mee te voer op ‘n musikale reis wat vrae stel oor ons toekoms, die betekenis van tuiskoms, en die wens om ‘n toekoms te bou in Suid-Afrika, ten spyte van al die uitdagings wat daarmee saamgaan.

Volgens een van die lede van Vrede, Storm Opperman, verken die lied die vraagstukke en drome wat mense het oor hul toekoms, en spesifiek die toekoms van Suid-Afrika.

Vrede - Hemel Op Die Aarde

“Soos mens ouer raak, begin jy vrae vra oor die toekoms van ons land. Om ‘n nuwe lewe elders te bou verg tyd en die besluit om dit aan te pak, moet nou geneem word. Hierdie lied spreek tot die huidige oomblik en plek waar ek myself bevind.”

NetfloristOfferforge

Storm noem verder dat die liedjie mense wil aanmoedig om te waardeer wat ons in Suid-Afrika het. “Elke land het sy uitdagings, maar hoop is deel van ons identiteit. Dit help ons om ‘n positiewe uitkyk te hê en die jeug aan te moedig om slim keuses vir die toekoms te maak,” verduidelik hy.

Vrede het vir hierdie lied op ‘n unieke klank besluit deur elemente van verskillende genres te verken

Tertius Human, van Coolerbox Studios, het hulle bygestaan met sy kundigheid in die produksieproses, waarvoor die duo hom baie dank verskuldig is. Storm merk verder dat Spoegwolf, ‘n groep waarvan hy ‘n groot aanhanger is, ‘n inspirasie in die klank van “Hemel Op Die Aarde” gebring het.

Francois Roux, die ander lid van Vrede, se reis deur die wêreld het ook baie vrae in hom laat ontstaan oor die toekoms in Suid-Afrika.

“Die gras is nie altyd groener aan die ander kant nie. Elke land het sy eie uitdagings, en ons lied wil daardie gedagte aan die luisteraar oordra,” sê Francois. Hy verduidelik dat die lied die groei weerspieël wat hulle as kunstenaars ervaar het en hul verbintenis tot Afrikaans as moedertaal versterk.

NetfloristOfferforge

“Hemel Op Die Aarde” is ‘n lied oor saamwees, oor die keuse om in Suid-Afrika te bly en ‘n toekoms te bou hier, omring deur geliefdes en in ‘n kultuur wat diep in die hart van die duo lê.

Deur die lirieke, soos “Bring my Vrede waar die engele sing” en “Dis “Hemel Op Die Aarde”,” hoop Vrede om luisteraars aan te spoor om te bly hoop en ‘n tuiste hier te vind.

Vrede hoop dat die luisteraars ‘n gevoel van samesyn en verbinding met die musiek sal ervaar. Die duo mik om met hierdie snit die kuns en diepte van Afrikaans as ‘n veelsydige genre verder uit te bou en te bewys dat Afrikaans se musiek nie net ‘n kommersiële genre hoef te wees nie.

Hulle werk saam met Coolerbox Records en is dankbaar om met vriende soos Tertius Human van Coolerbox Studios te kan saamwerk om dieper betekenis aan die Afrikaanse musieklandskap toe te voeg.

NetfloristOfferforge

Die Twee krul koppe het hulle debut verskyning gemaak in die sepie “Die Fakulteit” wat op sondae 19:30 op eExtra (openview kanaal 105 & Dstv kanaal 195) uitgesaai word en is ook beskikbaar op evod.

Vrede se aanhangers kan uitsien na nog musiek in die toekoms. Die duo keer binnekort terug na die ateljee vir hul volgende projek, en beplan ook ‘n toer in Desember deur die Wes-Kaap. Datums sal binnekort op sosiale media aangekondig word.

Vir nou, hou “Hemel Op Die Aarde” jou vas in die oomblik en herinner jou daaraan dat tuiskoms meer is as net ‘n plek – dis ‘n gevoel, ‘n keuse, en ‘n plek van Vrede.

Jy kan die liedjie HIER stroom / aflaai.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Vrede Bring ‘n Nuwe Enkelsnit “Huistoe”

    Vrede
    Music Videos 15 Dec 2025
  • Vrede Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Tevrede”

    Vrede
    Music Videos 3 Jun 2025
  • Vrede Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Klein Wêreld”

    Vrede - Afrikaanse Band
    Music Videos 9 Jun 2023
  • SaxbyTwins Return to Pop Roots With “This Party”

    SaxbyTwins
    Music News 21 Oct 2026

Goeters Om Te Doen

  • Fatboy Slim South African Tour: December 2026

    Fatboy Slim South African Tour: December 2026 1
    Upcoming Events
  • Leon Bridges November 2026 South African Tour: All The Deets

    Leon Bridges South African Tour November 2026
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa Vrede
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Music Business Awards Africa
    Music Business Awards Africa Set for November 2026
    October 21, 2026
  • Bernice West
    Bernice West Deel Persoonlike Boodskap in “Lyntjies”
    October 20, 2026
  • Praise the LOUD Fest 2026 Featured
    Win Tickets To Praise The LOUD Festival @ Sognage
    October 19, 2026
  • Zolani Mahola
    Zolani Mahola Drops Groovy Single “A Good Time”
    October 16, 2026
  • Ghost Jr.
    Ghost Jr. Drops High-Energy Single: “2 Phones”
    October 14, 2026
  • Zoe Modiga
    Zoë Modiga Shares “When The Rain Comes”
    October 14, 2026
  • Tobias Bergson
    Producer Tobias Bergson Unveils “Promise” EP
    October 13, 2026
  • Strongboi Duo
    Strongboi Releases Funk-Infused Single “Dizzy”
    October 13, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,350
Rock 622
Useful Tips 567
Afrikaans 530
Cape Town 348
USA 336
Pretoria 306
Johannesburg 295
Festivals 203
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.