Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Vrede Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hemel Op Die Aarde”

Vrede Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hemel Op Die Aarde”

Blitsoorsig: Vrede het hul nuwe enkelsnit "Hemel Op Die Aarde" uitgereik, 'n lied wat vrae stel oor die toekoms van Suid-Afrika en die betekenis van tuiskoms. Die duo verkun inspirasie uit verskillende genres en werk saam met Coolerbox Studios. Beide lede beklemtoon hoop en die waarde van die land, terwyl hulle die diepte van Afrikaans as musikale medium verder uitbrei.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 18, 2024No Comments4 Mins Read Music News 88 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die geliefde Afrikaanse duo, Vrede, stel bekend hul nuwe enkelsnit, “Hemel Op Die Aarde”,’n sielvolle en eerlike lied oor hoop, tuiste, en die diep, persoonlike vrae waarmee baie Suid-Afrikaners stoei.

Hierdie uitreiking beloof om luisteraars mee te voer op ‘n musikale reis wat vrae stel oor ons toekoms, die betekenis van tuiskoms, en die wens om ‘n toekoms te bou in Suid-Afrika, ten spyte van al die uitdagings wat daarmee saamgaan.

Volgens een van die lede van Vrede, Storm Opperman, verken die lied die vraagstukke en drome wat mense het oor hul toekoms, en spesifiek die toekoms van Suid-Afrika.

Vrede - Hemel Op Die Aarde

“Soos mens ouer raak, begin jy vrae vra oor die toekoms van ons land. Om ‘n nuwe lewe elders te bou verg tyd en die besluit om dit aan te pak, moet nou geneem word. Hierdie lied spreek tot die huidige oomblik en plek waar ek myself bevind.”

NetfloristOfferforge

Storm noem verder dat die liedjie mense wil aanmoedig om te waardeer wat ons in Suid-Afrika het. “Elke land het sy uitdagings, maar hoop is deel van ons identiteit. Dit help ons om ‘n positiewe uitkyk te hê en die jeug aan te moedig om slim keuses vir die toekoms te maak,” verduidelik hy.

Vrede het vir hierdie lied op ‘n unieke klank besluit deur elemente van verskillende genres te verken

Tertius Human, van Coolerbox Studios, het hulle bygestaan met sy kundigheid in die produksieproses, waarvoor die duo hom baie dank verskuldig is. Storm merk verder dat Spoegwolf, ‘n groep waarvan hy ‘n groot aanhanger is, ‘n inspirasie in die klank van “Hemel Op Die Aarde” gebring het.

Francois Roux, die ander lid van Vrede, se reis deur die wêreld het ook baie vrae in hom laat ontstaan oor die toekoms in Suid-Afrika.

“Die gras is nie altyd groener aan die ander kant nie. Elke land het sy eie uitdagings, en ons lied wil daardie gedagte aan die luisteraar oordra,” sê Francois. Hy verduidelik dat die lied die groei weerspieël wat hulle as kunstenaars ervaar het en hul verbintenis tot Afrikaans as moedertaal versterk.

NetfloristOfferforge

“Hemel Op Die Aarde” is ‘n lied oor saamwees, oor die keuse om in Suid-Afrika te bly en ‘n toekoms te bou hier, omring deur geliefdes en in ‘n kultuur wat diep in die hart van die duo lê.

Deur die lirieke, soos “Bring my Vrede waar die engele sing” en “Dis “Hemel Op Die Aarde”,” hoop Vrede om luisteraars aan te spoor om te bly hoop en ‘n tuiste hier te vind.

Vrede hoop dat die luisteraars ‘n gevoel van samesyn en verbinding met die musiek sal ervaar. Die duo mik om met hierdie snit die kuns en diepte van Afrikaans as ‘n veelsydige genre verder uit te bou en te bewys dat Afrikaans se musiek nie net ‘n kommersiële genre hoef te wees nie.

Hulle werk saam met Coolerbox Records en is dankbaar om met vriende soos Tertius Human van Coolerbox Studios te kan saamwerk om dieper betekenis aan die Afrikaanse musieklandskap toe te voeg.

NetfloristOfferforge

Die Twee krul koppe het hulle debut verskyning gemaak in die sepie “Die Fakulteit” wat op sondae 19:30 op eExtra (openview kanaal 105 & Dstv kanaal 195) uitgesaai word en is ook beskikbaar op evod.

Vrede se aanhangers kan uitsien na nog musiek in die toekoms. Die duo keer binnekort terug na die ateljee vir hul volgende projek, en beplan ook ‘n toer in Desember deur die Wes-Kaap. Datums sal binnekort op sosiale media aangekondig word.

Vir nou, hou “Hemel Op Die Aarde” jou vas in die oomblik en herinner jou daaraan dat tuiskoms meer is as net ‘n plek – dis ‘n gevoel, ‘n keuse, en ‘n plek van Vrede.

Jy kan die liedjie HIER stroom / aflaai.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Vrede Bring ‘n Nuwe Enkelsnit “Huistoe”

    Vrede
    Music Videos 15 Dec 2025
  • Vrede Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Tevrede”

    Vrede
    Music Videos 3 Jun 2025
  • Vrede Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Klein Wêreld”

    Vrede - Afrikaanse Band
    Music Videos 9 Jun 2023
  • Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”

    Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Music News 14 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa Vrede
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.