Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Wit Kasteel reik nuwe album uit: “Toegewyd”

Wit Kasteel reik nuwe album uit: “Toegewyd”

Blitsoorsig: Wit Kasteel se nuwe album Toegewyd is nou uit en vol opgewekte melodieë met betekenisvolle lirieke wat luisteraars kan identifiseer. Die album bevat 'n goeie mengsel van oorspronklike liedjies en bekende klassieke, asook 'n spesiale duet van House of the Rising Sun met aktrise Elizca Coetzer. Die titelsnit, geskryf saam met Hugo Ludik, gaan oor om positief te bly in moeilike tye.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 9, 2020No Comments4 Mins Read Music News 78 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die Afrikaanse rockgroep, Wit Kasteel (Clemond Dartnall – hoofsanger en kitaarspeler, Ernst Nieuwoudt – hoofkitaarspeler, Reinard Kruger – baskitaarspeler en sanger en Waldemar Behr – dromspeler), raak by die dag meer populêr met hulle unieke rockklank en eerste enkelsnitte soos Toegewyd en Herinnering vanaf hulle splinternuwe album, Toegewyd, wat op die trefferparades van radiostasies landswyd pryk.  Dié album is ook pas uitgereik en gaan verseker bewonderaars se goedkeuring wegdra!

Hierdie nuwe uitreiking bou voort op die unieke rockklank waarvoor dié viermanskap bekendheid verwerf het en bestaan hoofsaaklik uit ’n versameling opgewekte melodieë, met betekenisvolle lirieke, waarmee luisteraars kan identifiseer. ’n Paar rustiger, emosiebelaaide, snitte verseker dat daar iets op die album is wat aan elkeen se smaak sal voldoen.

Wit Kasteel

Wit Kasteel vertel ons meer oor die album

“Hierdie album sluit ’n goeie kombinasie van oorspronklike liedjies, asook ’n paar bekende gunstelinge in. Ons wou graag ’n speellys saamstel wat iets vir almal het om na te luister.” 

Wit Kasteel se selfgetitelde debuut-album is in 2015 uitgereik en was ook vir ‘n Ghoema benoem. Vanaf hierdie album het hulle groot naam gemaak met hulle eerste enkelsnit, ’n unieke verwerking van Laurika Rauch se Die Nostalgie. Dit was vir verskeie weke nommer een op Groot FM en Suidkaap FM se treffersparades.

NetfloristOfferforge

Wit Kasteel verduidelik wat hulle als geleer sedert hulle debuut-album

“Ons het baie geleer sedert die vrystelling van ons debuut-album en het gevoel dis tyd om ’n nuwe een uit te bring om ons kennis en ervaring toe te pas en te wys hoe baie ons musiek gegroei het. Elke lied is geskryf met ’n boodskap in gedagte en daar is iets op die album wat almal se lewens van toepassing kan wees.”

Alhoewel dit vir hulle moeilik is om ’n gunsteling uit te sonder, erken die ouens dat Elke Mens en Herinneringe hulle na aan die hart lê. Eersgenoemde omdat dit ’n diep lied is wat emosies raak en laasgenoemde omdat hulle dit so geniet om hierdie snit vir die gehoor te speel en omdat dit tans so goed ontvang word deur radiostasies regoor die land.

Wit Kasteel vertel ons wie aan die album gewerk het

“Ons almal het saam aan die album geskryf en ook hulp gehad van Josh Oosthuizen en Hugo Ludik by Muse Studios. En een van die liedjies is deur Karl Bremer, Die Nostalgie se skrywer, geskryf.”

Luisteraars kan verseker ook uitsien na twee verwerkings van klassieke rockliedjies wat hulle, hul eie gemaak het op die nuwe album, maar die een wat jou beslis na jou asem gaan laat snak en ondmiddellik gaan laat regop sit is die verwerking van “House of the Rising Sun”,  ’n duet saam met die bekende en super talentvolle, teater liefling en aktrise, Elizca Coetzer (Hairspray, Live in Vegas, Rythm of the Night).

NetfloristOfferforge

Die titelsnit van die album is saam met Hugo Ludik van Muse Studios aanmekaar geslaan en is in Junie 2020 uitgereik.  Dit was uit die staanspoor baie gewild en kan steeds gereeld op radiostasies landswyd gehoor word. Hierdie kommersiële rocksnit gaan daaroor om positief te bly in moeilike tye, wat dan ook die rede is hoekom hulle dit as titel van die nuwe album gekies het.

Wit Kasteel verduidelik: “Dit was die perfekte naam vir ons album, want ten spyte van die omstandighede is ons nog steeds ‘toegewyd’ aan ’n groter droom en ’n beter toekoms.” 

Kyk die video vir “Toegewyd” hier onder:

Meer inligting oor Wit Kasteel

Wit Kasteel, wat vernoem is na ’n ikoniese gebou in Erasmuskloof, is aan die einde van 2011 deur Clemond en Jurie Schoeman gestig, omdat Clemond gevoel het dat hy nie lekker in die korporatiewe wêreld inpas nie. Nie een van die twee kon kitaarspeel nie, maar het kitare en ’n klanksisteem gekoop en begin oefen.

NetfloristOfferforge

Waldemar en Reinard was saam met Clemond op skool en na ’n toevallige ontmoeting en ’n advertensie op Facebook, het dié twee lede onderskeidelik in 2012 by die groep – wat toe net Engelse musiek gespeel het – aangesluit. Vandag is Clemond, Reinard en Waldemar nogsteeds deel van die groep, maar in 2017 het Ernst oorgeneem as hoofkitaarspeler.

Tans is hulle besig om die reëlings vir hulle amptelike albumbekendstelling by Padstal in Pretoria te finaliseer, wat op 20 November 2020 om 19h00 sal plaasvind.  Kaartjies sal by die deur beskikbaar wees.  Maak seker dat jy nie hierdie elektriese vertoning misloop nie! Geen onder 18’s toegelaat nie.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets

    Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets 1
    Upcoming Events 14 Sep 2026
  • Dave Koz January 2027 South African Tour: All The Deets

    Dave Koz
    Upcoming Events 5 Sep 2026
  • Riverdance 30 – The New Generation: April 2027 SA Tour Deets

    Riverdance 30 - The New Generation: April 2027 SA Tour Deets 2
    Upcoming Events 5 Aug 2026
  • Halloween 2026 in Pretoria: Featuring Silverstein & More

    Halloween 2026 in Pretoria Featured
    Upcoming Events 30 Jul 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Pretoria South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
  • Kerk Straat
    Kerk Straat Gee Nuwe Lewe Aan Karen Zoid se “Engel”
    September 17, 2026
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,305
Rock 615
Useful Tips 563
Afrikaans 521
Cape Town 338
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 200
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.