So paar weke terug was ek by Hidden Eden se launch in Sundra, Mpumalanga. Hidden Eden is die breinkind van Potskerf Potgieter en sy vrou CJ (eienaars van Eden Creations).
Die launch party het gebeur oor die Jeugdag langnaweek en ek was een van die gelukkiges wat uitgenooi is na hierdie awesome venue.
Hier is 4 redes te gee hoekom Hidden Eden ‘n awesome venue is
1. Dis nie ver van Pretoria / Johannesburg af nie
Sundra is minder as ‘n uur se ry van Pretoria en Johannesburg af. Dis ‘n dorpie wat se een helfte in Gauteng lê en se ander helfte in Mpumalanga is. Mens kan via die R25 en R50 soontoe ry van Pretoria Oos se kant af of die R21 en N12 highway klap soontoe (as jy nie van potholes hou op ‘n teerpad nie).
2. Die atmosfeer en vibe is amazing
Hidden Eden is gelëe op ‘n plot en dis die perfect spot om te gebruik om bietjie te ontsnap van die hectic pace van Pretoria en Johannesburg. Die venue kan nie duisende mense akkommodeer nie, so die vibe is actually chilled out. Daar was om en by 50 mense by die launch gewees, maar ek glo dat daar omtrent 100 mense sal kan party op die plot en dit sal nog steeds intimate wees. Daar is slaap plek in hokke en kamers vir 20 mense en genoeg kampeerplek.
3. Die stage en sound setup is awesome
Potskerf het baie moeite gedoen met Hidden Eden. Die stage is gebou onder ‘n marquee tent en het baie werk ingesit om dit stunning te laat lyk en die bands wat speel befok te laat klink. Die naweek toe ek daar was het Quinton Brand (wat ‘n lid was van Sondagskoolhelde), Albert Meintjies en so paar ander kunstenaars gespeel en die klank en beligting was top notch gewees.
4. Hulle maak die lekkerste pizza in die wêreld
CJ en Pots het invest in ‘n pizza oond en maak pizzas met genuine Italiaanse bestandele en die pryse is billik. Ek moet ook net vir julle alkoholiste wat hierdie artikel lees sê dat die booze pryse ook billik is. Besides die awesome pizza en cheap booze is daar ook allerande konfytjies en snacks te koop en hulle verkoop ook warm koppies koffie in die oggend (om mens te help cope met jou hangover).
So, as jy iets soek om te doen oor ‘n naweek wat cooler is as om met jou vroeteltol (of tewel “Fidget Spinner”) te speel of om gladdejantjies (“smoothies”) te drink, hou jou oortjies op die grond en hou een oog op hulle Facebook page vir announcements van future events, jy sal glad nie spyt wees nie. Die experience is awesome.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music en Opinion kategorieë op Running Wolf’s Rant.
Like what you just read? Join The Wolf Pack! Subscribe To Our Newsletter.
Explore our website, check out our Featured Articles or scroll down to see the articles that are related to this article below. We've been around since 2008, so there's plenty of content.
If you're in South Africa and looking for something to do, check out The SA Gig Guide (on our sister site SA Music Zone).
If getting more knowledge is part of your DNA - Check out the latest posts on Interesting Facts.