Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Afrikaanse Musiek: Wie is die Koninginne?

Afrikaanse Musiek: Wie is die Koninginne?

Blitsoorsig: Afrikaanse musiek strek ver buite tradisionele "sokkie treffers" en vroue kunstenaars soos Karen Zoid, Demi Lee Moore en Angie oeh is instrumenteel in genres wat van rock tot hip-hop en gqom strek. Spotify data toon dat hierdie musiek aanklank vind by luisteraars van alle ouderdomme en geografiese areas, met internasionale trekkrag wat aandui hoeveel talent Suid-Afrika aan die wêreld het.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 30, 2023No Comments3 Mins Read Music News 121 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Daar mag dalk nog ‘n klein groepie Suid-Afrikaners wees wat dink Afrikaanse musiek is net “sokkie treffers” is, maar die realiteit is dat dit nog altyd soveel meer was. Afrikaanse vroue kunstenaars is betrokke in elke genre, van pop tot gospel en hip-hop, en vroue se bydrae tot die evolusie van Afrikaanse musiek kan nie onderskat word nie. Die sukses van Karen Zoid, byvoorbeeld, was instrumenteel tot die groei van Afrikaanse rock in die vroeë 2000s.

Hoofstroom pop kunstenaars soos Demi Lee Moore, Lianie May en Riana Nel is dalk aan die hoof van Spotify se kunstenaar en album snitlyse, maar dinge is veel meer divers as wat dit op die oog af lyk.

Afrikaanse Musiek

Volgens Henco Harmse, Spotify se Afrikaans Spesialis Bestuurder, Kunstenaar en Label Venootskappe in Suid-Afrika, is daar talle vroue Afrikaanse kunstenaars om oor entoesiasties te wees. “Mense mag dalk nie besef hoe uiteenlopend die genres is waarin Afrikaanse vroue kunstenaars werk nie,” sê hy. “Bo en behalwe genres soos pop, praise en worship, en country is daar verskeie Afrikaanse vroue kunstenaars wat interessante werk doen in genres soos Gqom, hip-hop en dans.” sê hy.

Dit is geen toeval dat kunstenaars soos die ontslape Angie oeh en Paula Kammies prominent op Spotify se Afrikaanse Hip-Hop en Gqom Afrikaans, onderskeidelik, se snitlyste pronk nie. Harmse noem dat Afrikaanse vroue kunstenaars ook internasionale trekkrag het.

NetfloristOfferforge

“As jy na ons Country Worldwide snitlys kyk byvoorbeeld, is daar verskeie Afrikaanse kunstenaars,” sê hy “Dit sluit ook vroue kunstenaar soos Demi Lee Moore en Tarryn Lamb in. Die feit dat hulle, en ander Afrikaanse sangers op internationale snitlyse is, beklemtoon die musikale talent wat ons hier in Suid-Afrika het en wys ook hoe baie ons het om die wêreld te bied.” 

Spotify data toon ook dat die werk van Afrikaanse vroue kunstenaars tot ‘n wye oudersdomsgroep spreek. Alhoewel luisteraars tussen die ouderdom van 35 en 44 jaar die grootste group uitmaak, is die helfte van luisteraars onder die ouderdom van 34, wat daarop dui dat hierdie musiek ook aanklank vind by die jeug.

Hierdie jong luisteraars is veral gaande oor een snitlys, getitled VAAIBS, wat op Gen Z luisteraars gemik is. VAAIBS dek ‘n wye reeks genres en sluit kunstenaars soos Angie oeh, Anzelle en Marissa in.

“Hulle wye trefkrag strek verby oudersdromsgroup-demografie,” sê Harmse. “As mens kyk na die Suid-Afrikaans stede waar Afrikaanse vroue kunstenaars die gewildste is, is dit nie net die wat mens vewag nie. Interessant genoeg is Afrikaanse vroue kunstenaars net so gewild in Durban as wat hulle in Bloemfontein en Potchefstroom is.” 

NetfloristOfferforge

Persoon wat Afrikaanse Musiek Luister

Wat beteken dit vir Afrikaanse musiek?

Dit is duidelik dat die toekoms van Afrikaanse musiek nog meer opwindend en innoverend as sy geskiedenis kan wees. Dit is ook duidelik dat die grootste en gewildste Afrikaanse kunstenaars reeds besig om om Afrikaanse musiek aan die wereld bloot te stel. Meer belangrik, vrou kunstenaar sal heel moontlik ‘n nog groter rol speel in die toekoms.

“Daar is veel meer aan Afrikaanse musiek as wat baie mense tipies dink,” sluit Harmse af. “Dit is veral van toepassing op die oomblik en Afrikaans vroue kunstenaars sal voortgaan om ‘n leidende rol te speel in die evolusie van Afrikaanse musiek.” 

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Webtickets Plugs South African Live Shows Into Spotify Discovery

    Webtickets
    Music News 6 Apr 2026
  • South Africa’s Gen Z is Powering a Maskandi Renaissance

    Maskandi - Spotify
    Music News 18 Jun 2025
  • Khuphuka nathi kuSpotify: A Zulu Pride Celebration

    Spotify
    Music News 5 Jun 2025
  • Spotify’s AI Playlist is available in South Africa!

    Spotify AI Playlist
    Music News 29 Apr 2025

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa Spotify
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Matthew Mole - Love Me
    Matthew Mole Kicks Off Hopeful New Chapter With “Love Me”
    October 6, 2026
  • Seth Tabatznik
    Seth Tabatznik Releases New Single: “Infinite Beings”
    October 5, 2026
  • Khazimula Carol-Ann Meltzer
    Khazimula Releases New Single: “Joburg City”
    October 2, 2026
  • Deborah McKay
    Deborah McKay Releases New Single: “I Really Do”
    September 28, 2026
  • The Hill
    The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”
    September 25, 2026
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,326
Rock 617
Useful Tips 565
Afrikaans 526
Cape Town 343
USA 337
Pretoria 306
Johannesburg 293
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.