Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » “Sambreel”, die Nuwe Bouwer Bosch Enkelsnit is Hier

“Sambreel”, die Nuwe Bouwer Bosch Enkelsnit is Hier

Blitsoorsig: Bouwer Bosch se nuwe enkelsnit "Sambreel" is geskryf tydens 'n donderstorm en beskryf as 'n emosionele partytjielied vol melancholie. Die liedjie handel oor verskillende tipes verhoudings, veral kort interaksies met vreemdelinge wat 'n impak op ons lewes het. Die musiekvideo, wat in 90 minute geskiet is, stel twee vreemdelinge voor en verken wat 'n kort ontmoeting tussen mense tot gevolg kan hê.

Henno KrugerBy Henno KrugerJuly 29, 2022No Comments2 Mins Read Music Videos 103 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Bouwer Bosch het vandag ‘n nuwe enkelsnit (“Sambreel”) vrygestel. Die enkelsnit kom ná die vrystelling van sy laaste enkelsnit – ’n samewerking met ABBY – ‘Soos Ek Doen’ in April. Albei liedjies is van sy opkomende nuwe album, wat in Oktober 2022 vrygestel word.

Meer inligting oor “Sambreel”

“Sambreel” is geskryf tydens die laaste donderstorm voor die winter toegeslaan het. Geïnspireer deur die gevoel van kwesbaarheid wat jou oorweldig wanneer jy dinge ervaar wat jy nie altyd verstaan nie, beskryf Bouwer die enkelsnit as ’n emosionele partytjielied. ’n Rou en eerlike offer gevul met melancholie; ‘n liedjie wat jou mense sal laat mis wat jy nie ken nie, gekombineer met ‘n opbouende koor wat hoop bring.

Bouwer Bosch - Sambreel

Bouwer Bosch verduidelik “Sambreel”

“Die liedjie handel oor die verskillende tipes verhoudings wat ons het. Nie alle verhoudings is romanties, vriendelik of langtermyn nie. Ons het kort verhoudings of interaksies met ons petroljoggie, die kelner, die kassier, die bedelaar by ‘n verkeerslig. Al daardie kort, klein interaksies het ‘n impak op ons lewens – sommige goed, ander sleg. Die liedjie ondersoek die betekenisvolle verhoudings wat ons daagliks met vreemdelinge het.”

Die video vir die enkelsnit is in Junie op ‘n koue wintersaand by ‘n bushalte in Linden geskiet. Met regie deur Bouwer self en Nico Welgemoed as Kinematograaf, is die video in 90 minute geskiet.

NetfloristOfferforge

Vir die video wou Bouwer en Nico ‘n interaksie tussen twee vreemdelinge skep en wys wat ‘n kort ontmoeting van 3 minute tussen twee mense tot gevolg kan hê. Met die musiekvideo as ‘n kortfilm en die liedjie lirieke as dialoog, sal “Sambreel” ‘n beroep doen op ‘n wye gehoor vanweë sy tema van verhoudings en alledaagse lewe.

Kyk die video vir “Sambreel” hier onder

YouTube video player

Ek moet erken dat hierdie een van die beter liedjies is wat Bouwer Bosch in die laaste paar jaar vrygestel het. Eks nuuskierig om uit te vind hoe die res van sy album gaan klink.

Bouwer Bosch stel sy splinternuwe album in Oktober 2022 vry, en beskryf dit as ‘n diverse album in terme van temas met “Sambreel” as die liedjie wat alles saambind. Die album sal gevul wees met verrassings en samewerkings en aanhangers kan uitsien na diep betekenisvolle gesprekke met hulself.

NetfloristOfferforge

Jy kan “Sambreel” HIER stroom of aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Bouwer Bosch Reik “Skemer” Musiekvideo Uit

    Bouwer Bosch - Skemer Skermskoot
    Music Videos 23 Nov 2022
  • Bouwer Bosch Stel “Briewe Uit Die Argiewe” Album Vry

    Bouwer Bosch
    Music News 28 Oct 2022
  • Bouwer Bosch: 10 Interesting Facts You Didn’t Know

    Bouwer Bosch
    Music Facts 5 Nov 2019
  • Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”

    Ama Top Dawgz
    Music Videos 14 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Bouwer Bosch South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
  • Winter Hotel - Koffiewinkel
    Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”
    September 6, 2026
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.