Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Bouwer Bosch Reik “Skemer” Musiekvideo Uit

Bouwer Bosch Reik “Skemer” Musiekvideo Uit

Blitsoorsig: Bouwer Bosch het die musiekvideo vir sy jongste enkelsnit "Skemer" vrygestel, afkomstig van sy album Briewe Uit Die Argiewe. Die video, geskiet in sy woonstraat, bevat 'n storielyn van 'n verkeersman en danser wat hul gedeelde passie vir dans ontdek. Koreograaf Sarah Leigh het die dansroetine ontwerp en verskyn saam met Bouwer in hierdie energieke, visueel impaktiewe aanbod.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 23, 2022No Comments2 Mins Read Music Videos 73 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Bouwer Bosch het die musiekvideo vir sy jongste enkelsnit, getiteld “Skemer”, vrygestel. “Skemer” is van sy splinternuwe album wat in Oktober vrygestel is, genaamd Briewe Uit Die Argiewe.

“Skemer”, die enkelsnit, is sowat twee jaar gelede oor ‘n Instagram-storie geskryf met mense wat ingeskakel het. Bouwer het sy liedjieskryfproses met aanhangers gedeel wat almal idees bygedra het, met “Skemer” – ’n prettige en gelukkige liedjie – as eindresultaat van die sessie.

Bouwer Bosch vertel ons meer van “Skemer”

“Vir “Skemer” het ek die analogie van ’n boek vir ’n liefdesverhaal gebruik: Almal se liefdesverhaal is soos ’n boek. Dit het hoofstukke, bladsye, gelukkige tye, hartseer tye, soms vervelig, soms opwindend.”

Bouwer Bosch - Skemer

Die video vir die enkelsnit – ’n energieke aanbod met saksofoonlyne – is drie weke gelede in Bouwer se woonstraat geskiet. Hy was self aan die stuur van regie, met Christian Botha as kinematograaf. Koreograaf Sarah Leigh was aan die stuur van die regie van die dansroetine, en verskyn saam met Bouwer in die video.

NetfloristOfferforge

Bouwer Bosch - Skemer Skermskoot

Die video bevat die storielyn van ‘n verkeersman met ‘n liefde vir dans, wat ‘n danser aftrek vir spoed, en die twee deel dan hul wedersydse liefde en passie om te dans, in die strate.

Bouwer verduidelik wat sy doel was met die video vir die liedjie

“Ek wou ‘n prettige, opregte storie vertel en dit ook visueel impakvol maak. Ek het sowat twee weke lank geoefen om die dansroetine reg te kry, en dit so goed as moontlik geleer. Sarah Leigh is ‘n wonderlike koreograaf en het die perfekte dans vir die liedjie geskep. Haar kêrel, Tjaart van der Walt is ook die vervaardiger van die liedjie.”

Kyk die video vir “Skemer” hier onder:

YouTube video player

Jy kan Bouwer se Briewe Uit Die Argiewe album HIER stroom / aflaai.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos category on Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Bouwer Bosch Stel “Briewe Uit Die Argiewe” Album Vry

    Bouwer Bosch
    Music News 28 Oct 2022
  • “Sambreel”, die Nuwe Bouwer Bosch Enkelsnit is Hier

    Bouwer Bosch - Sambreel
    Music Videos 29 Jul 2022
  • Bouwer Bosch: 10 Interesting Facts You Didn’t Know

    Bouwer Bosch
    Music Facts 5 Nov 2019
  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Bouwer Bosch South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
  • Tuin Artist
    Tuin Breek Vry Met Nuwe Enkelsnit: “Mooiste Monster”
    August 18, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 334
Cape Town 334
Pretoria 303
Johannesburg 288
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.