Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Bouwer Bosch Stel “Briewe Uit Die Argiewe” Album Vry

Bouwer Bosch Stel “Briewe Uit Die Argiewe” Album Vry

Post Summary: Bouwer Bosch het sy derde solo album Briewe Uit Die Argiewe vrygestel, 'n diverse projek geskryf oor drie jaar met talle vervaardigers. Die album bevat samewerkings met kunstenaars soos Almero, Loufi en Henru, en meng pop, dans en ernstiger liedjies. Bouwer deel hoe musiek sy liefde is en hoe hierdie album verhoudings en verandering as hooftemas ondersoek.

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 28, 2022No Comments4 Mins Read Music News 47 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Vandag, Vrydag 28 Oktober 2022 sien die vrystelling van ’n splinternuwe album deur Bouwer Bosch, getiteld Briewe Uit Die Argiewe. Die album kom na die vrystelling van verskeie enkelsnitte vanaf die album, naamlik ‘Soos Ek Doen feat. Abby’, ’Sambreel’ en Bouwer se nuutste enkelsnit – ‘Skemer’.

Briewe Uit Die Argiewe is geskryf oor die laaste 3 jaar, en dis ook die rede vir die titel vir sy derde solo album. Meeste van die liedjies kom uit Bouwer se argiewe, met baie van die liedjies wat vir ander kunstenaars geskryf is, maar nooit gebruik is nie.

Bouwer Bosch

Bouwer Bosch verduidelik hoe Briewe Uit Die Argiewe gebeur het

“Ek het musiek op my rekenaar gevind wat ek in 2019 geskryf het, en gevoel die tyd is nou reg om hierdie stories te vertel.  Ons lewe is ook een groot argief; met fotos en herinneringe van hoe ons groot geword het of net dinge wat ons laasweek gedoen het. Argiewe is deel van ons DNS.”

Die album is vervaardig deur Francois de Klerk, Austin Hlume, Tjaardt van der Walt, Ruan Graaff, Deon Volschenk en Bouwer Bosch self. Bouwer beskryf dit as ’n ongelooflike ervaring om soveel verskillende breine betrokke te hê by jou musiek. Die album is opgeneem by sy studio in Johannesburg.

Bouwer Bosch verduidelik sy doel met die album

“Ek dink daar is ‘n hongerte in my wat ek lanklaas beleef het rondom musiek, en ek wou net weer stories vertel met musiek. My lewe het baie verander toe ek begin TV en film werk doen; ek het musiek afgeskeep omdat daar nie tyd was nie, so ek wou net die laaste 3 jaar se gebeure in my lewe vasvang en dit deel.” 

Bouwer Bosch - Briewe Uit Die Argiewe

Die album bevat ’n verskeidenheid van samewerkings met onder andere sangers soos Almero, Loufi, Henru (’n nuwe kletsruimer van die Kaap) en Abby, en aanhangers kan uitsien na ’n mengsel van pop en dans treffers, sowel as dieper en ernstiger liedjies. Om saam met nuwe kunstenaars te werk, was nog altyd ’n groot liefde vir Bouwer; elke samewerking bring iets anders na die tafel, hy kan by almal iets leer en die resultaat is ’n opwindende album.

Bouwer Bosch beskryf Briewe Uit Die Argiewe as die album met die meeste diversiteit wat hy al gedoen het. Die feit dat die liedjies oor so ’n lang tydperk geskryf is, en dat hy met so baie vervaardigers vir die album gewerk het, verskaf meer diepte in die musiek; die musiek en lirieke het het kans gehad om volwasse te raak binne-in hom voor hy dit met die wêreld deel.

Bouwer Bosch deel nog informasie

“Ek hou maar daarvan om oor verhoudings te skryf. Nie net romanties nie, maar met jou God of geloof of waarin ookal jy glo, vriende, familie en met jouself. Ek dink die hooftema van die album is dat verandering nie net nodig is nie, maar deel is van die lewe.”

NetfloristOfferforge

Om die vrystelling van die album te vier, stel Bouwer ook vandag ’n nuwe musiekvideo vir een van die liedjies op die album vry, naamlik “Hier By My”. Hy wou graag die liedjie deel met die wêreld omdat sy vriend, Ruan Jordaan dit geskryf het. Hy beskryf die liedjie as beslis nie ’n radio treffer nie – maar daar is iets aan die liedjie waarmee mense sal kan identifiseer. Die musiekvideo is deur Bouwer en Nico Welgemoed vervaardig en geskiet in Richmond in die Noord-Kaap in Augustus vanjaar.

Hier is die musiekvideo vir “Hier By My”

YouTube video player

Bouwer Bosch lewer sy 2 sente oor sy album

“Ek is ongelooflik trots op hierdie album. Nie net oor die liedjies nie, maar ook net oor die hele proses. Om musiek te deel is ‘n weerlose oefening en hierdie is ‘n album waar ek beslis ’n ander kant van myself met die luisteraar deel.  Ek dink die album is ’n baie ‘happy’ album en dit reflekteer beslis waar ek myself nou in my lewe vind.”

Jy kan Briewe Uit Die Argiewe HIER aflaai / stroom.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

You might also like

  • Bouwer Bosch Reik “Skemer” Musiekvideo Uit

    Bouwer Bosch - Skemer Skermskoot
    Music Videos 23 Nov 2022

    Bouwer Bosch het die musiekvideo vir sy enkelsnit "Skemer" vrygestel, geskiet in sy woonstraat met energieke dans en saksofoonlyne.

    “Sambreel”, die Nuwe Bouwer Bosch Enkelsnit is Hier

    Bouwer Bosch - Sambreel
    Music Videos 29 Jul 2022

    Bouwer Bosch het sy nuwe enkelsnit "Sambreel" vrygestel. Die liedjie handle oor die betekenisvolle verhoudings wat ons daagliks met vreemdelinge het.

  • Bouwer Bosch: 10 Interesting Facts You Didn’t Know

    Bouwer Bosch
    Music Facts 5 Nov 2019

    Discover 10 fun facts about Bouwer Bosch, from his truck license to his charity work and upcoming TV appearance.

    Lyra K gets vulnerable with new track: “Breathe”

    Lyra K - Breathe
    Music News 8 Aug 2026

    Lyra K releases "Breathe," a vulnerable soft alternative-folk track exploring emotional exhaustion before her album Seasons drops in September.

Join The Wolf Pack

📻 Subscribe To Our Newsletter

Help To Keep Us Going

☕ Support Us

Explore Running Wolf's Rant

🎵 Visit the Music Hub🔥 Check out our Popular Articles📅 Check out Upcoming Events🎤 Check Out The SA Gig Guide
Bouwer Bosch
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
More Articles
  • Undertone
    Undertone Returns With New Track: “Still Not Taking It“
    August 8, 2026
  • Amadé (Brian Chaplin's Solo Project) Unveiled 1
    Amadé (Brian Chaplin’s Solo Project) Unveiled
    August 6, 2026
  • Shabadu Featured
    Shabadu Captures Soul of African Jazz With “Warmly Grounds”
    August 6, 2026
  • Strongboi
    Neo-Psych Duo Strongboi Release New Single
    August 4, 2026
  • Alyssa Grace
    Folk-Pop Phenomena Alyssa Grace Releases Debut EP
    August 4, 2026
  • GoodLuck
    GoodLuck Return With Powerful Release: “Last Deep Breath”
    August 3, 2026
  • Jamie-Lee Sexton - Wild Electric Featured
    New Single “Wild electric” unleashed by Jamie-Lee Sexton
    August 1, 2026
  • Scatterlings - Johnny Clegg Reimagined
    “Scatterlings”: A New Generation Reimagines Johnny Clegg
    August 1, 2026
Categories
Entertainment
3,404 ▼
Music 2,618
Events 245
Interviews 225
Gaming 97
Streaming 91
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
578
Hacks
502
Facts
466 ▼
Music Facts 152
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
334
Opinion
228
General News
137
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
IQ AcademyOfferforge
Popular Topics
South Africa 3,254
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
USA 331
Cape Town 331
Pretoria 303
Johannesburg 285
Festivals 197
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.