Deon Meiring het ’n nuwe enkelsnit, “Soos ‘n Spinnerak” vrygestel. Die enkelsnit is die 5de en laaste enkelsnit vanaf sy nuutste EP, Grensbewoner. Aanhangers kan uitsien na nuwe musiek van Deon teen die einde van 2021.
Meer inligting oor “Soos ‘n Spinnerak”
“Soos ‘n Spinnerak” is reeds ’n paar jaar terug deur Deon geskryf. Dit was een van daai interessante gevalle waar inspirasie hom letterlik getref het. Hy het deur ‘n botaniese tuin in Potchefstroom gestap en toe deur ‘n spinnerak geloop. Selfs nadat mens ‘n spinnerak afgevee het, bly dit by jou. Dit tref hom toe dat dit eintlik baie is hoe dit voel om verlief te wees. Jy probeer die gevoel afskud, maar dit hou nie op nie.

Die enkelsnit is ’n lekker ligte, energieke aanbieding vanaf die EP en eie aan Deon se musiek, nooi dit die luisteraar uit in die lirieke om meer na te dink oor wat ’n spinnerak kan wees en wat dit sê oor verhoudings.
Deon Meiring vertel ons meer oor die liedjie
“Gedeeltelik gaan dit oor die verband tussen liefde en spinnerakke. En aan die ander kant wou ek ook graag ‘n liedjie skryf wat spinnerakke in ‘n goeie lig stel. Ek dink nie dis so algemeen om spinnerakke as positiewe beelde te sien nie en dit was vir my opwindend om dit te probeer verander.”

“Spinnerakke is immers mooi in die oggend as hulle vol dou is en toe ek klein was het ek een keer in ‘n boek gelees dat dit ‘n goeie manier is om ‘n klein snytjie ook te verpleeg. Ek het dit getoets en dit het gewerk.”
Jy kan Deon Meiring se “Soos ‘n Spinnerak” as deel van Grensbewoner HIER stroom / download.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.
Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

