Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Hacks»Diaan Daniels het wenke vir jong ontwerpers

    Diaan Daniels het wenke vir jong ontwerpers

    Henno KrugerBy Henno Kruger Hacks 4 Mins Read27 ViewsApril 11, 2024
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Volgens die bekende Suid-Afrikaanse ontwerper Diaan Daniels, wat al vir meer as 25 jaar sy stempel in die modebedryf afdruk, is daar ’n paar stappe wat jong ontwerpers kan volg om hulself te vestig en ’n suksesvolle loopbaan in die modebedryf te hê.

    NetfloristOfferforge

    Hy waarsku egter, “dit is 99% harde werk, 1% glans, en daar is geen ruimte vir ego’s. Daar is ook geen kortpaaie nie”.

    Diaan Daniels

    Die modebedryf lyk glansryk – dink aan treffende modelle in asemrowende skeppings – en modeontwerp is dikwels ’n gewilde beroepskeuse vir dié wat hul kreatiwiteit met hulle passie vir mode wil saamsmelt. Dié bedryf is egter ook mededinging, met nuwe toetreders wat onseker is oor hoe om hul merk te maak.

    In terme van opleiding en kwalifikasies, meen Daniels dat ’n diploma in modeontwerp dikwels ’n vereiste is, maar dat daar ook ontwerpers sonder formele kwalifikasies is wat ongelooflike werk doen.

    “Dit gaan uiteindelik oor passie en toewyding. Jy kan verseker jouself leer, en ’n goeie mentor kan van onskatbare waarde wees.” sê Diaan “Onthou ook, mode staan nooit stil nie, so selfs al het jy ’n diploma is dit belangrik om aanhoudend nuwe tegnieke en vaardighede aan te leer.”

    Ongeag hul opleiding, sê hy daar is ’n paar eienskappe wat alle ontwerpers in gemeen het.

    “Suksesvolle modeontwerpers het natuurlike kreatiewe intuïsie, is uitstekende probleemoplossers, het dissipline en geduld, en hulle gee nooit op nie. Daar is baie dinge wat jy kan aanleer, maar dié eienskappe moet deel van jou DNS vorm.”

    Uit ’n besigheidsoogpunt verduidelik hy dat modeontwerp, alhoewel kreatief, uiteindelik ’n besigheid is en moet sodanig bedryf word.

    “As daar elemente is waarmee jy nie goed is nie, byvoorbeeld finansies of bemarking, moet jy kenners aanstel wat jou kan ondersteun. Die doel is om op alle fronte jou besigheid professioneel uit te beeld. Verhoudings is ook uiters belangrik – nie net met kliënte nie, maar ook met ander diensverskaffers soos fotograwe en grimeerkunstenaars, die wyer bedryf, en selfs die media. Die opbou van ’n netwerk is noodsaaklik vir sukses.”

    Diaan Daniels se wenke vir aspirant-ontwerpers sluit ook in:

    1. Wees outentiek jouself

    Jy kan – en moet – deur ander geïnspireer word, maar jy moet van die begin af jou unieke stempel op die bedryf afdruk.

    2. Maak die meeste van leergeleenthede

    Wanneer die geleentheid om van meer gevestigde ontwerpers te leer hom voordoen, gryp dit aan. Dit kan jou help om sekere ontwerpelemente baas te raak, maar ook om ander kreatiewe en besigheidsvaardighede aan te leer en sodoende jou doelwitte vinniger te bereik.

    3. Wees bewus van nuwe neigings, maar bly getrou aan jou eie styl

    Weet wat in die modebedryf aangaan, maar onthou dat nie al jou kliënte die nuutste modes kan of wil volg nie. Hou dus nuwe neigings en internasionale modes dop, maar pas dit aan volgens jou eie styl en dit wat jou kliënte wil hê.

    4. Spesialiseer in dit waarvan jy hou

    Die kanse dat jy suksesvol gaan wees is beter as jy iets doen waarvan jy jou. Moet dus nie trourokke ontwerp as jy ’n passie vir mansklere het nie. Wees egter ook realisties oor die aanvraag in die mark.

    5. Weet wat jy werd is

    Wees bewus van wat jou portuur in die bedryf vir hul ontwerpe vra, maar onthou ook dat mense bereid is om vir diens, gehalte, en betroubaarheid te betaal. Mense belê in mense.

    6. Vertoon jou vaardighede

    Wys alle aspekte van jou werk sodat mense kan sien waartoe jy in staat is. Tydlose en klassieke ontwerpe is altyd in aanvraag, maar moenie bang wees om risiko’s te vat en ander opsies te verken nie.

    7. Moenie bang wees vir mislukking nie

    ’n Kernaspek van enige kreatiewe bedryf is ‘leer en probeer’. Moet dus nie bang wees om foute te maak of af en toe te misluk nie – dit is dikwels die beste leerskool.

    8. Goeie gehalte kan bekostigbaar wees

    Dit is moontlik om oorspronklike ontwerpe van goeie gehalte teen bekostigbare pryse te lewer. Maar dit verg tonne navorsing, geduld, en soos voorheen genoem, ‘leer en probeer’.

    Sy finale raad aan jong ontwerpers? “Pas jou naam op – jy het net een.”

    Meer inligting oor Diaan Daniels

    Diaan Daniels is ’n bekende Suid-Afrikaanse ontwerper, besigheidsman en televisiepersoonlikheid. Hy besit Diaan Daniels Couture en sy ontwerpe is al deur talle plaaslike asook internasionale sterre gedra. Hy was ook die aanbieder van die VIA-program Die Bruid-boetiek.

    Diaan, wat in Bloemfontein grootgeword het en tans in Johannesburg woon is sedert 1998 aan die voorfront van die modebedryf en deel graag sy storie as ontwerper en besigheidsman met ander.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Hacks kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Related Articles:

    • ‘n Vinnige Geselsie met Dawie De Jager
    • ‘n Vinnige geselsie met Koos Kombuis
    • Janie Bay Gesels Oor Haar Musiek en Ander Goedjies
    • ‘n Pre Park Acoustics Onderhoud met Fokofpolisiekar

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    NetfloristOfferforge

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Diaan Daniels South Africa Useful Tips
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleCarol Ofori Shares 3 Tips To Make Your Podcast More Engaging
    Next Article Forex Trading: What Beginners Should Know?
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Kategoriëe
    Nog artikels in Afrikaans
    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet 1
    June 20, 2025

    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet

    80 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    96 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    74 Views3 Mins Read
    Koek - Showmax
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    67 Views3 Mins Read
    Ander Artikels
    PURA Soda
    November 18, 2025

    PURA Soda Brings Modern Moderation to the Festive Table

    11 Views3 Mins Read
    TCL and Call of Duty Black Ops 7
    November 17, 2025

    TCL and Call of Duty Unite to Elevate Launch of Black Ops 7

    12 Views4 Mins Read
    Testosterone
    November 15, 2025

    Low Testosterone Signs Men Over 40 Should Notice

    15 Views3 Mins Read
    Discovert Sport Logo
    November 14, 2025

    Discover Sport Foundation Empowers Underserved Athletes

    18 Views3 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Cape Town HOLI ONE Festival 11
    March 6, 2013

    Photo Album: HOLI ONE Colour Festival in Cape Town

    553 Views2 Mins Read
    Photo Album: Blood Brothers @ Carnival City 2
    July 21, 2015

    Photo Album: Blood Brothers @ Carnival City

    51 Views3 Mins Read
    Zurich, European Destinations
    November 19, 2024

    5 Ultimate European Destinations For a Winter Adventure

    97 Views3 Mins Read
    Ronan Keating Featured
    March 8, 2023

    Photo Album: Ronan Keating Live in Pretoria

    122 Views2 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.