Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Artist/Band Interviews » ‘n Pre Park Acoustics Onderhoud met Fokofpolisiekar

‘n Pre Park Acoustics Onderhoud met Fokofpolisiekar

Blitsoorsig: Fokofpolisiekar se opkoms op 21 Mei by Park Acoustics in Pretoria belooft groot goed met The Tazers en The Black Cat Bones op die line-up. Die band werk hard aan hulle eerste vollengde studioalbum in 11 jaar, wat in Oktober 2017 vrygestel word. Hulle suksesvolle crowdfunding veldtog het al oor R700,000 ingesamel in slegs nege dae.

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 9, 2017No Comments4 Mins Read Artist/Band Interviews 90 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Fokofpolisiekar speel die 21ste Mei by Park Acoustics in Pretoria en as jy al by ‘n Pretoria Fokof show was, sal jou gut vir jou sê dat hierdie ‘n moerse jol gaan wees, veral as daar bands soos The Tazers en The Black Cat Bones deel van die dag se line-up is.

Die bende is besig die laaste ruk en werk hard om hulle eerste vol lengte studio album in 11 jaar onafhanklik vry te stel in Oktober 2017. Fokofpolisiekar se nuwe album is defnitief een van die mees anticipated album releases van 2017 en Fokof fans sien heavy uit daarna. Die feit dat hulle crowdfunding veldtog suksesvol is, is ‘n defnitiewe bewys wat nie ge-ignoreer kan word nie.

Ek het bietjie met Jaco “Snakehead” Venter (die drummer van Fokofpolisiekar) gesels oor hulle crowdfunding veldtog, die nuwe album en Park Acoustics. Hier is wat hy te sê gehad het:

Fokofpolisiekar het onlangs ‘n Crowdfunding veldtog geloods waarvoor oor die R700,000 al ingesamel is. Is dit wat julle verwag het en dink julle dat julle die R800,000 merk gaan bereik en Gauteng ‘n gratis show gaan kry?

NetfloristOfferforge

Ons is weggeslaan deur die reaksie tot dusver. Ons het ons gedink ons sal moontlik R500K kan insamel oor die 2 maande tydperk, nie in 9 dae nie! So natuurlik het die idee van oor die merk gaan nooit eers opgekom by ons nie. Hopelik kan ons nog tot by R800K kom en daai show speel. Dis altyd n plesier om vir die mense van Gauteng te speel.

'n Pre Park Acoustics Onderhoud met Fokofpolisiekar 5

Ek’s seker daar is baie mense wat nuuskierig en opgewonde is oor die nuwe album, wat kan fans verwag van hierdie musikale produksie? Kan ons ‘n musikale wending soos ‘n operette verwag?

Haha! Nee, ek dink ons is nog n paar jare weg van opperette af. Ons is self nog nie heeltemal seker wat die dominante klank is op die album is nie. Die demos is nog redelik uiteenlopend. Baie kan nog verander in die volgende maand voor ek moet gaan dromme opneem so vra my miskien weer oor ‘n maand of so. Ek dink ons almal is in konsensus dat daar rock songs op moet wees. Hopelik nie kakkes nie…

Wat is die snaakse ding wat al met julle gebeur het by ‘n Pretoria show?

NetfloristOfferforge

Ons almal het ‘n bietjie geheue verlies opgedoen oor die jare – ons onthou dinge beter as ons almal saam sit en praat daaroor; elke individu onthou iets anders en so kan ons n geheelbeeld skep. Verlede maand het n vriend van ons ge-crowdsurf by ‘n show in pretoria. Hy het eers sy vol glas brandewyn stukkend gegooi op Johnny se pedals en toe gespring en op sy gesig neer gedonner. Nie noodwendig die snaakste ding nie maar ek kan dit op my eie onthou!

Hoe sou jy sê het die musikale landskap verander in Suid-Afrika sedert 2003? (omtrent toe julle dit betree het)

Die bands se standaarde het gelig en daar is minder plekke om te speel as jy ‘n jong band is. Local festivals word ook nou van verwag (al vir ‘n paar jaar) om ‘n internasionale headliner te he. Dis great aan die een kant aangesien dit local bands blootstel aan die internasionale ouens se standaarde en Suid Afrika op die circuit sit maar dit skep ook ‘n indruk dat ‘n musiekfees nie gaan lekker wees as daar nie internationals is nie.

'n Pre Park Acoustics Onderhoud met Fokofpolisiekar 6

Julle het al ‘n paar keer by Park Acoustics gespeel, wat gaan anders wees met julle optrede op die 21ste Mei?

NetfloristOfferforge

Seker maar niks. Vyf middeljarige mans wat die kuns van kopskud, drink en vloek probeer bemeester.

Ek wil van die geleentheid gebruik om vir Snake en Fokofpolisiekar dankie te sê vir hierdie onderhoud. Ek kan nie wag vir hulle show op die 21ste Mei nie. Ek polish my drinking shoes en maak myself reg vir die aerobics voor die stage. As die opgewondheid vir die 21ste Mei se edisie van Park Acoustics nie nou uit jou ore uitloop nie, is daar iets verkeerd met jou.

As jy nog nie kaartjies vir Park Acoustics het nie, koop dit hier of try jou luck in ons kompetisie, ons gee twee kaartjies weg.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music & Interviews kategoriëe op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier

    Bangkinders - Francois Van Coke
    Music Videos 31 Jul 2026
  • Future Radio & Pieter Marcato Release “Punk Rock Saved My Live!”

    Future Radio & Pieter Marcato
    Music Videos 20 Feb 2026
  • The Dirty Skirts Release New Single: “Bleeding Out”

    The Dirty Skirts Featured
    Music Videos 19 Sep 2025
  • Latex Grenade Return with Fiery New Single: “Suffer”

    Latex Grenade - San Diego Band
    Music Videos 29 May 2026

Goeters Om Te Doen

  • Gallo 100: The Sound of a Century – All The Deets

    Gallo Record Company
    Upcoming Events
  • French Montana: Live in South Africa in December 2026

    French Montana
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Fokofpolisiekar Jaco Venter Park Acoustics Punk Rock South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
    July 10, 2026
  • GAZ
    An Interview With GAZ
    April 22, 2026
  • The Fismits Mark Biagio
    An Interview with Mark from The Fismits
    March 30, 2026
  • Anton Edwards Artist
    An Interview with Anton Edwards
    February 23, 2026
  • Michael Ferguson
    An Interview with Michael Ferguson
    December 9, 2025
  • ABFAB
    An Interview with ABFAB
    November 26, 2025
  • Jaakie
    ‘n Onderhoud met Jaakie
    October 11, 2025
  • Dani Villé
    ‘n Onderhoud met Dani Villé
    August 14, 2025
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,356
Rock 623
Useful Tips 570
Afrikaans 530
Cape Town 348
USA 337
Pretoria 307
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 180
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.