Dawie De Jager is een van die kunstenaars wat Sondag by Park Acoustics speel in Pretoria by die Voortrekker Monument. De Jager speel al jare lank musiek in bands soos Die Tuindwergies en Klopjag en oor die laaste paar jaar het hy homself ook as a solo kunstenaar gesementeer.
Ek het onlangs met Dawie De Jager gepraat oor Park Acoustics en so paar ander goedjies. Hier is wat hy te sê gehad het.
As jy aan Park Acoustics dink, wat is die eerste dinge wat in jou kop in pop?
Goeie Tye!!
Waarmee hou jy jouself deesdae mee besig?
Ek het 3 klein kindertjies so ek is meestal besig met hulle. In die aande werk ek aan my musiek vir my album en vir movies se soundtracks.
Wat is die snaakste ding wat al met jou gebeur het tydens ‘n lewendige optrede?
‘n Girl het my met n sak gegooi terwyl ons opgetree het. Eers was ek soos “WTF?”, maar toe ons die sak oopmaak was daar ‘n bra in met haar nommer… Sy het gevoel sy sou nie die bra so ver kon gooi sonder die sak nie.
Wat kan musiek-liefhebbers verwag van jou vertoning by Park Acoustics?
Lekker vol band met nuwe en n paar bekendes tunes vir saam sing. Ek doen ook een song saam met n goeie pêl, jy sal maar Sondag moet kom om uit te vind wie dit gaan wees.
Ek wil vir Dawie De Jager bedank vir hierdie gesprekkie en ek wens hom als van die beste toe met sy vertoning by Sondag se Park Acoustics en sy toekomstige musikale endeavours.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.
🐺 Ondersteun Ons: Koop vir ons 'n koffie boere troos, dit sal ons help om vir jou nog goeie goeters te bring.
📬 Join die Wolf Pack: Teken in op ons nuusbrief om updated te bly.
🔍 Check bietjie ons site uit: Scroll af om verwante artikels en meer te sien. Jy's ook welkom om ons Music, Screen en Knowledge Hubs uit te check. As jy wil sien wat trend, check ons Popular Articles uit.
📐 As jy Afrikaans Is: Check bietjie ons Afrikaanse Hoekie uit.
🕳️ Klim af in die Konyngat: Lees bietjie Random Feite of Kyk 'n Random Musiekvideo.
📅 Kry goeters om te doen: Check ons Upcoming Events of die SA Gig Guide uit.
Nog Artikels Wat Jy Dalk Gemis Het
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.


