Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
  • What’s Coming to Netflix in July 2026?
  • Ancient Egypt: 20 Interesting Facts You Might Not Know
  • VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit
  • 10 Top Award-Winning African Films You Can Stream for Free
  • “Out of Mined” Highlights Need to Protect West Coast
  • Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”
  • Khazimula Finds Hope with New Single: “‘On a Dream”
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Artist/Band Interviews » ‘n Onderhoud met Koos Kombuis

‘n Onderhoud met Koos Kombuis

Potskerf PotgieterBy Potskerf PotgieterJanuary 30, 2018No Comments9 Mins Read Artist/Band Interviews 186 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Koos Kombuis is een van die kunstenaars wat hierdie Sondag by Park Acoustics speel in Pretoria by die Voortrekker Monument. Ek het onlangs ‘n gesprek gehad met hierdie Suid-Afrikaanse musiek legende oor sy nuutste album, Langspad na Lekkersing. Hier is wat hy te sê gehad het.

Hey Koos, ek wil graag afskop om te vra: Wie sien jy deesdae as Alternatief Afrikaans? Is die aternatiewe Afrikaner van vandag anders as die alternatiewe Afrikaner wat ons in die 80’s en 90’s leer ken het? Dink jy hulle fight nog dieselfde fight?

Hierdie hele storie van “Alternatiewe Afrikaners” is ‘n pot snot. Ek was nooit ‘n alternatiewe Afrikaner nie. Die feit dat ons teen apartheid was, maak ons nie marginaal nie. In elk geval was ons protes van die begin af in Afrikaans! Dit was die feit dat mense sulke kak kon uitdink soos om ons as “alternatief” te label dat ek ‘n paar jaar terug besluit het om te bedank uit Afrikanerdom.

'n Onderhoud met Koos Kombuis 7

Toe gesels ek jare later daaroor met Stef Bos, en ek besef wat ‘n stupid besluit dit was! Ek het my bedanking teruggetrek met die boek “Ver in die Wêreld Sushi” en nou is ek weer deel van die volk. Nie alternatief of enigiets weird nie. Maar as ek ‘n Afrikaner is, is ek nou een op my terme, en my opinies is my eie. Ek is ‘n self-respekterende Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner. Dis genoeg.

“Maanlig-aand in Ou Parys”… wat ‘n beautiful song! Vertel vir ons oor jou liefde vir hierdie Vrystaatse dorpie, want dit is oënskynlik dat jy ‘n waardering het vir Parys.

NetfloristOfferforge

Parys is een van vele Suid-Afrikaanse dorpies waarop ek absoluut verlief geraak het tydens my omswerwinge. Ek hou elke nou en dan ‘n konsert daar en dit is elke keer soos ‘n tuiskoms. Die mense van Parys is baie dapper… hulle het hul dorpie omskep in ‘n ware besienswaardigheid en toeriste-mekka, en dit kry hulle reg ten spyte van ‘n semi-disfunksionele munisipaliteit en ten spyte van al die rubbish wat opgaar in die Vaalrivier weens swak dienslewering!

Hulle het somnmer nou begin om self hul strate te teer ook, hulle was moeg gewag dat dit vir hulle gedoen word! Dis die soort gees wat ek graag in Suid-Afrika wil sien. Parys is vir my ‘n simbool van hoop, van nasiebou en van vriendelikheid.

“Pa en Ma Blues” is ‘n swaar song. Albert Frost se kitaar is next level. En daai klavier! Ramon Alexander is genius! Wat was die inspirasie vir hierdie donker song?

Soos baie Afrikaanse jongmense het ek as kind ‘n geweldige kommunikasiegaping gehad met my eie ouers. Ek het groot geword in die era van “kinders moet gesien en nie gehoor word nie”. Dit was vir my ouers onverstaanbaar dat ek na rock ‘n roll wou luister en al die normale dinge wou doen wat tieners wil doen.

Dit het gely tot vreeslike misverstande. Dit het my jare gevat om hulle te vergewe en om te begryp dat hulle, binne die konteks van wat hulle geglo het, seker maar net gedoen het wat hulle werklik geglo het is die regte ding. Dis amper ongelooflik om te dink dat apartheid vir hulle cool was! Maar nou ja, daai tye is gelukkig verby. Die “Pa en Ma Blues” is ‘n herinnering van hoe eensaam en geïsoleerd ek in my eie gesin gevoel het toe ek klein was.

Die Engelse songs wat op die album is, het ‘n sterk verligtingsboodskap, tema en lirieke. Dis asof jy ‘n plateau bereik het in jou lewe waar jy dinge effe anders sien – meer positief sielsgewys. Vertel ons meer.

Dis waar, ek het ‘n plateau bereik die laaste paar jaar. Dit het alles te doen met ‘n katarsis wat ek een nag gehad het in Bronkhorstspruit (vir meer inligting hieroor, lees gerus my aanlyn-selfhelp-boek “The Bronkhorstspruit Book of the Dead”.

Hierdie boek is in Engels geskryf, en so ook die “geestelike” liedjies op my nuutste album, miskien omdat ek, wanneer oor geestelike dinge skryf, ek graag wil wegkom van die Afrikaanse “dominee-stem” wat ek hoor in my agterkop wanneer ek oor geestelike dinge dink.

'n Onderhoud met Koos Kombuis 8
Foto deur Fred Van Leeuwen

Anna Davel in “Tuisbly-Kitaar”: stunning! Hoe het jy haar losgeslaan vir jou album?

Ek en Anna Davel is baie ou vriende van baie lank gelede. Sy het my self gekontak om aan die album “Langpad na Lekkersing” deel te neem. Een nag toe sy aan insomnia gely het, het sy voor die klavier gaan sit en die toonsetting van “Tuisbly-Kitaar” het uit-ge”pop”!

Sy het dit aan my gestuur, ek het dit geforward aan Schalk Joubert, my producer, en ons het besluit sy moet dit sommer self kom sing ook by ons in die studio. Ek dink daai liedjie is ‘n wonderwork in die kleine.

'n Onderhoud met Koos Kombuis 9

Vir wie het jy “Langpad na Lekkersing” geskryf? Dis ‘n love song of note! Is dit slegs vir ons land geskryf? Ons like die tradisionele klanke van Afrika, maar voel diè song kan maklik deurglip as ‘n liefdesliedjie vir ‘n vrou.

Dis interessant dat jy noem die titelsnit van die album, “Langpad na Lekkersing”, klink vir jou soos ‘n liefdesliedjie, want in ‘n sin is dit. Nie ‘n liefdesliedjie vir ‘n vrou nie, nee, maar wel vir Suid-Afrika, en in ‘n sin ook vir myself.

‘n Reël soos “jy’s die skrywer van my lewe” dui vir my op self-kennis, die soort self-kennis wat mens leer besit deur jou liefde vir ‘n plek en ook deur meelewing met vriende. Die verwysing na die dorpie “Lekkersing” is byvoorbeeld gehaal uit die werk van David Kramer, wie nog altyd een van my groot Suid-Afrikaanse rolmodelle was.

O, en terloops, jy noem Ramon Alexander, ja, sy klavierwerk is kookwater, nie net op hierdie song nie maar orals in die album.

Wag hier tot die son opkom: Hierdie is ‘n song van hoop. “Ons wag hier tot die son op kom oor Afrika”. Wat is jou huidige gedagtes oor Suid-Afrika? Het jy enige iets positief om te deel met ons?

Dit is dalk my gunsteling-liedjie op die album, nie omdat dit tegnies die beste komposisie is nie, maar omdat dit nou begin lyk asof die hoop op ‘n beter toekoms in Suid-Afrika nie beskaam gaan word nie. Vir te lank was alles hier net kak en hare en gemors. Ek hoop dat liedjies soos hierdie ons almal kan inspireer om te glo in ons land en in ons kontinent. Wat ‘n wonderlike rol kan musiek nie speel in nasiebou nie!

Vanoggend, terwyl ek besig was om hierdie antwoorde op jou vrae te tik, kry ek ‘n epos uit Amerika van ‘n “exile”-vriend uit die Struggle wie se ouers in die Rivonia-saak was. Hy stuur vir my ‘n “link” na die liedjie “Mannenberg”, en hy skryf: “André, I really miis South Africa now, I want to come home!” Sulke boodskappe laat my voel dat die son inderdaad besig is om eindelik op te kom oor Suid-Afrika.

Wat het jou laat besluit om die “Fokkol Song” aan die einde van die album aan te heg? In tradisionele Koos-styl het ons die swets en parodie, en ons love dit. Dit voel asof jy die nuwe album wou verbind met jou ou stuff. En dit werk! Vertel ons meer.

‘n Paar jaar gelede het ek die eerste weergawe van die liedjie wat later sou bekend raak as “Die Fokkol Song” ingesluit as die eerste track op my protes-album “Bloedrivier”. Die liedjie se naam was oorspronklik “Welkom in Suid-Afrika”, en in daai liedjie het ek sommer net gal afgegaan oor waste kak plek Suid-Afrika toe was.

Ek het die idee vir die liedjie gekry toe die krag afgegaan in die middel van ‘n moerse belangrike operasie aan my tande, net nadat ek doodgespuit is. Ek het die hele liedjie geskryf in die paar ure wat ons gewag het vir die krag om weer aan te gaan.

Ek het nou daardie liedjie ge”revisit” en noem dit die “Trots Suid-Afrikaanse Fokkol Song”, want dit gaan nie meer oor al die horrible goed wat gebeur in Suid-Afrika nie, maar oor al die horrible goed wat gebeur in ander lande.

Jou liefde vir Suid-Afrika, ten spyte van die teenspoed, skyn deur in jou nuwe album. Het jy al oorweeg om oorsee te gaan bly? Waarheen dink jy is ons oppad?

Die enigste ander land waar ek nog oorweeg het om my te vestig, was Namibië. Maar toe gooi die paspoort-mense my so wragtig in die tronk! Nou weet ek nie so lekker nie. Daar is plekke ewaarvan ek baie hou en waar ons al heerlik vakansie gehou het, soos Istanbul en Londen en Amsterdam, en ek is baie lus om Griekeland te besoek want ‘n pel van my het ‘n restaurant daar oopgemaak. Maar ek kan myself nie werklik sien woon of permanent huis opsit in een van daai plekke nie. Ek smaak Suid-Afrika net te vreeslik baie.

'n Onderhoud met Koos Kombuis 10

David Kramer het saamgewerk aan hierdie album. Vertel ons van ‘n onvergete oomblik tussen twee ou Suid-Afrikaanse musikante wat julle nie gou sal vergeet nie, terwyl julle aan hierdie album gewerk het.

Dit was tot ‘n groot mate David Kramer se musiek wat my geïnspireer het om “Langpad na Lekkersing” op te neem. Dis was nie ‘n maklike proses nie, soos jy weet het ek skarebefondsing gebruik om dit reg te kry. Op ‘n stadium het ek vir David vertel hoe hy my indirek aangespoor het, en toe wil ek hom nooi vir ‘n “photo op” in die studio. Tot my groot verbasing raak hy toe sommer deel van die projek, deur saam te skryf, te komponeer en sommer te sing ook!

Ek en David was al lankal oud-kollega’s as gevolg van ons gedeelde vriendskappe met Taliep Petersen en Stef Bos, maar ons het in die loop van hierdie opname mekaar beter leer ken, en hope pret gehad! Vir ‘n outoppie het hy nog sommer baie lewe in hom! Sy nuwe solo-album “Wakkerslaap” is ‘n “killer”! Hy het ook vir my ‘n paar trieks op die kitaar gewys wat ek nou nog sukkel om reg te kry, maar ek probeer darem! (Sorry, David, maar ek besef ek sal nooit so ‘n shit-hot kitaarspeler soos jy kan wees nie…).

Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om vir Koos Kombuis te bedank vir hierdie onderhoud en ek wens hom als van die beste toe met sy vertoning by Park Acoustics Sondag en sy toekomstige musikale endeavors.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Koos Kombuis
    Koos Kombuis en Schalk Bezuidenhout Chat Met Mekaar
  • koos-kombuis-in-1996
    ‘n Vinnige geselsie met Koos Kombuis
  • Fokofpolisiekar @ Park Acoustics
    ‘n Pre Park Acoustics Onderhoud met Fokofpolisiekar
  • Straatligkinders
    Straatligkinders: ‘n Onderhoud met Bouwer voor Park Acoustics

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

NetfloristOfferforge
Afrikaans Park Acoustics South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Potskerf Potgieter

Writer. Poet. Musician. Wordsmith.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • GAZ
    An Interview With GAZ
    April 22, 2026
  • The Fismits Mark Biagio
    An Interview with Mark from The Fismits
    March 30, 2026
  • Anton Edwards Artist
    An Interview with Anton Edwards
    February 23, 2026
  • ParkLive Jozi 2026 - TEEKS
    Parklive Jozi: 30 August 2026
    June 5, 2026
  • That Winter Fest
    That Winter Fest: 11 July 2026
    May 29, 2026
  • Kehlani
    Kehlani South African Tour: December 2026
    June 16, 2026
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release "Angel" Video 11
    Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
    July 9, 2026
  • Netflix Logo
    What’s Coming to Netflix in July 2026?
    July 6, 2026
  • Ancient Egypt
    Ancient Egypt: 20 Interesting Facts You Might Not Know
    July 6, 2026
NetfloristOfferforge
Popular Articles
Muse Band

Muse Releases Immersive New Album: “The Wow! Signal”

July 1, 202631 Views
Millennium Band

Millennium Laat Die Wiele Rol Met “Gly Mamma Gly”

July 1, 202630 Views
Christiaan Baartman

Christiaan Baartman Reik “Weskus Wals” Uit

June 29, 202629 Views
Charlie Harris

Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”

July 3, 202627 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,364 ▼
Music 2,589
Events 242
Interviews 223
Gaming 96
Streaming 88
Humor 48
Movies 33
Television 25
Advertising 20
Featured
582
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.