Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Celebrity Interviews » Koos Kombuis en Schalk Bezuidenhout Chat Met Mekaar

Koos Kombuis en Schalk Bezuidenhout Chat Met Mekaar

Blitsoorsig: Koos Kombuis en Schalk Bezuidenhout het 'n kletsie oor alles van braai tot rugby, stokkiesdraai tot mode. Die twee sal optreed by Liefde By Die Dam 2018 by Emmerentia Dam in Johannesburg op 5 Augustus 2018, waar Koos musiek maak en Schalk MC sal wees.

Henno KrugerBy Henno KrugerJuly 11, 2018No Comments6 Mins Read Celebrity Interviews 86 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Koos Kombuis en Schalk Bezuidenhout chat oor lewenslesse, rugby, braai en stokkiesdraai. Hulle altwee kan by Liefde By Die Dam 2018 (wat by Emmerentia Dam in Johannesburg gebeur op die 5de Augustus 2018) gesien word…

Koos Kombuis gaan musiek maak en Schalk Bezuidenhout gaan die MC wees. Ek hoop julle geniet hierdie chat…

Schalk Bezuidenhout: Wat sal Afrikaanse mense wees sonder braai?

Koos Kombuis: Nie net Afrikaanse mense nie, maar almal sal slegter af wees sonder braai. Ons skuld dit aan die planeet om so veel as moontlik te braai, want skape vreet al die groen bossies en goed wat fotosintese doen, en beeste se poepe vernietig die osoonlaag. Dis ons plig om die hele wereld te leer braai.

Koos Kombuis

Schalk Bezuidenhout: Wat is die belangrikste lewensles wat Donald Trump nog moet leer?

IQ AcademyOfferforge

Koos Kombuis: Hy het reeds sy belangrikste les geleer. Sy haarstyl lyk deesdae beter. Ek dink nie mens moet dit te veel push nie. Ken hy sy tafels? Nee wag, los liewer. 

Schalk Bezuidenhout: Is jy ‘n kranige rugbyondersteuner?

Koos Kombuis: In alle erns, ja. Die probleem is, die beste rugbywedstryde gebeur oor naweke, en naweke is gewoonlik my gunsteling tyd om op lughawens of in vliegtuie rond te hang. Noodgedwonge mis ek baie games, en rugby is die een ding wat mens nie kan tape om later te kyk nie. 

Schalk Bezuidenhout: Volg jy ook die sokkerwêreldbeker? Wie dink jy gaan hom vat hierdie jaar? En wie dink jy moet/moes hom vat?

NetfloristOfferforge

Koos Kombuis: Sokker is vir my ‘n klein bietjie interessanter as krieket en krieket is omtrent so opwindend soos skaak. Ek het in 2010 laas gereeld sokker gekyk, want toe was dit my patriotiese plig! Maar enige game waarin jy nie jou hande mag gebruik nie is basies sinloos. 

Schalk Bezuidenhout: Ek het nou jou vrae gekry voor jy my vrae gerky het. Jy het gevra of ek dink safaripakke met kortbroeke en dik sokkies ooit ‘n comeback sal maak. Kan ek dieselfde vra oor jou bandannas?

Koos Kombuis: Bandanas sal altyd in die mode bly, en ek sal altyd bandanas dra. Hoe anders hou ek die hare uit my oë uit? 

Schalk Bezuidenhout: Hoe lank sal dit my vat om goed te raak met kitaar?

Koos Kombuis: Ek weet nie. Ek probeer al jare lank en het opgegee.

Schalk Bezuidenhout: Wat jou gunsteling Afrikaanse pop liedjie?

Koos Kombuis: “Wi-Fi” deur Katinka die Kat.

Schalk Bezuidenhout: Dink jy met die rigting waarin die wêreld tans beweeg dat dit dalk tyd is vir nog ‘n Voëlvry-beweging?

Koos Kombuis: Sorry, ek probeer Voëlvry vergeet…

Schalk Bezuidenhout: Hou jy van Cyril?

Koos Kombuis: Ek vertrou hom, want hy was nie deel van Voëlvry nie.

Schalk Bezuidenhout: Wat moet ek doen om ook deur Beyerskloof gesponsor te word?

Koos Kombuis: Jy moet jou baie mooi aantrek in jou beste truitjie en gaan kuier by Oom Beyers op die plaas. 

Koos Kombuis: Schalk, het jy rugby gespeel op skool?

Schalk Bezuidenhout: Ek het in standerd 5 bietjie gespeel as die 3de span reserwe. Daar was net 3 spanne. So ek was letterlik die kakste span se kakste speler. In hoërskool het ek weer bietjie gespeel. Weer vir die swakste span. Eenkeer toe ons teen Monument in Krugersdorp gespeel het kon ek reg voor die game glad nie my span vind nie. Op die ou einde was hulle almal agter die telbord besig om te rook.

Koos Kombuis: Het jy stokkies gedraai op skool?

Schalk Bezuidenhout: Ek was baie soet op skool en heeltemal te bang om sulke goed aan te vang. Ek het die odd sigaret gerook en bier gedrink by die huispartytjies, maar dit was maar dit. My pa was ook die adjunkhoof by die skool, so al wat enige juffrou of meneer sou moes doen is net vir my pa vra waar ek is. So leuens soos: “Hey Theo, sê net vir juffrou Slabbert ek is siek by die huis” sou nie werk nie.

Schalk Bezuidenhout

Koos Kombuis: Wat is die belangrikste lewensles wat jy al geleer het?

Schalk Bezuidenhout: Kyk, dink en druk ‘n drie.

Koos Kombuis: Was jy al in New Jersey?

Schalk Bezuidenhout: Het jy al gesien wat ek dra? Geen van my jerseys is new nie. Ek pas dieselfde reël toe wanneer ek reis.

Koos Kombuis: As jy ooit gekies word as rugby-afrigter van die Springbokspan, sal jy ook goed sê soos “komaan, boys”?

Schalk Bezuidenhout: Ek is so clueless as dit kom by rugby dat ek eerder iets sal sê soos: “help my, boys.”

Koos Kombuis: As Prof. Giliomee ooit die geskiedenis van Die Afrikaner moet herskryf om jou te akkommodeer, dink jy hy sal ‘n nuwe kategorie moet skep om jou in te plaas?

Schalk Bezuidenhout: Nee wat. Slot my sommer enige plek in tussen die Groot Trek en Anglo Boere-oorlog.

Koos Kombuis: Ek probeer nou al ‘n paar jaar om Crocs-skoene fashionable te maak vir trendy mense, maar sonder sukses. Crocs SA wil my nie eens borg nie! Wat dink jy is jou kanse om sulke aaklige truitjies soos wat jy dra ooit cool te maak?

Schalk Bezuidenhout: Die verskil is, ek wil nie hê dit moet cool raak nie. Wanneer ek in ‘n plek instap en iemand dra dieselfde klere as ek kry ek ‘n kramp in my hol. My truitjies moet juis so uncool as moontlik bly.

Koos Kombuis: Gepraat van uncool klere, dink jy safaripakke met kortbroeke en dik sokkies sal ooit ‘n comeback maak? Dink jy so ‘n styl sal jou pas?

Schalk Bezuidenhout: Ek het in 2017 die Bieliemieliefees in Reitz ge-MC. Ek het nuus vir jou: dit het reeds ‘n comeback gemaak.

Koos Kombuis: Hoe voel jy oor die gerugte dat jy van ‘n ander planeet is?

Schalk Bezuidenhout: Lekker en hartseer op dieselfde tyd.

Koos Kombuis: Wat doen jy in jou vrye tyd behalwe brei?

Schalk Bezuidenhout: In my vrye tyd beantwoord  ek vrae op email.

Ek wil vir beide Koos Kombuis en Schalk Bezuidenhout dankie sê vir hierdie chat. As julle hulle altwee wil sien, maak seker jy kry jou Liefde By Die Dam 2018 kaartjies voordat hulle uitverkoop.

Wees op die uitkyk vir opdaterings in the Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Liefde by die Dam 2026: Alles Wat Jy Moet Weet

    Liefde By Die Dam 2026
    Upcoming Events 28 Jul 2026

    Liefde by the Dam vier sy tiende-jaar in 2026 met twee groot feeste. Die Emmarentia Dam-konsert op 1 Augustus en 'n Kaapse fees in November bied wêreldklas musiek en atmosfeer.

    Liefde by die Dam 10de Verjaardag Edisie: ‘n Wêreldklas Fees

    Fokofpolisiekar @ Liefde By Die Dam
    Recaps 22 Apr 2026

    Liefde by die Dam het sy 10de verjaardag in styl gevier met ongeveer 15 000 feesgangers en top Suid-Afrikaanse kunstenaars op Saterdag, 18 April.

  • Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    Music News 5 Aug 2025

    Liefde by die Dam trek 15 000 feesgangers na Emmarentia Dam met 'n lyn-up van topkunstenaars en 'n liefde-tema vol geskiedenis en gees.

    Folk-Pop Phenomena Alyssa Grace Releases Debut EP

    Alyssa Grace
    Music News 4 Aug 2026

    Alyssa Grace debuts her EP Spilling My Guts, a raw seven-track collection featuring her Billboard Hot 100 hit Bloodstream and exploring themes of love and self-growth.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Folk Koos Kombuis Liefde By Die Dam Schalk Bezuidehoud Singer-Songwriter South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

IQ AcademyOfferforge
Nog Artikels
  • Die Kantoor
    ‘n Onderhoud met Albert Pretorius (Flip in Die Kantoor)
    January 12, 2026
  • Elizabeth Moss
    Elisabeth Moss Shares Her Views on The Handmaid’s Tale Season 6
    April 24, 2025
  • Sandra Prinsloo - Koek - Showmax
    Nel sê “Koek”-tipe storie is nog nooit Afrikaans vertel nie
    April 30, 2024
  • Seth Macfarlane
    An Interview With Seth MacFarlane About The Ted Series
    February 13, 2024
  • Melissa Myburgh - Trompoppie
    Trompoppie op Showmax: Melissa Myburgh Gesels Met Ons
    November 28, 2023
  • Boetie Boer
    Boetie Boer Director Shares Thoughts On Meeting Killer
    October 18, 2023
  • Spinners - Cantona James
    ‘n Onderhoud met Cantona James (Ethan in Spinners)
    October 11, 2023
  • Stella Murders - Showmax - David Enright
    David Enright Tells Us More About “Stella Murders”
    March 22, 2023
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,252
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
Cape Town 332
USA 331
Pretoria 303
Johannesburg 285
Festivals 196
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.