Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Artist/Band Interviews » ‘n Onderhoud met Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties

‘n Onderhoud met Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties

Blitsoorsig: Die Heuwels Fantasties maak aankondiging van hulle opkoms by Park Acoustics in Pretoria op 29 Julie 2018. In hierdie onderhoud met hoofsanger Pierre Greeff, praat hy oor hulle nuwe EP en samewerking met Francois van Coke, hoe die musiekbedryf in Suid-Afrika verander het, en wat fans kan verwag by die live show.

Henno KrugerBy Henno KrugerJuly 20, 2018No Comments3 Mins Read Artist/Band Interviews 1,256 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die Heuwels Fantasties speel die 29ste Julie 2018 by Park Acoustics in Pretoria. Ek het onlangs met Pierre Greeff (die groep se hoofsanger) via e-pos gesels oor hierdie opwindende eendag fees in die 012 en so paar ander goedjies. Hier is wat hy te sê gehad het…

Julle het onlangs ‘n liedjie saam met Francois van Coke opgeneem (“Ek Lewe, Ek Belowe”) – Vertel ons bietjie oor die proses en gee ons so bietjie inside info.

“Ons het die hele nuwe EP by die ateljee wat ek, Fred en Hunter saam begin het record checkit uit by www.thenothing.club, dis basies ‘n klubhuis vir vibes! Dis ons derde colab saam met Frannie oor die laaste tien jaar en hierdie ene is defnitief die mees energiek… Dit liedjie was ‘n ou idee wat op sy laaste album moes kom, maar nooit voltooi is nie, ons het baie daarvan gehou en gesê kom ons maak dit ‘n colab flip dit bietjie en siedaar. Dit laat my baie lekker voel en terug verlang na die musiek wat ons op hoerskool geluister het.

Pierre Greeff en Die Heuwels Fantasties

Hoe sou Pierre Greeff sê het die musiekbedryf verander in Suid-Afrika sedert julle dit binnegetree het in die laat 2000s?

“Meer mense het nou toegang tot die internet en alhoewel ons , ons eerste liedjie ooit gratis vrygestel het op loadtheshow.co.za (wie onthou nog hom?) in die tyd wat MySpace en Napster huge was en Facebook, WhatsApp en Instagram nog nie bestaan het nie….voel dit nou meer as ooit of ons hunker terug na die “tactile” – dis opwindend en die toekoms voel interessant om die minste te sê.”

Wat is julle gunstelling liedjie om te speel as julle ‘n live show doen en hoekom?

“Ek dink “Klein Tambotieboom” is spesiaal omdat dit so eenvoudig is maar tog nie. Daardie liedjie het ons gehoor defnitief hulle eie gemaak en die stories is merkwaardig.”

NetfloristOfferforge

Wat kan ons van Die Heuwels Fantasties verwag in die res van 2018?

“Wie weet mens? Met ons wat nou ons eie ateljee tot ons beskikking het is enigeiets moontlik….Ons is self nooit regtig seker wat ons gaan doen voor ons net wegspring nie.”

Wat kans musiek-liefhebbers van Pierre Greeff en Die Heuwels Fantasties verwag by Park Acoustics op die 29ste Julie 2018?

“Ons het onlangs ‘Alles Van Die Beste’ (‘n versameling CD/DVD combo) uitgebring om tien jaar, 5 albums en 34 musiekvideos te vier. Jy kan ietsie van als verwag! Dis altyd ‘n fees in die fort.”

Ek wil hierdie geleentheid gebruik om vir Pierre Greeff en Die Heuwels Fantasties dankie te sê vir hierdie onderhoud. As jy nog nie kaartjies het vir die volgende Park Acoustics wat op die 29ste Julie gebeur by Fort Schanskop in Pretoria nie, klik hier om kaartjies te koop.

Wees op die uitkyk vir opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets

    Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets 1
    Upcoming Events 14 Sep 2026
  • Dave Koz January 2027 South African Tour: All The Deets

    Dave Koz
    Upcoming Events 5 Sep 2026
  • Riverdance 30 – The New Generation: April 2027 SA Tour Deets

    Riverdance 30 - The New Generation: April 2027 SA Tour Deets 2
    Upcoming Events 5 Aug 2026
  • Kehlani South African Tour: December 2026

    Kehlani
    Upcoming Events 16 Jun 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Cape Town Die Heuwels Fantasties Park Acoustics Pierre Greeff Pretoria South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
    July 10, 2026
  • GAZ
    An Interview With GAZ
    April 22, 2026
  • The Fismits Mark Biagio
    An Interview with Mark from The Fismits
    March 30, 2026
  • Anton Edwards Artist
    An Interview with Anton Edwards
    February 23, 2026
  • Michael Ferguson
    An Interview with Michael Ferguson
    December 9, 2025
  • ABFAB
    An Interview with ABFAB
    November 26, 2025
  • Jaakie
    ‘n Onderhoud met Jaakie
    October 11, 2025
  • Dani Villé
    ‘n Onderhoud met Dani Villé
    August 14, 2025
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,313
Rock 616
Useful Tips 564
Afrikaans 524
Cape Town 339
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.