Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Dodo Nyoka sluit 2024 af met ‘Meisie’

Dodo Nyoka sluit 2024 af met ‘Meisie’

Blitsoorsig: Dodo Nyoka het 2024 as veelsydige kunstenaar afgesluit met sy nuwe kuierliedjie "Meisie". Die pop-Afrikaanse liedjie, geskryf as respons op 'n TikTok-versoek van 'n aanhanger, vier die gees van vakansietye saam met vriende en familie. Die liedjie kom met 'n musiekvideo wat by The Grove-winkelsentrum in Pretoria verfilm is.

Henno KrugerBy Henno KrugerDecember 18, 2024No Comments3 Mins Read Music Videos 97 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

2024 was ’n onvergeetlike jaar vir Dodo Nyoka, wat homself stewig as een van Suid-Afrika se mees veelsydige kunstenaars gevestig het. Dié jaar het vir vele hoogtepunte gesorg, waaronder die vrystelling van sy diep persoonlike liedjie “As Ek Opstaan”, geskryf vir sy toekomstige vrou.

Kort daarna het hy sy veelsydigheid bewys met sy eerste Engelse snit, “Dancin’ In The Stars”, en het hy aanhangers verras met die duet “Ek Verstaan”, saam met sy mentor van Die Kontrak, Karlien van Jaarsveld.

Dodo Nyoka - Meisie

Nou, aan die einde van hierdie suksesvolle jaar, bring Dodo Nyoka vir sy aanhangers ’n splinternuwe kuierliedjie met die titel “Meisie”. Hierdie lekkerluister-pop-Afrikaanse liedjie vier die gees van vakansietye saam met vriende en familie.

Meer inligting oor Dodo Nyoka se nuutse treffer

Die liedjie is geskryf as reaksie op ’n versoek van een van Dodo Nyoka se aanhangers op TikTok. “Een van my aanhangers het my gevra in die comments om ’n kuierliedjie soos ‘Country Girl van Bloem’ te skryf vir Desember, toe doen ek dit,” vertel Dodo.

NetfloristOfferforge

Hy voeg by: “Ek dink dit is ’n goeie liedjie vir die somerseisoen. Ek probeer altyd om na my aanhangers te luister met die liedjies wat ek uitreik, en dit is presies wat ek gedoen het met hierdie liedjie. Ek is altyd oop vir goeie raad van enigiemand af.”

Met “Meisie” hoop Dodo om mense bymekaar te bring. “Ek wil hê my musiek moet mense gelukkig maak in ’n wereld vol bakleiery. My droom is om mense te laat voel asof hulle my al ontmoet het deur my musiek. Ek dink mense gaan van hierdie liedjie hou, want dit is anders en vars.”

“Meisie” se vrystelling sluit ook ’n musiekvideo in, met Eric T Graham en Tehan Buys van ETC Creative in die regisseurstoel. Die video, wat by The Grove-winkelsentrum in Pretoria verfilm is, vang die nostalgiese gevoel van ’n ou-skool afspraak vas.

“Ons wou die musiekvideo so natuurlik as moontlik hou, so hierdie keer het ons net pret gehad op stel,” verduidelik Dodo.

NetfloristOfferforge

Een van Dodo Nyoka se persoonlike hoogtepunte van die jaar was sy optrede saam met Francois van Coke by Afrikaans is Groot. “Dit was ’n droom wat waar geword het om op daardie verhoog te staan,” sê hy.

Met “Meisie”, ’n liedjie wat die vrolikheid van Desember en goeie tye vier, sluit Dodo Nyoka 2024 met flair af. Sy unieke vermoë om ’n boodskap van samehorigheid en geluk deur sy musiek te dra, stel hom beslis in staat om hoër hoogtes te bereik in 2025.

Kyk die video vir “Meisie” hier onder:

YouTube video player

Jy kan die liedjie HIER stroom / aflaai.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”

    Ama Top Dawgz
    Music Videos 14 Sep 2026
  • Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”

    Keep Guessing Charlie Band
    Music Videos 11 Sep 2026
  • Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”

    Donkerbaai
    Music Videos 11 Sep 2026
  • Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”

    Winter Hotel - Koffiewinkel
    Music Videos 6 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.