Die Fokof Sweet 16 Partytjie het die naweek gebeur in Pretoria. Fokofpolisiekar se 16de verjaardag viering was warm en legendaries. Dit was definitief een vir die boeke gewees.
Hier is my ervaring van Fokof Sweet 16
Die opening acts het my glad nie teleurgestel nie. Hellcats was aan die brand gewees. Hulle het gewys hoekom hulle een van die must see bands is in 2019. Daar is ‘n rede hoekom hulle in die laaste 2 jaar vir Incubus, DZ Deathrays, Seether en The Cure ge-open het.
Fuzigish het gewys hoekom hulle nog steeds een van die best live acts in Suid-Afrika is. Die punk outfit speel vir al vir meer as 20 jaar shows en het die mense lekker opgewarm vir die main event. Francois Van Coke was op die verhoog toe hulle “Crazy Friends” gespeel het. Dit was rêrig spesiaal gewees.
3 uur die middag was Fokofpolisiekar was op die verhoog gewees. Hulle het een van die beste vertonings gelewer wat ek in die laaste paar jaar gesien het. Die skare het kliphard die liedjies (wat deel van hulle lewens sedert 2003) saamgesing vir meeste van hulle set (wat meer as 2 ure lank was).
Die energie was fantasties gewees. Francois Van Coke het op die crowd gesurf op ‘n klein rubber bootjie. Hy het so paar keer geval, maar die mense het hom elke keer opgehelp.
Dit was lekker om songs te hoor wat ek baie lanklaas gehoor by Fokofpolisiekar se shows. Hulle het “Wintersdag By Die Seer” gespeel (wat op die Monoloog In Stereo EP is). Ek dink die laaste keer wat ek dit gehoor het was by Oppikoppi in 2005 (toe ek hulle die 2de keer live gesien het).
Ek wil die geleentheid gebruik vir Hellcats, Fuzigish en Fokofpolisiekar dankie te sê vir die musiek. Dankie dat julle rock ‘n roll lewendig hou in Suid-Afrika. Kudos vir al die mense wat daar was. Julle het bewys dat Pretoria harder kan rock as enige ander stad in Suid-Afrika.
Spesiale dank aan Louise Crouse, RAM en almal wat betrokke was om Fokof Sweet 16 te reël. Dit was lekker om dit ervaar en dit af te neem. En laastens, dankie vir Jonathan van Dizzy Khaki wat sy 7D body vir my geleen het vir die dag. Jy rock!
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Photography kategorie op Running Wolf’s Rant.
Like what you just read? Join The Wolf Pack! Subscribe To Our Newsletter.
Explore our website, check out our Featured Articles or scroll down to see the articles that are related to this article below. We've been around since 2008, so there's plenty of content.
If you're in South Africa and looking for something to do, check out The SA Gig Guide (on our sister site SA Music Zone).
If getting more knowledge is part of your DNA - Check out the latest posts on Interesting Facts.