Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
  • New Oasis Documentary Trailer Released
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
  • Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Featured » Foto Album: Francois Van Coke by Park Acoustics

Foto Album: Francois Van Coke by Park Acoustics

Henno KrugerBy Henno KrugerFebruary 8, 2017No Comments4 Mins Read Featured 78 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Sondag die 5de Februarie 2017 was ‘n goeie dag vir Suid-Afrikaanse Musiek. Die eerste edisie van Park Acoustics het plaasgevind by Fort Schanskop in die Voortrekker Monument Natuur Reservaat in Pretoria en dit was baie pret gewees.

Hier is my ervaring van hierdie edisie van Park Acoustics

Ons Uber het ons al half tien afgelaai voor die ingangshek en dit het nie my lank gevat om my eerste biertjie van die dag te geniet nie. Ons was op die eerste bus na die Fort toe en voor dat ons kon sê “Bliksem” het ons ‘n royal spot gescore onder die “groot boom” (mense wat al baie Park Acoustics was mag dalk admirasie vir hierdie effort hê).

Die eerste band op die line-up vir die dag was Gunshot Blue en ek moet sê dat die manne ons nogals entertain het. Meyrand Roux (wat ook vir The Oh So Serious speel) was absoluut briljant op die mond-fluitjie en gekombineer met hulle amazing en unique Blues sound was dit baie salig op die oordromme. Ons was by ‘n ope lug venue, maar dit het gevoel asof iewers in ‘n Blues Bar na ‘n band luister.

Gunshot Blue @ Park Acoustics

Gunshot Blue @ Park Acoustics

Strait-Jackal was volgende op die stage en dit het nie my lank gevat om my inner Rage Against The Machine / Red Hot Chili Peppers fan te channel nie. Die ouens is rêrig goed en ek kan nie glo dat dit my so lank gevat het om hulle live te beleef nie. Lyk my daar is meer as net straatligte wat aangaan in Benoni (en blykbaar is daar ‘n beach bar ook).

Boxer @ Park Acoustics

Strait Jackal @ Park Acoustics

Boxer het net na 1 uur op die Park Acoustics stage geklim en ewe skielik was my brein terug in die laat 1990’s en vol pop punk vibes (met ‘n titseltjie Indie om als af te rond). Ek het hierdie ouens die eerste keer live gesien by Mieliepop laas jaar en hulle sedertdien nogals waves gemaak in die SA Musiek industrie en mens kom sien hoekom, hulle was vol energie gewees.

NetfloristOfferforge

Boxer @ Park Acoustics

Park Acoustics

Volgende was dit Rambling Bones se beurt en my inner folk rock child het ‘n kans gekry om homself uit te lewe. Ek het nie hulle hele set gekyk nie, maar die Violent Femmes liefhebber in my was gelukkig to ek hulle cover van “Country Death Song” gehoor het in die agtergrond.

Rambling Bones @ Park Acoutics

Rambling Bones @ Park Acoustics

En toe was dit tyd vir die laaste kunstenaar van die dag waarna die meerderheid van die +/- 2000 mense by hierdie Park Acoustics uitgesien het, Francois Van Coke. Hy het onlangs sy 2de solo album (“Hierdie Is Die Lewe”) uitgereik en is tans besig met sy album launch toer saam met sy band, Die Gevaar (Jedd Kossew, Sheldon Yoko, Rudolph Willemse en Richard Onraet).

Francois Van Coke @ Park AcousticsFrancois Van Coke en Die Gevaar was defnitief die hoogtepunt op die dag. Ek kan nie exactly die volgorde onthou van die songs wat die band gespeel het nie (‘n resultaat van teveel Jagermeister in my keelgat af op een slag – yes, dit gebeur as Francois uitvind jy word 40 in Februarie) maar ek het rerig baie van “Dit Raak Beter” gehou (miskien was dit omdat Francois aan my opgedra het).

Keegan @ Park Acoustics

Dit was great om liedjies van sy eerste solo album af te hoor soos “Behoort Aan Niemand Nie”, “Moontlik Nooit” en “Toe Vind Ek Jou” en great om saam met die skare te sing met classic Fokofpolisiekar liedjies soos “Ek Skyn Heilig” en “Hemel op die Platteland” en die amazing Van Coke Kartel song “Tot Die Son Uitkom”. Ek dink nie ek sal ooit hierdie gig nooit vergeet nie.

Francois Van Coke @ Park Acoustics

Ek moet erken dat ek ‘n lastige sy stappie gehad het oppad na die hek van die Natuur Reservaat toe na die tyd (om ons Uber terug te kry) en ek wil vir Jay en Toni baie dankie sê vir die lift. Julle mensies rock!

Foto Album: Francois Van Coke by Park Acoustics 3

Dankie vir die organiseerders van Park Acoustics (Henk, Willie, Niel en Johan), my goeie vriend Baas De Beer en my girlfriend Jo en al die artists wat perform het wat hierdie dag extra special gemaak het.

Sien julle by die volgende ene op die 5de Maart.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Photography kategorie op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Van Coke Kartel @ Atterbury Teater 02
    Foto Album: Van Coke Kartel @ Atterbury Teater
  • Kakmal - Francois Van Coke en Van Pletzen
    Van Pletzen & Francois Van Coke gaan bietjie “Kakmal”
  • Van Coke Kartel @ Park Acoustics 16
    Van Coke Kartel @ Park Acoustics: A Photo Album
  • Francois van Coke @ Park Acoustics 01
    Photo Album: Van Coke & Parow @ Park Acoustics

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

NetfloristOfferforge
Afrikaans Boxer Francois van Coke Gunshot Blue Park Acoustics Pretoria Rambling Bones South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Robbie Williams @ SunBet Arena 03
    Photo Album: Robbie Williams @ SunBet Arena (in Pretoria)
    January 28, 2025
  • Dave Matthews Band
    Dave Matthews Band @ SunBet Arena: A Photo Album
    December 14, 2023
  • George Ezra Featured
    George Ezra @ SunBet Arena: A Photo Album
    July 18, 2023
  • Tamia
    Tamia South African Tour: August 2026
    April 21, 2026
  • Oskido's Big Day Out 2026
    Oskido’s Big Day 2026: Twice The Music & Energy
    June 28, 2026
  • J. Cole South African Tour 2026
    J. Cole Live @ FNB Stadium: 12 December 2026
    February 23, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
  • Oasis Don't Look Back in Anger
    New Oasis Documentary Trailer Released
    July 10, 2026
  • Piano People Featured
    Piano People South Africa: November & December 2026
    July 10, 2026
NetfloristOfferforge
Popular Articles
Charlie Harris

Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”

July 3, 202635 Views
VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 4

VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit

July 6, 202630 Views
Carol-Ann Meltzer - Khazimula

Khazimula Finds Hope with New Single: “‘On a Dream”

July 3, 202630 Views
Muse Band

Muse Releases Immersive New Album: “The Wow! Signal”

July 1, 202630 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,370 ▼
Music 2,592
Events 241
Interviews 224
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
581
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.