Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Featured » Foto Album: Francois Van Coke by Park Acoustics

Foto Album: Francois Van Coke by Park Acoustics

Blitsoorsig: Park Acoustics se eerste edisie het plaasgevind by Fort Schanskop in Pretoria met ongeveer 2000 mense. Die dag het begin met Gunshot Blue se blues sound en Strait-Jackal se energie, gevolg deur Boxer se pop punk vibes en Rambling Bones se folk rock. Francois Van Coke en Die Gevaar was die hoogtepunt, waar hulle liedjies van sy nuwe solo album en klassieke Fokofpolisiekar nommers gespeel het. Dit was 'n onvergeetlike gig vol great performances.

Henno KrugerBy Henno KrugerFebruary 8, 2017No Comments4 Mins Read Featured 148 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Sondag die 5de Februarie 2017 was ‘n goeie dag vir Suid-Afrikaanse Musiek. Die eerste edisie van Park Acoustics het plaasgevind by Fort Schanskop in die Voortrekker Monument Natuur Reservaat in Pretoria en dit was baie pret gewees.

Hier is my ervaring van hierdie edisie van Park Acoustics

Ons Uber het ons al half tien afgelaai voor die ingangshek en dit het nie my lank gevat om my eerste biertjie van die dag te geniet nie. Ons was op die eerste bus na die Fort toe en voor dat ons kon sê “Bliksem” het ons ‘n royal spot gescore onder die “groot boom” (mense wat al baie Park Acoustics was mag dalk admirasie vir hierdie effort hê).

Die eerste band op die line-up vir die dag was Gunshot Blue en ek moet sê dat die manne ons nogals entertain het. Meyrand Roux (wat ook vir The Oh So Serious speel) was absoluut briljant op die mond-fluitjie en gekombineer met hulle amazing en unique Blues sound was dit baie salig op die oordromme. Ons was by ‘n ope lug venue, maar dit het gevoel asof iewers in ‘n Blues Bar na ‘n band luister.

Gunshot Blue @ Park Acoustics

Gunshot Blue @ Park Acoustics

Strait-Jackal was volgende op die stage en dit het nie my lank gevat om my inner Rage Against The Machine / Red Hot Chili Peppers fan te channel nie. Die ouens is rêrig goed en ek kan nie glo dat dit my so lank gevat het om hulle live te beleef nie. Lyk my daar is meer as net straatligte wat aangaan in Benoni (en blykbaar is daar ‘n beach bar ook).

NetfloristOfferforge

Boxer @ Park Acoustics

Strait Jackal @ Park Acoustics

Boxer het net na 1 uur op die Park Acoustics stage geklim en ewe skielik was my brein terug in die laat 1990’s en vol pop punk vibes (met ‘n titseltjie Indie om als af te rond). Ek het hierdie ouens die eerste keer live gesien by Mieliepop laas jaar en hulle sedertdien nogals waves gemaak in die SA Musiek industrie en mens kom sien hoekom, hulle was vol energie gewees.

Boxer @ Park Acoustics

Park Acoustics

Volgende was dit Rambling Bones se beurt en my inner folk rock child het ‘n kans gekry om homself uit te lewe. Ek het nie hulle hele set gekyk nie, maar die Violent Femmes liefhebber in my was gelukkig to ek hulle cover van “Country Death Song” gehoor het in die agtergrond.

Rambling Bones @ Park Acoutics

Rambling Bones @ Park Acoustics

En toe was dit tyd vir die laaste kunstenaar van die dag waarna die meerderheid van die +/- 2000 mense by hierdie Park Acoustics uitgesien het, Francois Van Coke. Hy het onlangs sy 2de solo album (“Hierdie Is Die Lewe”) uitgereik en is tans besig met sy album launch toer saam met sy band, Die Gevaar (Jedd Kossew, Sheldon Yoko, Rudolph Willemse en Richard Onraet).

Francois Van Coke @ Park AcousticsFrancois Van Coke en Die Gevaar was defnitief die hoogtepunt op die dag. Ek kan nie exactly die volgorde onthou van die songs wat die band gespeel het nie (‘n resultaat van teveel Jagermeister in my keelgat af op een slag – yes, dit gebeur as Francois uitvind jy word 40 in Februarie) maar ek het rerig baie van “Dit Raak Beter” gehou (miskien was dit omdat Francois aan my opgedra het).

NetfloristOfferforge

Keegan @ Park Acoustics

Dit was great om liedjies van sy eerste solo album af te hoor soos “Behoort Aan Niemand Nie”, “Moontlik Nooit” en “Toe Vind Ek Jou” en great om saam met die skare te sing met classic Fokofpolisiekar liedjies soos “Ek Skyn Heilig” en “Hemel op die Platteland” en die amazing Van Coke Kartel song “Tot Die Son Uitkom”. Ek dink nie ek sal ooit hierdie gig nooit vergeet nie.

Francois Van Coke @ Park Acoustics

Ek moet erken dat ek ‘n lastige sy stappie gehad het oppad na die hek van die Natuur Reservaat toe na die tyd (om ons Uber terug te kry) en ek wil vir Jay en Toni baie dankie sê vir die lift. Julle mensies rock!

Foto Album: Francois Van Coke by Park Acoustics 3

Dankie vir die organiseerders van Park Acoustics (Henk, Willie, Niel en Johan), my goeie vriend Baas De Beer en my girlfriend Jo en al die artists wat perform het wat hierdie dag extra special gemaak het.

Sien julle by die volgende ene op die 5de Maart.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Photography kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Gunshot Blue Release New Single: “Mountain Song”

    Gunshot Blue
    Music Videos 21 Jul 2023
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit

    Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Music Videos 28 Sep 2026
  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier

    Bangkinders - Francois Van Coke
    Music Videos 31 Jul 2026

Goeters Om Te Doen

  • J. Cole Live @ FNB Stadium: 12 December 2026

    J. Cole South African Tour 2026
    Upcoming Events
  • Tyla: Live in South Africa in January 2027

    Tyla Tour
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Boxer Francois van Coke Gunshot Blue Park Acoustics Pretoria Rambling Bones South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Robbie Williams @ SunBet Arena 03
    Photo Album: Robbie Williams @ SunBet Arena (in Pretoria)
    January 28, 2025
  • Dave Matthews Band
    Dave Matthews Band @ SunBet Arena: A Photo Album
    December 14, 2023
  • George Ezra Featured
    George Ezra @ SunBet Arena: A Photo Album
    July 18, 2023
  • Counting Crows in Pretoria 01
    Counting Crows Live In Pretoria: A Photo Album
    April 18, 2023
  • Ronan Keating Featured
    Photo Album: Ronan Keating Live in Pretoria
    March 8, 2023
  • RAMFest 2020
    RAMFest 2020 in Pretoria: A Photo Album
    March 19, 2020
  • Okkepus at the First Park Acoustics of 2020
    The First Park Acoustics of 2020: A Photo Album
    February 5, 2020
  • Fokofpolisiekar at Fokof Sweet 16 08
    Fokof Sweet 16 Partytjie in Pretoria: ‘n Foto Album
    July 19, 2019
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,350
Rock 622
Useful Tips 567
Afrikaans 530
Cape Town 348
USA 336
Pretoria 306
Johannesburg 295
Festivals 203
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.