Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Francois Van Coke gee ‘n huldeblyk aan Fokofpolisiekar

Francois Van Coke gee ‘n huldeblyk aan Fokofpolisiekar

Blitsoorsig: Francois Van Coke se tweede album "Hierdie is die Lewe" word op 2 Februarie 2017 geloods en kan reeds voorafbestel word. Die nuwe liedjie Klein Prys, geskryf vir Fokofpolisiekar, het 'n spesiale musiekvideo met kosbare beeldmateriaal uit die groep se beginjare. Die video bied 'n intieme agter-die-skerms kykie na Francois en die Fokof manne se samesang deur die jare.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 30, 2016No Comments2 Mins Read Music Videos 72 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Goeie Nuus! Francois Van Coke se tweede album, “Hierdie is die Lewe”, sal op 2 Februarie 2017 geloods word. Die album kan reeds voorafbestel word by iTunes of Google Play. Mensdom en die eerste musiek video vanaf die album, is alreeds op die 10de November 2016 vrygestel.

Permanent Record het ook onlangs ‘n 7” kortspelerplaat vrygestel met Mensdom en ‘n B-kant snit genaamd Klein Prys. Francois het hierdie liedjie vir Fokofpolisiekar, oftewel Die Bende, geskryf. Klein Prys handel oor die nalatenskap wat die groep deel en die moeilike tye wat hulle gebring het tot waar hulle vandag is.

Francois Van Coke gee 'n huldeblyk aan Fokofpolisiekar 3

Francois dink terug aan die ou dae toe Fokofpolisiekar begin het, die kanse wat hulle gewaag het, die opofferings wat hulle moes maak en die avonture wat hulle gedeel het.

Na al die jare en alles wat hulle saam deurgemaak het, bly hulle familie en floreer steeds as ‘n musiekgroep. “Dis ‘n voorreg om so ‘n lang pad saam met die Fokof manne te loop en nogsteeds gereeld shows saam met hulle te kan speel,” sê Francois.

NetfloristOfferforge

Francois Van Coke het ‘n baie spesiale musiekvideo vir Klein Prys laat maak

Die video bevat kosbare beeldmateriaal van hul beginjare en hedendaagse tye. Die beeldmateriaal is nog nooit vrygestel nie en bied ‘n intieme agter-die- skerms kykie na Francois en die groep. Die musiekvideo is deur Nelis Botha gemaak.

Ek moet sê dat die liedjie en die video so bietjie aan my hartsnare geraak het. Ek is ‘n groot liefhebber van Fokofpolisiekar en Francois Van Coke se musiek en hierdie video en liedjie bring rêrig baie memories terug.

Ek sien nogal uit om hierdie liedjie te hoor by een van Francois van Coke se optredes. Julle kan Francois sien by ‘n hele paar plekke is Desember 2016:

Francois Van Coke Mensdom Toer

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier

    Bangkinders - Francois Van Coke
    Music Videos 31 Jul 2026
  • VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit

    VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 4
    Music News 6 Jul 2026
  • Francois van Coke & Vriende 2026: Als Wat Jy Moet Weet

    Francois Van Coke & Vriende 2025
    Upcoming Events 3 Jun 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Francois van Coke Mensdom Rock South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
  • Winter Hotel - Koffiewinkel
    Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”
    September 6, 2026
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.