Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » “Kanniedood”, Francois Van Coke se 4de Solo Album is Hier

“Kanniedood”, Francois Van Coke se 4de Solo Album is Hier

Blitsoorsig: Francois Van Coke's new album Kanniedood tackles the tangibility of mortality while celebrating life. Blending old punk with new pop, the record features energetic tracks and moving ballades. The focus single "Nie alleen nie" explores love and isolation over synth-driven production. This is one of the year's strongest Afrikaans albums.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 26, 2022No Comments2 Mins Read Music News 116 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Francois Van Coke se 4de Solo Album (Kanniedood) is hier. Die album handel oor die tasbaarheid van sterflikheid. Dié album vier die lewe. Dit is ou punk en nuwe pop. Daar is polsende liedjies wat vertonings sal laat pomp; daar is ballades wat meevoer.

Francois Van Coke verduidelik Kanniedood

“Kanniedood is die aanvaarding van sterklikheid, want die dood is onvermydelik. Dit is ook ‘n herinnering om die lewe te vier omdat ons tyd hier min is.”

Francois Van Coke - Kanniedood

Hunter Kennedy, vriend, kollega en uitvoerende vervaardiger op Kanniedood, vat die kern van die album goed vas

“Van nihilistiese tieners tot verantwoordelike pa’s is ons al deur baie, maar niks kon ons voorberei op die stres wat die inperking op ons en ons gesinne sou plaas nie. Mense rondom ons het gesterf en soos meeste mense het die eksistensiële krisis in geskop, maar meer as dit was dit die vrees om ons gesinne agter te laat. Kan nie dood gaan nie. Die album verteenwoordig vir my die emosionele wroeging van die afgelope 2 jaar. Aanvaarding van middeljarigheid, filosifeer oor die hiernamaals, konstante vrees en oombliklike katarsis.”

Francois Van Coke - Kanniedood - Andre Badenhorst

“Nie alleen nie” is die fokus enkelsnit vanaf Kanniedood. ‘n Sintetiseerder dryf hierdie lied oor liefde en isolasie; om ‘n veilige en stil plek te vind weg van die lewe se druk. In die video speel Francois ‘n eensame kuborg in ‘n apokaliptiese wêreld.

NetfloristOfferforge

YouTube video player

Twee enkelsnitte, “Maak Wakker” met Elandré en “SOS” was vooraf vry gestel.

Kanniedood is offisieël bekend gestel by Francois van Coke & Vriende 2022 by SunBet Arena, Time Square in Pretoria op Sondag 25 September (gister). Ek was daar en dit was ‘n lekker ervaring gewees. Ek dink nie ek het al 8500 mense so hard gehoor saamsing nie.

Ek het Vrydag laas week die album geblaas om ‘n gevoel vir dit te kry en ek moet erken dat die een van die beter Afrikaanse albums is van die jaar. Ek het ‘n spesmaas dat Kanniedood op my gaan groei (soos Frannie se eerste solo album alreeds het oor die laaste 7 jaar). Ek nuuskierig om uit te vind wat hierdie WP ondersteuner ons kant toe gaan pass in die volgende paar jaar. Ek is amper seker dit gaan nie ‘n hospitaal pass wees nie.

Jy kan Kanniedood HIER stroom / aflaai.

NetfloristOfferforge

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier

    Bangkinders - Francois Van Coke
    Music Videos 31 Jul 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit

    Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Music Videos 28 Sep 2026
  • VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit

    VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 1
    Music News 6 Jul 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Francois van Coke Rock
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Khazimula Carol-Ann Meltzer
    Khazimula Releases New Single: “Joburg City”
    October 2, 2026
  • Deborah McKay
    Deborah McKay Releases New Single: “I Really Do”
    September 28, 2026
  • The Hill
    The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”
    September 25, 2026
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 293
Festivals 202
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.