Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Frans Karoo is terug met sy nuuste snit “Towerkop”

Frans Karoo is terug met sy nuuste snit “Towerkop”

Blitsoorsig: Frans Karoo, voorheen frontman van Blues Rock-groepe Jet Black Camaro en Gunshot Blue, bou sy solo-Afrikaanse musiekloopbaan uit met sy derde snit 'Towerkop'. Die lied is 'n spaghetti western verhaal wat die Karoo-landskap in 'n sinister magiese plek transformeer. Dit volg sy eerstes 'O God' en 'Die Breils', en lei na sy debuut Afrikaanse album in Januarie.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 18, 2022No Comments2 Mins Read Music News 70 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Frans Karoo onthul sy derde Afrikaanse vrystelling met sy volgende enkelsnit ‘Towerkop’ wat verder opbou tot die vrystelling van sy debuut Afrikaanse album in Januarie 2023.

Frans, wat naam gemaak het as die frontman van Blues Rock-groepe Jet Black Camaro en Gunshot Blue, het sy solo- Afrikaanse musiekloopbaan met die vrystelling van sy debuut-enkelsnit ‘O God‘ in Junie vanjaar bekendgestel. Hy het dit opgevolg met die tweede enkelsnit ’Die Breils’ en stel vandag sy nuutste snit ‘Towerkop’ vry.

Frans Karoo - Towerkop

Hunter Kennedy is geen vreemdeling in die Afrikaanse Rock mark nie en is bekend as ‘n liedjie skrywer en musikant vir groot bands soos Fokofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties en aKing.

Hunter lewer kommentaar oor Frans Karoo se nuwe liedjie

“Frans is ‘n Boere Shaman. Hy maai gedagtes uit ‘n alternatiewe geskiedenis. Hy verdraai die Karoo horison tot ‘n sinister magiese landskap. Towerkop is ‘n spaghetti western verhaal van ‘n man wat sy einde vind in die arms van ‘n dame van die nag.”

NetfloristOfferforge

Frans Karoo vertel ons wat ons kan verwag op sy debuut album

“Liefde in die wingerd. Bloed, sweet en trane. Ontdekkingsreise. Druiwe pars. Dans op ‘n Saterdagaand. Rituele, Stofpaaie. Skemer. Tuiskoms. Kampvuur. Druiweoes. Dronk op Groot Marico. Maanlig. Deeg kniel. Boekevat. Kerse. Fakkellig. Verskroeide aarde. Hartseer. Voorouers. Rou. Totsiens sê. Berge. Dorings. Riviere. Swem. Perde. Krale. Natuur. Wen. Donker. Dominee. Kerk. Verloor. Romanties. Hofmaak. Verlief. Bekoor. Seëninge. Senings. Magiese oomblikke. Die onsigbare. Spoke. Strate van die nag. Mynwerkers. God. Ontvlugting. Bot.”

Kyk die liriekevideo vir “Towerkop” HIER. Ek sou dit graag wou embed op hierdie article, maar YouTube tune my dat dit ‘n age-restricted video is, so dit kan nie gebeur nie.

Click maar op die “speel” knoppie om ‘n voorsmakie van die track te luister (as jy nie lou lus is vir videos kyk nie).

“Towerkop” is ‘n goeie teug vars lug diep binne in die longe wat Afrikaanse rock ‘n roll is. Eks moerse nuuskierig om te hoor hoe die res van Frans Karoo se album gaan klink.

NetfloristOfferforge

Jy kan “Towerkop” HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Frans Karoo Reik Nuwe EP Uit: “Nagskof in die Kerkhof”

    Frans Karoo
    Music News 22 Jun 2026
  • Frans Karoo Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Skaduwee”

    Frans Karoo - Skaduwee
    Music News 27 May 2026
  • Frans Karoo Rises from the Ashes With “Phoenix”

    Frans Karoo
    Music News 28 Apr 2026
  • Frans Karoo Stel Debuut Album Vry: “Braambos Radio”

    Frans Karoo
    Music News 27 Jan 2023

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Frans Karoo South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.