Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Music»Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud

    Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud

    Henno KrugerBy Henno Kruger Music 1 Comment5 Mins Read245 ViewsNovember 26, 2019
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Jannie “Hanepoot” Van Tonder is deel van die Gereformeerde Blues Band. Hulle jam die naweek by die 100ste edisie van Park Acoustics in Pretoria.

    NetfloristOfferforge

    “Hanepoot” en Die Gereformeerde Blues band speel een van hulle 30ste anniversary shows by hierdie eendag fees in Pretoria (wat een van die moet-beleef feeste is in die 012).

    Jannie Hanepoot Van Tonder en die Gereformeerde Blues Band

    Meer inligting oor die Gereformeerde Blues Band

    Die groep het gevorm in die middel 1980s. Johannes Kerkorrel, Gary “Piet Pers” Herselman, Willem “Meneer Volume” Möller en Jannie “Hanepoot” van Tonder was die lede van die groep. Koos Kombuis was ook op ‘n stadium deel van die groep gewees.

    Die Gereformeerde Blues Band was deel van die Voëlvry beweging in die 1980s gewees. Die Voëlvry beweging was heavy uitgesproke teen Apartheid en die regering van toe-staatspresident P.W. Botha. Die groep se 1989 album Eet Kreef was ‘n kommersiële sukses gewees (al het die SABC radio stasies die nie gespeel nie). Kerkorrel is oorlede in 2002, maar die ripple effect wat hy en die Gereformeerde Blues Band op die SA musiekbedryf gehad het, word vandag nog gevoel.

    Ek het onlangs met Jannie “Hanepoot” Van Tonder gesels via e-pos. Hier is wat hy te sê gehad het…

    Hoe het dinge verander in die SA musiek bedryf sedert die 1980s?

    Dis ‘n komplekse vraag, want alles het soveel verander. Maar kortliks, wat afrikaanse musiek betref is daar nog steeds ‘n massiewe mark vir soetsappige stront, vandag gedryf deur die Kyknet brigade, dus hoofsaaklik ‘n “wit” ekonomie.

    Niks fout met bietjie escapism in musiek nie, natuurlik is daar ruimte daarvoor, maar sedert die fokop wat die Zuma regering was, en die daaropvolgende herpolarisasie, het die “boere” weer laergetrek, en daar’s minder ywer om enigsins ‘n crossover mark te bereik.

    So, ons sit maar weer met dieselfde struggle, waar kwaliteit kuns op die randjie van die samelewing moet plaasvind, met weinig ondersteuning van ‘n krimpende ekonomie. Daar speel social media darem ‘n rol om fringe kunstenaars met hulle mense te konnek, maar ek’s bevrees as jy nie op ‘n manier in die hoofstroom in kan breek nie, you will forever be preaching to the converted.

    Wat is die snaakste ding wat al met “Hanepoot” en Die Gereformeerde Blues Band gebeur het tydens ‘n konsert?

    Daar was die keer wat die Gereformeerde Blues Band op ‘n sportveld in Pretoria onder polisiebewaking moes speel a.g.v. doodsdreigemente (WTF?) en die dressing room was aan die ander kant van die rugbyveld.

    Toe dring die polise aan ons mag nie verhoog toe stap nie, en die engiste kar wat ons op daai oomblik kon kry was ‘n BMW…

    Hoe het hierdie hele 30 jaar reunie storie gebeur?

    Johannes Kerkorrel se tydlose liedjies, en optredes saam met die GBB gedurende daai kritieke oomblik in ons geskiedenis, het ‘n massiewe impak op mense se lewens gehad, so daar’s al jare lank gereeld mense wat vra of ons ooit weer sal optree.

    Ons bydrae het gekom teen ‘n hoë prys, in die sin dat ons verskeie makkers vroeg verloor het, insluitende Johannes Kerkorrel en James Phillips, so dis vir ons nogal ‘n emosionele issue. So, om nou weer diè besonderse materiaal saam te speel, met jou ou tjommies waarmeee jy al 35 jaar lank saam musiek maak, is gedeeltelik ‘n genesingsproses van ou wonde, en verder, soos dit toentertyd ook was, ‘n moerse thrill.

    Die Gereformeerde Blues Band en Die Wasgoedlyn - Hanepoot

    Wat kan ons verwag van “Hanepoot” en Die Gereformeerde Blues Band set by Park Acoustics op die 1ste Desember?

    Die GBB was oorspronklik Johannes Kerkorrel se ‘backing band’. Dit was ons bydrae aan die afrikaner (en die mensdom) se ewigdurende stryd om geregtigheid, so ons het gevoel dis belangrik om op ‘n manier die proses voort te sit wanneer ons weer optree.

    Alhoewel ons 2 liedjieskrywers in die GBB het in Gary Herselman (Piet Pers) en Tonia Möller (Karla Krimpelien), was dit belangrik om materiaal soortgelyk aan Johannes Kerkorrel s’n te vind. Ons het daarom vir Churhil Naude ingebring, ‘n bruin rymkletser van Mitchells Plain wat briljante afrikaanse songs skryf oor hedendaagse pertinente issues. Ons is oortuig dat Johannes Kerkorrel ‘n groot fan van Churchil sou gewees het.

    Jannie Hanepoot Van Tonder

    Met die nuwe besetting is Tonia (vroeër agtergrondsangeres van die GBB) nou op sang, ons het ook vir Riku Lätti ingebring  op keyboards en agtergrondsang, en Jackie Lätti op agtergrondsang. Riku, Jackie en Churchil lewer ‘n enorme en inspirerende bydrae wat die hele ding vir ons weer vars laat voel!

    So hier’s die hele boksemdaais:

    Die Gereformeerde Blues Band:

    • Sang: Karla Krimpelien (Tonia Selley)
    • Kitaar: Willem “Meneer Volume” Möller
    • Bas: Gary “Piet Pers” Herselman
    • Tromme / Tromboon:  Jannie “Hanepoot” van Tonder

    Die Trawante (vars gehaal van Die Wasgoedlyn):

    • Rymklets: Kroeskop (Churchil Naude)
    • Klavier en sang: Kolonel Mostert (Riku Lätti)
    • Sang: Bettie Blatjang (Jackie Lätti)

    Wat is in die pyplyn vir Gereformeerde Blues Band na hierdie 30 jaar reunion toer?

    Dis ‘n moerse effort om die band bymekaar te kry, ons is almal op verskillende plekke, en besig met klomp ander dinge, maar tog baie rewarding.

    En dis veral inspirerend om Churchil se songs saam met hom te speel, so afhangende van almal se gesondheid (ons is mos ou ballies) en ander verpligtinge, kan ons dalk later nog weer ‘n paar dinge doen. Ons doen wel nog in Desember ‘n paar shows in die Kaap by Masque Theatre in Muizenberg (op 22 Desember) en by Evita se Perron in Darlin (op die 27ste Desember).

    Ek wil die geleentheid gebruik om vir Jannie “Hanepoot” Van Tonder en die Gereformeerde Blues Band te bedank vir hierdie onderhoud. Ek wens hulle alles van die beste toe met hulle show by Park Acoustics en hulle toekomstige bedrywighede.

    As jy nog nie kaartjies het vir Sondag se Park Acoustics (by die Voortrekker Monument in Pretoria) nie, kry dit HIER.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Related Articles:

    • Spoegwolf: ‘n Onderhoud voor Park Acoustics
    • Van Pletzen: ‘n Onderhoud voor Park Acoustics
    • Straatligkinders: ‘n Onderhoud met Bouwer voor Park Acoustics
    • ‘n Pre Park Acoustics Onderhoud met Fokofpolisiekar

    Like what you just read? Buy us a coffee to enable us to bring you more content like this.

    You're also more than welcome to subscribe to our newsletter to stay in the loop.

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    Express VPN

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Die Gereformeerde Blues Band Festivals Interviews Jannie "Hanepoot" Van Tonder Park Acoustics Pretoria South Africa
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleTechnologies: 4 Amazing Ones That Are Revolutionizing Gaming
    Next Article 15 Hilarious Baby Yoda Memes
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    1 Comment

    1. george on August 2, 2025 10:21 PM

      Ek neem aan Andre was te besig om awesome te wees in bellville om deel te wees van die band… swak.

      Reply
    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Kategoriëe
    Nog artikels in Afrikaans
    Die Kantoor
    January 12, 2026

    ‘n Onderhoud met Albert Pretorius (Flip in Die Kantoor)

    23 Views8 Mins Read
    Die Kantoor - Schalk Bezuidenhout
    November 25, 2025

    Die Kantoor (Afrikaanse weergawe van “The Office”) is oppad

    21 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    103 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    78 Views3 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    Ander Artikels
    Netflix
    January 30, 2026

    What’s Coming to Netflix in February 2026?

    11 Views6 Mins Read
    Brakpan Chronicles
    January 29, 2026

    Brakpan Chronicles Trailer Released by Showmax

    18 Views3 Mins Read
    The Testaments
    January 29, 2026

    The Testaments: Streaming on Disney+ from April 2026

    6 Views2 Mins Read
    Mahindra Fusion Fest
    January 29, 2026

    Mahindra Fusion Fest 2026: Everything You Need To Know

    12 Views4 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Pretty Pandora - South Africa
    August 20, 2019

    Pretty Pandora: 8 Reasons Why You Should Shop With Them

    311 Views2 Mins Read
    Photo Album: The Used at Oppikoppi 2011 1
    August 16, 2011

    Photo Album: The Used at Oppikoppi 2011

    101 Views2 Mins Read
    FIFA World Cup 2010 Fan Fest @ Hatfield Square
    December 29, 2010

    2010: 3 Things that I’ll Remember

    39 Views6 Mins Read
    Crash Test Dummies Live in Pretoria: My Review 2
    February 21, 2018

    Crash Test Dummies Live in Pretoria: My Review

    157 Views3 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2026 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.