Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Lisie Basson reik nuwe enkelsnit uit: “Dis Jou Oë”

Lisie Basson reik nuwe enkelsnit uit: “Dis Jou Oë”

Blitsoorsig: Lisie Basson, bekend van Die Kontrak, het pas haar splinternuwe enkelsnit "Dis Jou Oë" uitgereik. Die betekenisvolle Afrikaanse folk-countryliedjie is self geskryf en dra 'n diep persoonlike boodskap oor die dinge waarvoor jy lief is. Saam met die liedjie kom ook 'n pragtige musiekvideo wat op die Lourensford-wynlandgoed in Somerset-Wes verfilm is.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 9, 2025No Comments3 Mins Read Music Videos 135 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Eers het sy ons koppe laat skud, toe het sy ons na die dansvloer gelok, en nou gryp ons na ons cowboyhoed en stewels! Lisie Basson, bekend vir haar deelname aan die tweede seisoen van Die Kontrak, het pas haar splinternuwe enkelsnit, “Dis Jou Oë”, uitgereik.

“‘Dis Jou Oë’ is baie naby aan my hart. Ek het dit self geskryf en dit het vir ’n rukkie in my laai gelê voordat ek uiteindelik besluit het om dit daar buite te sit,” deel Lisie oor die betekenisvolle Afrikaanse folk-countryliedjie.

Lisie Basson

“Die musiekbedryf fokus tans sterk op kuier- en dansmusiek, en daarom het ek aanvanklik gewag vir ‘die regte tyd’ om hierdie liedjie uit te reik. Maar toe besef ek: daar is nooit ’n regte tyd nie – ek moet net soveel musiek as moontlik uitbring om my eie brand te bou.”

Die liedjie dra ’n diep persoonlike boodskap: “Dit gaan oor die dinge waarvoor jy lief is en wat vir jou uitstaan in die mense vir wie jy lief is.”

NetfloristOfferforge

Met hierdie liedjie skep Lisie nie net ’n unieke musikale ervaring nie, maar sy sien dit ook as ’n nuwe rigting vir haar klank.

“Vir my beteken dit ’n nuwe begin in die tipe musiek wat ek wil vrystel. Ek wil my eie klank vind en nie net probeer klink soos wat op die top-trefferlyste is nie. As ’n kunstenaar moet jy uniek wees, anders gaan jy nooit jou eie stem ontdek nie.”

Lisie Basson hoop dat “Dis Jou Oë” ’n spesiale plek in luisteraars se harte sal vind

“Ek is baie trots op hierdie liedjie en ek hoop dit word vir ander net so spesiaal soos wat dit vir my is. Dis ’n ligte, lekker liedjie en ek hoop mense wil dit net oor en oor hoor!”

Saam met die enkelsnit word ook ’n pragtige musiekvideo vrygestel, verfilm op die prentjiemooi Lourensford-wynlandgoed in Somerset-Wes.

NetfloristOfferforge

“Dis een van die mooiste plekke in die wêreld met die ongelooflikste natuurskoon,” vertel Lisie Basson. “Ek wou ’n video maak wat vir my gelukkig voel, en Lourensford is definitief ’n plek waar ek op my gelukkigste is.”

Die video is geskiet deur Elias, terwyl Georic Lomas, wat betrokke is by Coleske, alles help reël het. “Hy het my regdeur die proses bygestaan soos altyd, en ek is baie dankbaar daarvoor,” sê Lisie.

Kyk die video hier onder:

Lisie Basson - Dis Jou Oë (Amptelike Musiekvideo)

Jy kan Lisie Basson se nuutste liedjie HIER stroom/aflaai.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”

    Celeste Swift
    Music Videos 2 Oct 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit

    Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Music Videos 28 Sep 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”

    Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Music Videos 25 Sep 2026
  • Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”

    Anrich - Ek Onthou
    Music Videos 22 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
  • Winter Hotel - Koffiewinkel
    Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”
    September 6, 2026
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,322
Rock 617
Useful Tips 565
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.