Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Lisie Basson reik nuwe enkelsnit uit: “Dis Jou Oë”

Lisie Basson reik nuwe enkelsnit uit: “Dis Jou Oë”

Blitsoorsig: Lisie Basson, bekend van Die Kontrak, het pas haar splinternuwe enkelsnit "Dis Jou Oë" uitgereik. Die betekenisvolle Afrikaanse folk-countryliedjie is self geskryf en dra 'n diep persoonlike boodskap oor die dinge waarvoor jy lief is. Saam met die liedjie kom ook 'n pragtige musiekvideo wat op die Lourensford-wynlandgoed in Somerset-Wes verfilm is.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 9, 2025No Comments3 Mins Read Music Videos 57 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Eers het sy ons koppe laat skud, toe het sy ons na die dansvloer gelok, en nou gryp ons na ons cowboyhoed en stewels! Lisie Basson, bekend vir haar deelname aan die tweede seisoen van Die Kontrak, het pas haar splinternuwe enkelsnit, “Dis Jou Oë”, uitgereik.

“‘Dis Jou Oë’ is baie naby aan my hart. Ek het dit self geskryf en dit het vir ’n rukkie in my laai gelê voordat ek uiteindelik besluit het om dit daar buite te sit,” deel Lisie oor die betekenisvolle Afrikaanse folk-countryliedjie.

Lisie Basson

“Die musiekbedryf fokus tans sterk op kuier- en dansmusiek, en daarom het ek aanvanklik gewag vir ‘die regte tyd’ om hierdie liedjie uit te reik. Maar toe besef ek: daar is nooit ’n regte tyd nie – ek moet net soveel musiek as moontlik uitbring om my eie brand te bou.”

Die liedjie dra ’n diep persoonlike boodskap: “Dit gaan oor die dinge waarvoor jy lief is en wat vir jou uitstaan in die mense vir wie jy lief is.”

IQ AcademyOfferforge

Met hierdie liedjie skep Lisie nie net ’n unieke musikale ervaring nie, maar sy sien dit ook as ’n nuwe rigting vir haar klank.

“Vir my beteken dit ’n nuwe begin in die tipe musiek wat ek wil vrystel. Ek wil my eie klank vind en nie net probeer klink soos wat op die top-trefferlyste is nie. As ’n kunstenaar moet jy uniek wees, anders gaan jy nooit jou eie stem ontdek nie.”

Lisie Basson hoop dat “Dis Jou Oë” ’n spesiale plek in luisteraars se harte sal vind

“Ek is baie trots op hierdie liedjie en ek hoop dit word vir ander net so spesiaal soos wat dit vir my is. Dis ’n ligte, lekker liedjie en ek hoop mense wil dit net oor en oor hoor!”

Saam met die enkelsnit word ook ’n pragtige musiekvideo vrygestel, verfilm op die prentjiemooi Lourensford-wynlandgoed in Somerset-Wes.

NetfloristOfferforge

“Dis een van die mooiste plekke in die wêreld met die ongelooflikste natuurskoon,” vertel Lisie Basson. “Ek wou ’n video maak wat vir my gelukkig voel, en Lourensford is definitief ’n plek waar ek op my gelukkigste is.”

Die video is geskiet deur Elias, terwyl Georic Lomas, wat betrokke is by Coleske, alles help reël het. “Hy het my regdeur die proses bygestaan soos altyd, en ek is baie dankbaar daarvoor,” sê Lisie.

Kyk die video hier onder:

Lisie Basson - Dis Jou Oë (Amptelike Musiekvideo)

Jy kan Lisie Basson se nuutste liedjie HIER stroom/aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”

    Winter Hotel
    Music Videos 5 Aug 2026

    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”

    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    Music Videos 5 Aug 2026

    John Rock Prophet se nuwe liedjie "Charlene" is 'n eerbetuing aan 'n oorlede vriendin wat die tydelikheid van wat kosbaar is, verken.

  • “Impossible Sea”, Man As Machine’s New Single Released

    Man As Machine - Impossible Sea
    Music Videos 3 Aug 2026

    Man As Machine release "Impossible Sea," a hopeful alternative rock single exploring growth, self-discovery, and the emotional weight of leaving behind loved ones.

    “Rubber Arm”, The New Shortstraw Single Has Arrived

    Shortstraw - Rubber Arm
    Music Videos 3 Aug 2026

    Indie band Shortstraw returns after five years with new single "Rubber Arm" and EP Everything In Between, plus headline shows across South Africa in September.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Lee Cole - Fool
    On New Track “Fool”, Lee Cole Confronts Self-Betrayal
    August 1, 2026
  • Manfred Zipfel
    Manfred Zipfel’s “Sunshine” Brings Hope Through Simplicity
    July 31, 2026
  • Bangkinders - Francois Van Coke
    “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier
    July 31, 2026
  • A New Country Anthem: "Keep On Kickin" by Hendry & Serrao 2
    A New Country Anthem: “Keep On Kickin” by Hendry & Serrao
    July 30, 2026
  • Millennium - Brooklyn Bachelor
    Met “Brooklyn Bachelor” Skop Millennium Die Deur Oop
    July 28, 2026
  • Riaan Benade
    Riaan Benadé bring hulde aan die liefde met ‘Lof’
    July 27, 2026
  • Nicholis Louw & Pieter Pruis
    Nicholis Louw & Pieter Pruis Reik “Feit Soos ‘n Koei” Uit
    July 27, 2026
  • Adam Boyd
    Adam Boyd Pays Tribute to Loved Ones With “Hallelujah”
    July 24, 2026
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,253
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
Cape Town 333
USA 331
Pretoria 304
Johannesburg 285
Festivals 196
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.