Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Music»Resensie: Mieliepop 2024

    Resensie: Mieliepop 2024

    Henno KrugerBy Henno Kruger Music Featured 8 Mins Read145 ViewsMarch 15, 2024
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Mieliepop 2024 is die naweek van die 7de tot die 9de Maart gehou by die Tolderia Oord (naby Lothair in Mpumalanga) en dit was vet pret gewees.

    NetfloristOfferforge

    Hier is my resensie van Mieliepop 2024

    Die laaste keer wat ek by hierdie fees (wat in 2011 die eerste keer gehou is) was, was in 2018. Daai jaar was ‘n modderige affêre gewees, en ek het gehoop die jaar se fees is nie ‘n herhaling van dit nie.

    Gelukkig was hierdie jaar se Mieliepop nie ‘n nat fees gewees nie. So paar druppeltjies dou / mot reën het in die vroëe oggendure die feesterrein afgekoel, maar dit was actually lekker, nie onplesierig nie. Ek wil amper vir Modjadji ‘n briefie skryf om dankie te sê vir dit.

    Phoenix, ek en Nino het geroadtrip uit Pretoria uit en voor jy kon sê “Pieliemop” het ons die Donderdag middag so 5 uur se kant by Tolderia opgedaag.

    Ons het seker gemaak ons slaan ons tente op voor dit donker raak, ‘n rukkie saam ons kamp maatjies gekuier en ons was net betyds om ‘n stukkie van die eerste band (Boom) te vang op die main stage. Die laaitjies is baie jonk, maar hulle het die partytjie aan die gang gekry.

    Boom - Mieliepop 2024

    Volgende het Sugar Dip ons vermaak terwyl die son ondergaan en toe ons weer loer, was Sex Tape op die main stage om die partytjie se spoed bietjie te versnel. Die laaitjies is ook nog jonk, maar hulle weet hoe om punk rock te speel.

    Sugar Dip - Mieliepop

    Sex Tape - Mieliepop 2024

    Make-Overs was volgende op die line-up en soos gewoonlik het hierdie 2-piece Kaapse rock band my nie teleurgestel nie. Hulle set was next-level gewees. Hulle het lekker geraas gemaak…

    Make-Overs - Mieliepop 2024

    The Klubs was die volgende orkessie op die main stage. Die 3 piece band se set was ook next-level. Hulle het ook baie lekker geraas gemaak.

    Ek is bly ek kon hulle hierdie keer afneem. Die vorige keer wat ek hulle gesien was by That 70s Fest by Tweefontein Melkery en altwee my kamera batterye was pap gewees.

    The Klubs - Mieliepop 2024

    Die laaste act vir die dag op die Main Stage was PHFat gewees en soos gewoonlik het hierdie dans groepie dinge in die rooi in ge-reff. Dit het nie die Mieliepop 2024 crowd lank gevat om kliphard te dans en saam te sing nie. Die top-class klank en beligting het defnitief hierdie vertoning een van die naweek se bestes gemaak.

    PHFat - Mieliepop 2024

    Na PHFAT het ons natuurlik weer die dam onder die eend uitgeruk en ons was eventually omtrent so half 3 die oggend snoesig in ons tent-bedjies gewees.

    Ek het een les op die eerste aand van die fees geleer: Moenie op die rubber mat op ‘n brug loop as dit nat is nie, mens gly en dan skaaf jy sommer jou knieg nerf-af met die afkom-slag.

    Vrydag oggend was ek vinnig by die mediese ouens gewees om my nerf-af knieg te dis-infect. Gelukkig was dit darem nie te ernstig nie, ek sal oorleef.

    Na so paar breakfast kasies (wat meer vodka as kasies was) het ons eers so bietjie gekuier en dagdronk geraak by ons campsite. Dit was ‘n strategiese en kreatiewe manier om die son (wat nogals warm was) te vermy. Ek het wel ‘n punt daarvan gemaak om The Russian Dolls hier so teen middag-ete se kant af te gaan neem.

    The Russian Dolls - Mieliepop 2024

    Eventually het ons laat middag afbeweeg stages toe en so paar bands gekyk. Mouse kon ongelukkig nie hulle set speel nie, maar daar was alternatiewe vermaak gewees. Die eerste band wat ek rêrig gekyk het op die dag was The Tazers.

    As jy ‘n rock ‘n roll fan is en jy het nog nie ‘n show van The Tazers beleef nie, doen jouself ‘n guns. Hierdie outjies is al ‘n paar jaar aan die gang en hulle bring altyd hulle A-game.

    The Tazers - Mieliepop 2024

    Na The Tazers se set is ons ingesuig in die Silent Disco in wat aan die gang was by die main kroeg van die fees. Die vaaibs was nogals lekker gewees. Mense het hulle beste dans moves uitgeruk en dit was lekker om te sien hoe musiek mense verskillend affekteer. Musiek is definitief ‘n universele taal, en hierdie Silent Disco het dit defnitief na vore gebring. Ek het nog nooit so lekker gevaaib op Jay-Z en Busta Rhymes nie #SêMaarNet

    Silent Disco - Mieliepop 2024

    Ek het ‘n Francois Van Coke by RAMFest 2011 gepull by Mieliepop 2024. Ek het so lekker gedans by die Silent Disco dat ek amper Black Math se set gemis by die main stage. Gelukkig was ek betyds om bietjie hard ruk en rol te ervaar en agter die mini moshpit dinge wat rondom ons gebeur te bestudeer.

    Black Math - Mieliepop 2024

    Nota: Vir die van julle wat nie weet nie, Frannie het so lekker op PHFAT se musiek gedans by daai RAMFest en amper sy colab met Die Antwoord gemis.

    Na Black Math was die tyd vir bietjie Fuzigish. Hierdie Suid-Afrikaanse Punk Rock veterane het seker maak dat die gene wat nog nie hulle mielies gepop het by die fees nie hulle mielies pop. Hulle het gewys hoekom hulle as een van die beste live acts in die land beskou word.

    Fuzigish - Mieliepop 2024

    En nes mens gedink het dinge kan nie harder en lekkerder raak nie, was dit tyd vir Facing The Gallows om die harde metaal fans by Mieliepop 2024 te vermaak. Die outjies (wat in 2019 by Wacken in Duitsland opgetree het) het kliphard geraas gemaak. Hulle baskitaar speler het ook bietjie ge-crowdsurf in ‘n rubberbootjie op die mense se hande.

    Facing The Gallows - Mieliepop 2024

    Ons het ons self gedra en vroeg gaan slaap. Die keer het ek onthou om nie op die rubber mat op die brug te loop nie. Dit was ook lekker om op ‘n opgeblaaste matras te slaap (iets wat ek nie ervaar het die Donderdag aand nie). Dankie vir Pieter Stone wat seker maak gemaak het dat dit gebeur.

    Saterdag het weer begin met breakfast kasies, maar ons het dit aansienlik rustiger gevat. Ek het seker gemaak al my batterye is gecharge (thanks George) en omtrent 12 uur die middag afbeweeg stages toe. Die eerste band vir dag Janus (wat ek nie rêrig ken nie) en na hulle was Tea & Oranges (wat bestaan uit Jaco Mans en sy ander helfte Dominique).

    Tea & Oranges - Mieliepop 2024

    Ons het op die barge geklim toe dit bietjie koeler was en gaan kyk hoe lyk die dam en die natuur by Tolderia. Ons was net betyds terug om die Juno Band se vertoning te vang.

    Mieliepop 2024 Barge

    In geval jy nie geweet het nie, die Juno Band bestaan uit Gad (van Shortstraw), Floris (Kabaal Klankbaan), Shotgun Tori, en The Honeymooners (Steve en Jolene East).

    Juno Band - Mieliepop 2024

    Volgende was dit Pedro Barbosa se beurt om die laat middag partytjie sessie af te skop by die fees. Hy en sy band het ‘n moer goeie job gedoen hoor. Mense het lekker gedans en saam gesing en hulle self gate uit geniet.

    Pedro Barbosa - Mieliepop 2024

    Na Pedro was dit Shortstraw se beurt om mense aan die dans te kry. Die outjies het mense vinnig aan die sing gehad met liedjies soos “Couch Patato” en “Bikini Weather” (wat ook baie goeie memories terug gebring het van die 2010s).

    Shortstraw - Mieliepop 2024

    Na Shortstraw was dit tyd vir bietjie Reggae. Tidal Waves was 8 uur se kant op die verhoog en het ook mense vinnig aan die dans gehad. Dit was lekker om te hoor hoe mense saam sing en te sien hoe mense hulle self inleef in hulle musiek in.

    Tidal Waves - Mieliepop 2024

    Ons was so rukkie by die Silent Disco gewees en ons het onself weer gate uitgeniet voor dit tyd was vir The Black Cat Bones. Dit was die eerste keer wat ek hulle live gesien het met hulle nuwe frontman (Gareth Wilson) en ek het dit vreeslik geniet. Dit was ook lekker om bietjie van Southern Gypsey Queen se liedjies te hoor.

    The Black Cat Bones - Mieliepop 2024

    Jack Parow was so half elf op die verhoog en die “Man met die snor by die bar” het die partytjie kliphard in die rooi in-gereff. Die crowd by Mieliepop 2024 het hulle koppe verloor. Dit was ‘n set belaai met twee bottels Jagermeister, barriers wat amper breek en “bass” wat konstant drop. My kniëe was nie die volgende dag lief vir my gewees nie…

    Jack Parow - Mieliepop 2024

    Ek was rukkie na die main stage bar toe na Parow se set om na #SOZLOL se lekker tunes te luister, maar teen 1 uur die oggend wou die masjien nie meer dans nie, toe gaan slaap ek maar. Ons het vinnig opgepak die Sondag oggend en ons is redelik vroeg alreeds terug oppad Pretoria toe.

    Kudos aan al die organiseerders (Henk, Niel, Willie, Johan en kie) wat betrokke was om hierdie fees te reël. Dinge het mooi geloop die jaar en die reën het darem die keer weggebly.

    Die bier en Jagermeister was koud, die partytjies was lekker en die badkamers en storte is nog steeds to skoonstes by ‘n fees in Suid-Afrika. Sien julle hopelik volgende jaar vir my 9de Mieliepop.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Related Articles:

    • Resensie: Mieliepop 2018
    • Bos Boogie 2023: My Resensie
    • Van Pletzen: ‘n Vinnige geselsie voor Mieliepop 2018
    • Resensie: Francois van Coke en Vriende by Sun Arena

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    NetfloristOfferforge

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Mieliepop Mpumalanga Reviews South Africa
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous Article5 Essential Survival Techniques for Thriving in The Wild
    Next Article Positive Masculinity is Crucial To Ending GBV
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Kategoriëe
    NetfloristOfferforge
    Nog artikels in Afrikaans
    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet 1
    June 20, 2025

    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet

    71 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    91 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    73 Views3 Mins Read
    Koek - Showmax
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    59 Views3 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    Ander Artikels
    ESPN
    September 24, 2025

    Disney+ To Add ESPN Linear Channels from 2 October 2025

    7 Views3 Mins Read
    TCL
    September 24, 2025

    TCL and Bang & Olufsen Deliver Landmark Creator Experience

    10 Views3 Mins Read
    How It All Began
    September 24, 2025

    “How It All Began” Podcast Series Launched

    14 Views3 Mins Read
    Acer
    September 19, 2025

    Acer Powers South Africa’s Growing Gaming Scene

    20 Views2 Mins Read
    "Featured" Artikels
    Cyril Ra-ra-ah-ah Rama Ramaphosa
    January 29, 2021

    21 Discount Mashups That Will Improve Your Mood

    41 Views3 Mins Read
    Photo Album: The Lumineers Live in Johannesburg 2
    December 18, 2014

    Photo Album: The Lumineers Live in Johannesburg

    56 Views2 Mins Read
    Henry Engbrecht - Giant In The Pit
    November 30, 2022

    “Giant In The Pit”: Henry Engelbrecht’s legacy lives on

    107 Views3 Mins Read
    The First Rise & Shine Festival of 2015: A Photo Album 3
    April 7, 2015

    The First Rise & Shine Festival of 2015: A Photo Album

    44 Views3 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.