Close Menu
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Afrikaanse Hoekie
  • Knowledge Hub
  • Music Hub
  • Screen Hub
  • Contact Us
  • Privacy Policy
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Afrikaanse Hoekie
  • Knowledge Hub
  • Music Hub
  • Screen Hub
  • Contact Us
  • Privacy Policy
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Millennium Laat Die Wiele Rol Met “Gly Mamma Gly”

Millennium Laat Die Wiele Rol Met “Gly Mamma Gly”

Blitsoorsig: Millennium is terug met die catchy rocksnit "Gly mamma gly", 'n energieke lied gebaseer op 'n ware gebeurde aand in Pretoria en Alberton. Die song het vinnig ontstaan en is ontwerp om mense te laat lag en saamsing, met 'n aansteeklike refrein en tipiese Millennium-karakter vol kleur en humor.

Henno KrugerBy Henno KrugerJuly 1, 2026No Comments2 Mins Read Music Videos
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die Afrikaanse rockgroep Millennium is terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat luisteraars van die eerste sekonde af op ’n wilde, energieke rit neem.

“Gly mamma gly” is ’n catchy, tong-in-die-kies rocksnit met ’n sterk road-trip gevoel, ’n stewige skeut humor en ’n storielyn wat klink soos iets wat net in die vroeë oggendure kon gebeur.

Millennium Band

Die liedjie begin om vieruur in die oggend ná ’n lang week – moeg van sigarette, padkos en drank – en ontwikkel vinnig in ’n tipiese Millennium-storie vol chaos, karakter en kleur.

Volgens die band is die song gebaseer op ’n ware gebeurtenis wat een aand in die skrywer se lewe afgespeel het.

NetfloristOfferforge

“Dit kom uit ’n ou verhaal wat een aand in my lewe gebeur het,” vertel Millennium. “Die aand het in Pretoria en Alberton afgespeel, en daarom is Alberton deel van die storie. As jy in Alberton kuier, moet jy wake up wees.”

Met sy vinniger 12-bar blues-gevoel en partytjie-energie is “Gly mamma gly” ontwerp om mense te laat glimlag, lag en saamsing. Die refrein is eenvoudig, aansteeklik en perfek vir ’n live show. Die frase “gly mamma gly” beteken binne die konteks van die song dat wanneer dit tyd is om te gly, jy moet huis toe gaan of vinnig uit ’n situasie moet wegkom.

“Dit is soms nogal moeilik om nie oor die lyn te trap met te stout lirieke nie,” sê die band. “Ons probeer dit só balanseer dat jonger mense dit ook kan luister, maar die ouer mense vang steeds die grappie.”

Kyk die musiekvideo vir “Gly Mamma Gly” hier onder:

NetfloristOfferforge

Meer inligting oor Millennium se nuwe liedjie

Die skryf- en opnameproses van die liedjie het vinnig gebeur: die song is binne ongeveer ’n halfuur geskryf en in een dag opgeneem. Daardie spontane energie is duidelik hoorbaar in die finale weergawe – rou, pret en reguit op die punt af.

Aanhangers kan ook uitsien na ’n musiekvideo vir “Gly mamma gly”, wat perfek pas by die visuele aard van die lirieke. Die liedjie speel amper soos ’n kortfilm af – van die lang pad en vreemde ontmoetings tot die volgende oggend se chaos en die noodsaaklike besluit om vinnig te gly.

Ná hierdie vrystelling kan luisteraars nog meer van Millennium verwag, insluitend ’n nuwe song saam met Daan van Brooklyn Bachelor.

Hou jou ogies oop vir opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge
Sluit by die Wolfpak aan

Kry nuwe artikels direk in jou Inboks.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Met “Brooklyn Bachelor” Skop Millennium Die Deur Oop

    Millennium - Brooklyn Bachelor
    Music Videos 28 Jul 2026 8 kyke
  • Millennium Reik Energieke Nuwe Enkelsnit Uit: “Ry”

    Millennium Band
    Music News 13 Jun 2026 5 kyke
  • Angelique Greffrath Releases New Single: “Wide Awake”

    Angelique Greffrath
    Music News 20 Nov 2026 1,187 views

Goeters Om Te Doen

  • KALEO February 2027 SA Tour: Everything You Should Know

    KALEO
  • Jimmy Carr March 2027 SA Tour: Everything You Should Know

    Jimmy Carr March 2027 SA Tour: Everything You Should Know 1
  • Carols by Candlelight 2026: All The Deets

    Carols By Candlelight 2026

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

Check ons Screen Hub uitCheck ons Music Hub uitBesoek die Afrikaanse HoekieCheck bietjie Upcoming Events uitCheck die SA Gig Guide uit
Afrikaans Gly Mamma Gly Millennium Rock South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Jann Klose
    Jann Klose Explores Healing in New Visual Project
    November 17, 2026
  • Anacy South Africa Singer
    Anacy Releases “Brother’s Friend” Single
    November 11, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar Releases “Muscle Memory” Single
    November 9, 2026
  • Keep Guessing Charlie
    Keep Guessing Charlie Release “Our Desire”
    November 2, 2026
  • Tian Nienaber
    Tian Nienaber Releases New Single: “Arabella”
    October 30, 2026
  • Giselle Niemand
    Giselle Niemand Drops New Single: “He Doesn’t Know”
    October 27, 2026
  • Gerald Clark
    Gerald Clark Keer Terug Met “Soms wil ek huis toe kom”
    October 20, 2026
  • Ricus en Liza Nel
    Ricus en Liza Nel Reik “Ek Het Nie” Uit
    October 20, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,391
Rock 629
Useful Tips 575
Afrikaans 530
Cape Town 352
USA 339
Pretoria 307
Johannesburg 294
Festivals 201
UK 180
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.