Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Nuwe Fokofpolisiekar musiek video uitgereik

Nuwe Fokofpolisiekar musiek video uitgereik

Blitsoorsig: Fokofpolisiekar het hul album Selfmedikasie uitgereik, 'n onafhanklike projek gefinansier deur aanhangers via Thundafund. Die album bevat diepsinning, introspektiewe lirieke wat persoonlike en sosio-politiese temas ondersoek. Dit is opgeneem by gitaarspeler Johnny de Ridder se ateljee in Kaapstad, met kunswerk van Marchand. 'n Bekendstellingstoer loop tans in verskeie Suid-Afrikaanse stede.

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 10, 2017No Comments3 Mins Read Music Videos 84 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Goeie nuus! Fokofpolisiekar se lang verwagte album, Selfmedikasie, is nou amptelik beskikbaar in winkels landswyd, sowel as eksklusief op iTunes en Apple Music.

Die Bende het weer ‘n tydlose album gemaak met ‘n vernuwende Fokofpolisiekar-klank wat vas steek en syl uisteraars laat vóél. Die lirieke is diepsinning, introspektief en bevraagtekenend van sy persoonlike en sosio-politiese landskap.

Met hierdie projek het Fokofpolisiekar die gees probeer vasvang van die musiek wat ‘n indruk op die groep gelaat het in hul tienerjare

Met behulp van hul getrouste aanhangers het Fokofpolisiekar vroeër vanjaar oor ‘n R1 miljoen ingesamel via Thundafund om die album se produksie-onkostes te dek.

FPK 2017_groen gang_by Andre Badenhorst - MR

Die groep se slagspreuk was nog altyd“ Passie. Liberasie. Onafhanklikheid.” Daarom was dit van meet af Fokofpolisiekar se doel om Selfmedikasie 100% onafhanklik, en vry van beleggers of platemaatskappye se inmenging, vry te stel.

NetfloristOfferforge

Die album is onafhanklik vervaardig en opgeneem by Fokofpolisiekar se kitaarspeler, Johnny de Ridder, se ateljee in Kaapstad se Noordelikevoorstede.  Die album se ontwerp is gedoendeur die groep se vriend, die kunstenaar Marchand. Selfmedikasie is ‘n album wat aanhangers nog vir jare sal laat saamsing en die perfekte tydkapsule van waar Fokofpolisiekar nou in hul bestaan is.

Kyk die befokte liriek-video vir “Dis in my bloed baby” (die eerste liedjie op die album) hier onder. Dit is op die 4de Oktober uitgereik.

Selfmedikasie se album-omslag is ‘n Ouroboros. Hunter Kennedy, die groep se liriekskrywer, kitaarspeler en agtergrond sanger, verduidelik dat dit “die ewigesiklus van selfvernietiging en hergeboorte” verteenwoordig.

Oor die keuse van die album se naam, verduidelik Francois van Coke: “Selfmedikasie is ’n titel van een van die tunes op die album, maar ons almal glo dat Fokofpolisiekar ’n terapeutiese invloed op ons lewens gehad het. Dit het my baie gehelp om vir klomp jare, aand na aand, op mense te skree tydens ons shows. Dit het my baie rustiger gemaak. Fokofpolisiekar was ons kerk, familie en medikasie.”

NetfloristOfferforge

Die beste manier om na Selfmedikasie te luister is met oorfone aan of kliphard deur jou klanktoestel met die skouspelagtige CD-boekie van 32 bladsye. Die boekiebevat al die liriekeen die kunstenaar, Marchand, het unieke kunswerke vir elkeliedjie geskep.  Hierdie boekie maak deel uit van die CD-omslag wat op die winkelrakke te kry sal wees.

Fokof Lager is ‘n groot gunsteling onder mense wat hou van ‘n lekker koue bier uit die kraan. Binnekort sal Fokof Lager ook in 340ml bottelsbeskikbaar wees in ‘n beperkteuitgawe 12-pak geskenk boks, met Fokofpolisiekar se nuwe album daarby ingesluit. Hou ‘n ogie op Fokof Lager se Facebook en Instagram–blaaie om te sien presies waar en wanneer dit beskikbaar sal wees.

Die Selfmedikasie Bekendstellings-toer is in volle swang. Maak seker dat jy musiek-liefhebbende voetjies deur die deur kry by een van hierdie venues in Oktober:

  • 12 Oktober 2017 – Mystic Boer, Potchefstroom
  • 13 Oktober 2017 – Mystic Boer, Bloemfontein
  • 14 Oktober 2017 – Good Luck Bar, Johannesburg
  • 15 Oktober 2017 – Atterbury Theater, Pretoria
  • 27 Oktober 2017 – The Jock Pub & Grill, Nelspruit
  • 28 Oktober 2017 – Voortrekker Monument, Pretoria
  • 29 Oktober 2017 – Dozi’s Back to the Roots. Hartbeespoort

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Fokofpolisiekar reik “Selfmedikasie” uit aan Crowdfunders

    FPK 2017_by Liam Lynch_2
    Music News 5 Sep 2017
  • Fokofpolisiekar: 15 Interesting Facts You Might Not Know

    Fokofpolisiekar
    Music Facts 4 Jul 2025
  • Calabash 2025 at FNB Stadium: My Review

    Green Day @ Calabash 2025
    Event Reviews 22 Jan 2025
  • Woofstock 2024: Everything You Should Know

    Woofstock 2024 Featured
    Music News 30 Jul 2024

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Fokofpolisiekar Selfmedikasie South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
  • Winter Hotel - Koffiewinkel
    Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”
    September 6, 2026
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.