Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Music»Werner Van Der Hoven: ‘n Onderhoud oor “Wynland”, ens.

    Werner Van Der Hoven: ‘n Onderhoud oor “Wynland”, ens.

    Henno KrugerBy Henno Kruger Music 4 Mins Read149 ViewsMay 25, 2023
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Werner Van Der Hoven, die June van bekende Afrikaanse duo, Jack & June, het onlangs bietjie laat los loop met sy solo debuut in die Afrikaanse genre.

    NetfloristOfferforge

    Sy eerste enkelsnit, “Wynland”, gaan nie net oor die streek se vrug self nie, maar is eerder ‘n liefdeslied wat die mooi van liefwees beskryf. Jy sal wil dans, jy sal wil huil van blye verlange, jy sal wingerd wil plant en die lewenslustige gevoel van die wynland ervaar met alles wat sy kan bied en offer.

    Werner Van Der Hoven

    Ek het onlangs met Werner Van Der Hoven gesels oor “Wynland” en so paar ander goedjies. Hier is wat hy te sê gehad het.

    Baie geluk met jou debuut enkelsnit “Wynland”. Vertel ons meer van die liedjie en hoe die lirieke en musiek vir hierdie liedjie bymekaar gekom het?

    “In kort is dit n love song vir die Wynland. Al die seisoene van haar en al die mooi en alles wat sy oplewer vir ons om te geniet. Die eerste vers se lirieke het meer as n jaar terug by my opgekom terwyl ek op die plaas op en af gery het dorp toe en terug. Ek onthou die spesefieke oomblik toe ek die openings lyn geskryf het. Dit was ñ winderige dag en ek vasgekyk in rye en rye wingerde.”

    Werner Van Der Hoven

    Jy is deel van die bekende duo Jack & June. Hoekom het jy nou ook op ‘n solo loopbaan besluit?

    “Sekere van my songs is vir my en ander vir Jack & June, so is sekere songs ook net vir Jacqueline om die beurt. Omdat ek en my vrou destyds begin afrikaans skryf het,het ek gemaklik genoeg geraak met die taal en skryfstyl sodat ek nou op my eie in die taal ook songs kan vertolk.”

    “Om solo te wees het n sekere musikale vryheid, maar met dit gesê, niks word alleen bereik nie en dit vat altyd n span om iets merkwaardig te probeer doen. Ek is baie bevoorreg om goeie mense om my te hê wat saam met my die ‘solo’ pad stap.”

    Hoe lyk Werner Van Der Hoven se dag op `n “show dag?” Is jy maar net betyds om te speel of is daar `n spesiale manier van dinge doen?

    “Hang als af van hoe laat ek die vorige aand gaan slaap het… Voorbereiding is die antwoord en vertroue in jou vermoeëns. Ek sal voor die show deur my songs speel om seker te maak ek het alles in plek.My stem warm maar gewoonlik op met die eerste song.”

    Watter SA bands inspireer Werner Van Der Hoven tans en hoekom?

    “Ek luister graag na enige iets/iemand waar Henry Steel op speel – vir sy kitaar vernuf. Daar is regtig te veel om te noem! Ek geniet oorspronklikheid – van hip-hop tot rock tot singer/songwriter genres.”

    Watter internasionale kunstenaars inspireer jou tans en hoekom?

    “Eric Clapton is en sal maar altyd my man wees – sy musiek resoneer net absoluut met my. Steeldrivers – my gunsteling bluegrass band. En dan Chris Stapleton – hy is al so lank in die bedryf waar niemand hom regtig as ‘n kunstenaar geag het nie, hy was baie in die agtergrond as ‘n skrywer vir ander musikante, maar sy deursettings vermoeë en “aanhouer wen” mindset is inspirerend. Weereens, daar is so baie wat ek kan opnoem…”

    Waarna luister Werner Van Der Hoven in die motor as hy op toer reis?

    “Ek hou van ‘n stukkie Mandolin Orange – baie lekker rustige ry musiek. Ek kan nie na enige iets te ‘lewendig’ luister nie, anders wil ek jaag…”

    Wat is die beste raad wat julle al gekry het as `n kunstenaar?

    “Om opreg en eerlik te wees in jou eie musiek. Jou eie oorspronklikheid het baie meer waarde en daar sal ‘n plek wees vir jou in die berdryf.”

    “Ek was nie altyd getrou aan díe uitkyk nie en dit wys definitief in sekere opnames en optredes van my. Die beste raad is om hard te werk aan jou musiek en kuns en nog te werk en dan nog bietjie harder te werk. Die dag as jy dink jou werk is gedoen dan moet jy juis nog harder werk of ophou.”

    Wat beplan Werner Van Der Hoven vir die volgende 3 maande?

    Ons werk nou baie hard om my album klaar te maak en dan natuurlik ook hou ons konstant aan met promosie van die singles wat ons intussen uitreik.

    Waar kan fans met Werner Van Der Hoven kontak maak?

    “Instagram: @wernervanderhoven

    Facebook:  @wernervanderhoven

    Vir besprekings kan ek gekontak word via pwvanderhoven@gmail.com“

    Ek wil vir Werner Van Der Hoven bedank vir hierdie onderhoud en ek wens hom als van die beste toe met sy musikale endeavors en avonture.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Related Articles:

    • Fokofpolisiekar: ‘n Onderhoud met Wynand Myburgh
    • Corné Pretorius: ‘n Onderhoud Oor So Paar Goedjies
    • Straatligkinders: ‘n Onderhoud met Bouwer voor Park Acoustics
    • Janie Bay: ‘n Onderhoud oor “Ek glo nog in Jou”

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    NetfloristOfferforge

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Latest Music News

    Loading posts...
    Afrikaans Interviews South Africa Werner Van Der Hoven
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleNike T-Shirts: 5 You Can Buy On Superbalist
    Next Article Product Plans: Everything Small Companies Should Know
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Kategoriëe
    Nog artikels in Afrikaans
    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet 1
    June 20, 2025

    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet

    77 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    95 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    73 Views3 Mins Read
    Koek - Showmax
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    63 Views3 Mins Read
    Ander Artikels
    Helen Zille - Johannesburg - Jacaranda FM
    October 25, 2025

    Helen Zille Talks Johannesburg and Leadership with Bester

    7 Views4 Mins Read
    Buy-To-Let Property
    October 24, 2025

    6 Essential Tips for Investing in a Buy-to-Let Property

    9 Views4 Mins Read
    Badmington - Discover Sport
    October 24, 2025

    Discover Sport and BWF Bring Global Badminton to Africa

    8 Views3 Mins Read
    Espon CO-W01
    October 22, 2025

    Review: Epson CO-W01 Multimedia Projector

    34 Views2 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    A Collection of Bob Marley Quotes 2
    September 10, 2020

    A Collection of Bob Marley Quotes

    137 Views4 Mins Read
    An Interview with DZ Deathrays 3
    February 14, 2018

    An Interview with DZ Deathrays

    39 Views3 Mins Read
    The year that was 2014... 4
    January 3, 2015

    The year that was 2014…

    51 Views5 Mins Read
    Vodacom
    April 29, 2009

    The Vodacom Player 23 Advert is one of the best ads of 2009

    205 Views1 Min Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.