Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Willim Welsyn: Terug met ’n video & potgooi-episodes

Willim Welsyn: Terug met ’n video & potgooi-episodes

Blitsoorsig: Willim Welsyn se 2018 was vol hoogtepunte: hy het die ATKV Mediaveertjie vir sy WAT-podcast ontvang, sy album BLITZKRIEK is vir Best Rock Album genomineer, en hy het 'n nuwe musiekvideo vir "Herfsheks" op sy verjaardag bekendgestel. Die gewilde rocker het ook sy podcast herbegin met nuwe episodes en het shows gepland vir Oktober en November.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 26, 2018No Comments3 Mins Read Music News 75 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Dit was ‘n warrelwind van ‘n jaar vir Willim Welsyn. Die gewilde Suid-Afrikaanse rocker en liedjieskrywer het onlangs ‘bekroonde podcaster’ by sy vinnig-groeiende CV gevoeg. 

Hy het ‘n nuwe seisoen van sy WAT-podcast geloods en aanhangers verras met die bekendstelling van ‘n splinternuwe musiekvideo op sy verjaarsdag op 17 September. Hier is die crib notes van al die cool goed wat gebeur het…

Die video

Herfsheks is die tweede snit van sy nuutste album BLITZKRIEK wat genomineer is as ‘Best Rock Album’ by die 2018 South African Music Awards (SAMA).

Willim Welsyn - Herfsheks

Die energieke video vir die snit is verfilm en vervaardig deur Shaun van Wyngaardt, ‘n goeie vriend van die groep, en op Willim se verjaardag op YouTube bekendgestel tot die vreugde van jarelange aanhangers van reg oor die wêreld. Hy beplan ook om nog ‘n video voor die einde van die jaar bekend te stel.

NetfloristOfferforge

Die Toekennings

Willim Welsyn is op die 11de Mei bekroon met die ATKV Mediaveertjie in die “Luister” kategorie as Beste Aanbieder of Onderhoudvoerder van ’n Joernaalprogram vir sy WAT met Willim Welsyn podcast. Hy is die eerste onafhanklike, self-befondse Suid-Afrikaanse podcaster om ‘n toekenning te verower in hierdie kategorie. Dit word tradisioneel deur media-persoonlikhede van terrestriële radiostasies oorheers.

Willim Welsyn

Hy is ook genomineer as Gunsteling Manlike Kunstenaar by die Ghoema-toekennings – dieselfde seremonie waar BLITZKRIEK genomineer is as Beste Rock Album. Sy album is verder ook genomineer as Beste Rock Album by die SAMAs.

Willim was nog nooit ‘n man vir daai #AwardLife nie, maar dis lekker wanneer harde werk erken word. Die hardeware (en die handige verskoning om ‘n slag ‘n suit aan te trek) is met dank aanvaar.

Willim Welsyn se WAT Podcast

Willim het op die 2de Maart die 150ste episode van die WAT-podcast gepubliseer en aangekondig dat hy vir ‘n paar maande ‘n blaaskans gaan neem. Hy het op die 6de September teruggekeer na die digitale luggolwe met ‘n episode saam met Wynand Myburgh van Fokofpolisiekar, gevolg deur ‘n tweede episode saam met Laudo Liebenberg, hoofsanger en kitaarspeler van aKING. En dis net die begin…

NetfloristOfferforge

Jy kan Willim Welsyn live vang by een van die venues in Oktober / November 2018:

  • 5/6 Okt. 2018 – Food & Wine Festival, Hermanus (saam met Ryno Velvet)
  • 11 Okt. 2018 – Bohemia, Stellenbosch
  • 24 Nov. 2018 – Karoo Saloon, Route 62 Barrydale

Ek’s nogal spyt dat Willim nie bietjie shows in Gauteng opgeline het nie, maar ek glo ons sal hom seker in die nuwe jaar hier bo sien. Kom ons hou maar duimvas vir nou en drink ‘n dop om sy achievements te vier.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music News kategorie op RWR.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets

    Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets 1
    Upcoming Events 14 Sep 2026
  • Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”

    Mila Smith
    Music News 11 Sep 2026
  • Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets

    Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets 2
    Upcoming Events 7 Sep 2026
  • Dave Koz January 2027 South African Tour: All The Deets

    Dave Koz
    Upcoming Events 5 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Cape Town South Africa William Welfare Willim Welsyn
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.