Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Bok van Blerk Reik Kragtige Nuwe Enkelsnit Uit: “Hart Van ’n Leeu”

Bok van Blerk Reik Kragtige Nuwe Enkelsnit Uit: “Hart Van ’n Leeu”

Blitsoorsig: Bok van Blerk is terug met "Hart Van 'n Leeu," 'n energieke liedjie wat mense inspireer om elke uitdaging met vasberadenheid aan te pak. Geskryf saam met Johan Vorster, het die liedjie sy oorsprong in 'n eenvoudige vraag oor motivering. Die musiekvideo vertel ook 'n persoonlike familieverhaal met foto's van sy pa en oupa wat rugby gespeel het, en sy seun Samuel wat self rugby speel.

Henno KrugerBy Henno KrugerJuly 20, 2026No Comments3 Mins Read Music Videos 95 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Bok van Blerk, die bekroonde Afrikaanse sanger en liedjieskrywer agter ikoniese treffers soos “De La Rey,” “My Kreet,” en “Ik Ben Een Afrikaander,” is terug met ’n kragtige nuwe enkelsnit wat moed, deursettingsvermoë en samehorigheid vier.

“Hart Van ’n Leeu” is ’n energieke liedjie wat luisteraars inspireer om elke uitdaging met vasberadenheid aan te pak.

Dié liedjie, wat Bok Van Blerk saam met die bekende liedjieskrywer Johan Vorster geskryf het, het sy oorsprong in ’n eenvoudige, maar kragtige vraag: Wat sou ’n rugbyafrigter vir sy bulletjierugbyspan sê om hulle net vóór die wedstryd te motiveer?

Bok Van Blerk Hart van 'n Leeu

’n Stadion-gees en Persoonlike Familieverhaal

Volgens Bok Van Blerk is die liedjie so geskryf dat dit op enigiemand van toepassing is – van bulletjierugby tot netbal, hokkie, of selfs ’n MMA-vegter soos Dricus du Plessis. Dit gaan oor daardie gees en die gevoel wanneer duisende mense saam in ’n stadion sit en uit volle bors sing.

IQ AcademyOfferforge

Daardie stadion-atmosfeer was ook ’n belangrike deel van die opnameproses. Bok verduidelik dat hulle ’n groot groep mense bymekaar gekry het om saam op die liedjie te sing, wat daardie massiewe stadion-effek geskep het wat die energie van die liedjie perfek vasvang.

Die musiekvideo dra dieselfde emosionele boodskap en is verfilm op die stel van die musiekblyspel Ons Vir Jou, waarin Bok Van Blerk onlangs ’n hoofrol vertolk het by die AfriForum Teater.

Vir Bok Van Blerk is die video egter baie meer as net ’n visuele uitbeelding van die liedjie – dit vertel ook ’n persoonlike familieverhaal.

In die tyd toe ons die liedjie geskryf en opgeneem het, het ek lank in Pretoria by my ma gebly. Ek het een dag in die motorhuis rondgekrap en op ou foto’s van my pa en oupa afgekom, vertel Bok.

NetfloristOfferforge

Hy vertel hoe dié foto’s van sy pa wat vir die eerste span van Affies gespeel het en sy oupa wat vir die Vrystaat rugby gespeel het, hom diep geraak het.

Saam met die sporttema van die liedjie het dit hom laat besluit om daardie herinneringe deel van die musiekvideo te maak. Nóg ’n spesiale toevoeging is Bok se negejarige seun, Samuel, wat nou self rugby speel en sy liefde vir die sport in die video uitleef.

Kyk die video vir die liedjie hier onder:

Bok van Blerk - Hart Van 'N Leeu (Amptelike Musiekvideo)

Jy kan die liedjie HIER stroom/aflaai.

Bok Van Blerk bring ’n Viering van die Suid-Afrikaanse Gees

Met sy opbouende lirieke, stadionkoor en opwindende produksie is “Hart Van ’n Leeu” ’n liedjie wat mense sommer regop laat sit. Mense wat dit al gehoor het, sê dit gee vir hulle daardie gevoel van: “Sit my op, coach – ek is reg!”

Meer as net ’n sportliedjie, is “Hart Van ’n Leeu” ’n viering van die Suid-Afrikaanse gees – die vermoë om saam te staan, nooit moed op te gee nie, en altyd aan te hou veg.

Bok Van Blerk beklemtoon dat ons mense ’n ongelooflike wenkultuur het en dat hulle nie opgee nie. Met sy kenmerkende kragtige stem en aansteeklike energie, beloof hierdie enkelsnit om ’n blywende indruk te maak.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”

    Winter Hotel
    Music Videos 5 Aug 2026

    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”

    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    Music Videos 5 Aug 2026

    John Rock Prophet se nuwe liedjie "Charlene" is 'n eerbetuing aan 'n oorlede vriendin wat die tydelikheid van wat kosbaar is, verken.

  • “Impossible Sea”, Man As Machine’s New Single Released

    Man As Machine - Impossible Sea
    Music Videos 3 Aug 2026

    Man As Machine release "Impossible Sea," a hopeful alternative rock single exploring growth, self-discovery, and the emotional weight of leaving behind loved ones.

    “Rubber Arm”, The New Shortstraw Single Has Arrived

    Shortstraw - Rubber Arm
    Music Videos 3 Aug 2026

    Indie band Shortstraw returns after five years with new single "Rubber Arm" and EP Everything In Between, plus headline shows across South Africa in September.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Bok Van Blerk Hart Van 'n Leeu South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

IQ AcademyOfferforge
Nog Artikels
  • Lee Cole - Fool
    On New Track “Fool”, Lee Cole Confronts Self-Betrayal
    August 1, 2026
  • Manfred Zipfel
    Manfred Zipfel’s “Sunshine” Brings Hope Through Simplicity
    July 31, 2026
  • Bangkinders - Francois Van Coke
    “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier
    July 31, 2026
  • A New Country Anthem: "Keep On Kickin" by Hendry & Serrao 2
    A New Country Anthem: “Keep On Kickin” by Hendry & Serrao
    July 30, 2026
  • Millennium - Brooklyn Bachelor
    Met “Brooklyn Bachelor” Skop Millennium Die Deur Oop
    July 28, 2026
  • Riaan Benade
    Riaan Benadé bring hulde aan die liefde met ‘Lof’
    July 27, 2026
  • Nicholis Louw & Pieter Pruis
    Nicholis Louw & Pieter Pruis Reik “Feit Soos ‘n Koei” Uit
    July 27, 2026
  • Adam Boyd
    Adam Boyd Pays Tribute to Loved Ones With “Hallelujah”
    July 24, 2026
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,252
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
Cape Town 332
USA 331
Pretoria 303
Johannesburg 285
Festivals 196
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.