Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Categories
      • Entertainment
      • Facts
      • General News
      • Hacks
      • Opinion
      • Photography
      • Quotes
      • Technology
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home » Featured » Bos Boogie 2023: My Resensie

    Bos Boogie 2023: My Resensie

    Henno KrugerBy Henno Kruger Featured Music 5 Mins Read227 ViewsSeptember 7, 2023
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Bos Boogie 2023 het die naweek van die 25ste Augustus gebeur op ‘n plot in die Kameelfontein area (naby Pretoria se Roodeplaat dam) en ek was daar. Dit was die derde keer dat ek myself by hierdie musiekfees bevind het en dit was vet pret gewees.

    NetfloristOfferforge

    Hier is my Resensie van Bos Boogie 2023

    Ek het so paar goeters gehad om te doen op die Vrydag van die fees, so ek was eers net na 5 uur die middag daar gewees. Ongelukkig het ek so paar kunstenaars gemis, maar ek het bitter vinnig ‘n poging aangewend om op te catch (en ek glo dit was suksesvol op die ou end gewees).

    Die eerste band wat ek uitgecheck het was Zion Ruts Family en hulle het die partytjie afgeskop met hulle reggae vibes. Volgende was Walking Down Essex wat ons entertain het met bietjie rock musiek en na hulle was dit tyd vir bietie West Coast Wolves om ons aan die dans te kry voor die rugby begin…

    Bos Boogie 2023: My Resensie 1 Bos Boogie 2023 Bos Boogie 2023

    Ja mense, die organiseerders het vir ons ‘n projektor en skerm gereel vir die game teen die All Blacks (wat die Springbokke gemaklik gewen het).  Terwyl die rugby aan die gang was het Fourth Son South ons vermaak en na hulle was dit tyd vir die klanke van Amafranx (wat baie van ons weggevoer het na plekke waar ons lanklaas of dalk nog nooit was nie).

    Bos Boogie 2023 Bos Boogie 2023

    Die laaste kunstenaar vir die aand was Pedro Barbosa (wat al vir meer as 20 jaar doenig is in die Suid-Afrikaanse musiek industrie).

    Pedro en sy orkes het almal in ‘n nog happier mood gesit en voor jy “Mosambiek” kon sê in Engels, het dit ‘n regte Bos Boogie geword – omtrent almal wat daar was het gedans. Ons het so bietjie laat gekuier die eerste aand – ek dink ek was half drie in die bed gewees.

    Bos Boogie 2023 Stage Bos Boogie 2023

    Dag 2 van Bos Boogie 2023 het begin met ‘n DJ battle tussen die twee Steves. Dit was iets baie cool om te beleef. Dis nie elke dag wat mens voor 10 uur kliphard Rage Against The Machine by ‘n fees hoor nie. Dit was ook lekker om te sien hoe hierdie outjies hulle self geniet. Ek weet nie of hulle troues doen nie, maar as hulle doen, is dit defnitief twee DJs wat jy moet book. Jy sal nie teleurgesteld wees nie.

    Steve vs Steve - Bos Boogie 2023

    Die eerste kunstenaar vir die dag op die akoestiese verhoog was Meel Vignetting en haar band. Daarna was dit tyd vir ‘n bietjie Black Heidi (wat my brein gebreek het met hulle awesome vibe), Zadelhoff, Adele (van Saarkie faam) en The Honeymooners wat almal lekker shows gespeel het.

    Bos Boogie 2023  Bos Boogie 2023 Bos Boogie 2023: My Resensie 2 Bos Boogie 2023  Bos Boogie 2023

    Volgende op die verhoog was Hollow Body (wat nog nooit my teleurgestel het met ‘n vertoning nie), Hulle was die laaste outjies op die acoustic stage gewees. Daarna het die main stage oopgemaak met vertonings deur Jahworx, Oceans of Angels en Swerwer. Al drie bands het solid sets gespeel en die party aan die gang gekry.

    NetfloristOfferforge

    Bos Boogie 2023: My Resensie 3

    Bos Boogie 2023: My Resensie 4

    Bos Boogie 2023

    Swerwer - Bos Boogie 2023

    Die son het gesak oor die Bosveld by Bos Boogie 2023 en toe was dit vir die party om te begin. Kat & Wolf (een van Chris Chameleon se projekte) het ons ons oortjies laat spits, Cutting Jade het ons ge-transport na Hatfield toe in die 2000s, Radio Kalahari Orkes het ons aan die dans gekry, The Black Cat Bones het ons koppe van ons lywe af gerock en The Fake Leather Blues Band het ons laat dans tot ons moeg is.

    Bos Bo

    Bos Boogie 2023

    Bos Boogie 2023

    Bos Boogie 2023

    Bos Boogie 2023

    Bos Boogie 2023

    Die ouderdom het opgecatch met my en ek was voor 12 in die bed. Iets wat nie sommer met my gebeur by ‘n fees nie… Ek blameer die een shot Cuervo wat ek gehad het.

    Die derde dag by Bos Boogie 2023 het vir my begin met ‘n vertoning deur Sarah Jade. Die blou-harige dametjie mag maar sing hoor. Volgende op die line-up was Mony Pony (een van die outjies wat destyds in Soil 7T7 was), Tuin (wat ons ook weggevoer het na ander plekke toe) en Hoot n’ Anny.

    Sarah Jade - Bos Boogie 2023

    Mony Pony - Bos Boogie 2023

    Tuin - Bos Boogie 2023

    Hoot n Anny - Bos Boogie 2023

    Die laaste kunstenaar vir die naweek was Jonathan Peyper gewees en hy het nie teleurgestel nie. Ek moet erken dat dit lekker was om bietjie saam te sing op sy weergawes van The Black Keys se liedjies. 

    Jonathan Peyper - Bos Boogie 2023

    My 2 sente oor Bos Boogie 2023

    Bos Boogie is nie die grootste fees in Suid-Afrika nie, maar dis ‘n moerse lekker fees, veral as mens in baie mense vasloop wat jy ‘n ruk laas gesien het. Dit voel soos ‘n vriende en familie braai met ‘n moerse klomp goeie kunstenaars wat jam in die agtergrond. Die vaaib is baie soos Oppikoppi se Paasnaweek feeste se vaaibs was en ek love dit.

    Die organiseerders het seker gemaak dat die jaar se fees se kroeg beter hardloop as voriges. Die line-up is ook aangepas om seker te maak dat almal nie hulle self doodbrand voor die main stage deur die dag nie. Altwee hierdie goeters is improvements. Die badkamers was ook baie skoner as laas jaar gewees.

    Wel gedaan Jan-Hendrik, Eugene, Steve (en almal wat ook betrokke was by die fees). Hierdie enetjie was een vir die boeke gewees. Ek sien al klaar uit na Bos Boogie 2024 en ek hoop om almal wat hierdie resensie lees daar te sien.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Like what you just read? Buy us a coffee or Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website, check out our Featured Articles or scroll down to see the articles that are related to this article below. We've been around since 2008, so there's plenty of content.

    Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.

    Bos Boogie 2023: My Resensie 5
    Afrikaans Bos Boogie Pretoria Reviews South Africa
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleThe Courier Guy’s Hilarious Leon Schuster Ad Goes Viral
    Next Article Business Management Basics: Everything you need to know
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Related Posts

    By Henno KrugerMarch 15, 2024

    Resensie: Mieliepop 2024

    8 Mins Read144 Views
    By Henno KrugerSeptember 17, 2018

    Resensie: Francois van Coke en Vriende by Sun Arena

    3 Mins Read50 Views
    By Alice GreenJuly 3, 2018

    Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees 2018: My Resensie

    6 Mins Read142 Views
    By Henno KrugerApril 3, 2018

    Resensie: Mieliepop 2018

    5 Mins Read43 Views
    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Nog artikels in Afrikaans
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    85 Views2 Mins Read
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    73 Views3 Mins Read
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    58 Views3 Mins Read
    July 26, 2024

    Eksie Perfeksie vra: “Kan jy vriende bly met jou ekse?”

    51 Views4 Mins Read
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    May 27, 2025

    Headless CMS: The Future for Multi-Brand Content Management

    11 Views10 Mins Read
    May 23, 2025

    TCL’s C6K QD-Mini LED TV Series: The Lowdown

    14 Views4 Mins Read
    May 22, 2025

    5 Stand-up Comedy Sets You Can Stream on Showmax

    8 Views3 Mins Read
    May 22, 2025

    South Africa leads Africa’s Crime Index with Score of 74.7

    12 Views4 Mins Read
    Global customers rely on Bloomberg Sources to deliver accurate, real-time business and market-moving information that helps them make critical financial decisions! Contact them NOW!
    "Featured" Artikels
    December 5, 2011

    Photo Album: Van Coke Kartel Shows in 2011

    50 Views3 Mins Read
    June 16, 2014

    Capital Craft 2014: My Experience

    97 Views3 Mins Read
    January 6, 2010

    Vittorio Leonardi: An Extensive Interview

    127 Views12 Mins Read
    February 28, 2009

    Remember This Funny Wellington VO Brandy Ad?

    141 Views1 Min Read
    Teken in op ons Nuusbrief

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Onlangse Kommentaar
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    • Henno Kruger on Oppikoppi Photo Album: Editors, Rival Sons & Wolfmother
    • Tracey Sandenbergh on Oppikoppi Photo Album: Editors, Rival Sons & Wolfmother
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.