Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Caitie Rock Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Desember Dagdroom”

Caitie Rock Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Desember Dagdroom”

Blitsoorsig: Caitie Rock, 'n dinamiese 15-jarige kunstenaar van die Vaaldriehoek, stel haar nuutste lied "Desember Dagdroom" bekend. Die energieke poplied is geskryf deur Juan Boucher en Francois Kleynhans en vertel die storie van 'n jong dagdromer. Die kleurvolle musiekvideo, wat by haar skool en plaaslike plekke geskiet is, neem kykers saam op 'n warm droomreis.

Henno KrugerBy Henno KrugerFebruary 7, 2026No Comments3 Mins Read Music Videos 91 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die talentvolle 15-jarige sangeres Caitie Rock stel met groot opgewondenheid haar nuutste enkelsnit, “Desember Dagdroom”, bekend – ’n vars, energieke en sonnige poplied wat die opgewondenheid en ontsnapping van die Desembervakansie perfek vasvang. Die lied is geskryf deur twee van Suid-Afrika se mees geliefde liedjieskrywers, Juan Boucher en Francois Kleynhans.

“Desember Dagdroom” vertel die storie van ’n jong dagdromer wat uit die klaskamer se venster staar en droom oor warm sand, sonskyn, avontuur en ’n bietjie vryheid – presies wat die titel beloof.

Caitie Rock

Kleurvolle Musiekvideo Neem Kykers op ’n Droomreis

Die musiekvideo, plaaslik geskiet deur filmmaker Leon Barnard, neem kykers saam op ’n warm, speelse reis deur Caitie se droomwêreld. ’n Groot deel van die video is verfilm by H/S Dr Malan, in die wiskundeklas waar die

“Desember dagdroom” sy oorsprong vind. Mnr Ruan, die wiskunde-onderwyser, vertolk sy rol met groot entoesiasme, terwyl verskeie van Caitie se regte klasmaats ook in die video te sien is.

NetfloristOfferforge

Verder bevat die video kleurvolle tonele by die Meyerton Publieke Swembad, langs die rivier, en selfs saam met die gemeenskap se bekende tuk-tuk, wat ’n vrolike verskyning maak.

Ten spyte van wisselvallige weer, het die span die perfekte oomblikke vasgevang – insluitend tonele waar Caitie op die swembad dryf terwyl die res onder sambrele moes skuil.

Die laaste tonele op die rivier moes vinnig geskiet word nadat die sluise oopgemaak is en die water dramaties begin styg het.

“Dit was ’n dag wat ons nooit sal vergeet nie,” vertel die span. “Al die uitdagings het net gemaak dat die video nóg meer eg en besonders voel.”

NetfloristOfferforge

Kyk die video hier onder:

YouTube video player

’n Droom Wat Twee Jaar in die Maak Was

Caitie het van kleins af grootgeword met Juan Boucher se musiek – die klanke van kuiers en karritte het haar gevorm. Sy ken sy liedjies woord vir woord, en dit was haar droom dat hy eendag ’n lied vir haar sou skryf. Twee jaar gelede by een van Juan se vertonings het sy uiteindelik die groot vraag gevra: “Sal jy eendag ’n song vir my skryf?” En nou, twee jaar later, het die droom waar geword.

Juan het na haar vorige musiek geluister, vrae gevra, en saam met Francois Kleynhans het hulle “Desember Dagdroom” geskep — ’n lied wat perfek pas by Caitie se lewenslus, energie en jong optimisme.

Caitie Rock is ’n dinamiese, multi-talentvolle 15-jarige kunstenaar van die Vaaldriehoek

Sy blink uit in sang, drama, fotografiese modelwerk en sport, en is ’n kranige hekkiesatleet én toegewyde hokkiespeler. Sy is een van die sangeresse in die 4 Eva Young Band, wat oor die afgelope vyf jaar by groot feeste soos Innibos en Aardklop opgetree het. Haar liefde vir musiek het op negejarige ouderdom ontvlam toe sy haar eerste mikrofoon in ’n sangkompetisie gewen het.

NetfloristOfferforge

Caitie het reeds verskeie projekte agter haar naam, insluitend haar selfgeskrewe debuutenkelsnit “Carnival”, haar rol as Annie in ’n teaterproduksie in Pretoria, en die temalied “Noordvaal Hokkie”. Haar lied “Soos ’n Rots” word steeds wyd op radio gespeel.

“Desember Dagdroom”: ’n Sprankelende Vakansiepop

“Desember Dagdroom” is Caitie Rock se nuutste vrystelling – ’n sprankelende popsnit wat wys dat haar toekoms in die musiekbedryf blink en grensloos is.

“Desember Dagdroom voel soos my lewe in ’n liedjie – ek droom groot, ek leef voluit, en ek hou daarvan om mense te laat glimlag. Juan en Francois het presies vasgevang hoe dit voel om jonk te wees en vir die vakansie te wag.” sê Caitie Rock.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • Piper Connolly Returns With “Unapologetic”

    Piper Connolly
    Music Videos 28 Aug 2026
  • The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”

    The Bird - It's Just Begun
    Music Videos 27 Aug 2026
  • Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”

    Lordkez
    Music Videos 26 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Caitie Rock Desember Dagdroom South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
  • Tuin Artist
    Tuin Breek Vry Met Nuwe Enkelsnit: “Mooiste Monster”
    August 18, 2026
  • Basson Laas - Every River
    Basson Laas Embraces the Beauty of the Journey on “Every River”
    August 10, 2026
  • Winter Hotel
    Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”
    August 5, 2026
  • John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”
    August 5, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 334
Cape Town 334
Pretoria 303
Johannesburg 288
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.