Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Francois van Coke Reik 5de Solo Album Uit: “Die Ruimte”

Francois van Coke Reik 5de Solo Album Uit: “Die Ruimte”

Blitsoorsig: Francois van Coke se vyfde solo-album Die Ruimte is nou beskikbaar. Die album is geïnspireer deur iets wat hy gereeld vir sy kinders sê. Met drie populêre voorafsnitte en videos soos "Sad Man" op YouTube, beplan hy meer visuele inhoud vir die jaar. Francois sal ook in Maart en April in Australië en Nieu-Seeland toer.

Henno KrugerBy Henno KrugerMarch 20, 2025No Comments3 Mins Read Music News 77 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die Ruimte is die 8x SAMA’s-wenner, Francois van Coke, se vyfde solo-album. Hierdie album is nou uit.

Francois het reeds sedert Oktober 2024 hierdie album begin bekend stel met drie gewilde enkelsnitte wat hy redelik kort na mekaar vrygestel het: “Victor Ludorum”, “Aande” met Ryno Velvet en “Gelukkige lewe”.

Francois van Coke
Foto deur Andre Badenhorst

“Ek het jou meer lief as Die Ruimte,” is iets wat Francois gereeld vir sy kinders sê.

Hierdie woorde het die album se titel geïnspireer. Dit is ook die titelsnit wat later in Maart op radiostasies gehoor sal word.

NetfloristOfferforge

Die nuwe musiek is indrukwekkend en spreek vanself. Vele sal aanklank vind by die boeiende en eerlike lirieke waarvoor Francois van Coke so bekend en geliefd is. En hierdie vrystelling se beelde sal die verbeelding prikkel.

Francois van Coke beplan ‘n paar musiekvideos wat deur die verloop van die jaar skerms sal sien. Hy skop af met “Sad Man” wat nou uit is op YouTube.

Die Ruimte gaan ook vir ‘n spin in Australië en Nieu-Seeland wanneer Francois daar op toer gaan einde Maart / begin April saam met Die Gevaar en Early B.

Lekker feite oor Francois van Coke se Die Ruimte waarvan jy jou vriende by die braai kan vertel:

Snit 2 – “Die Ruimte”: Francois het hierdie pragtige lied geskryf vir sy twee kinders.

NetfloristOfferforge

Snit 3 – “Breek”: “Breek” is kragtig en weerloos op dieselfde tyd. Dit gaan oor nie inpas nie. “Act your way past those guards” is ‘n kwotasie uit die fliek, Team Amerika deur South Park se skeppers. “Dit is iets wat ek vir myself sê wanneer ek in ‘n ongemaklike situasie is of wanneer ek soos ‘n ‘imposter’ voel – ‘speel toneel verby die verdediging’,” vertel Francois.

Hoe Francois Snit 4, “Gelukkige lewe”, hoor: “Die song klink vir my amper soos asof Michael Jakson en The Weeknd ‘n liefdesbaba gehad het, ‘n sad song geskryf het oor gelukkig wees, êrens tussen-in Afrikaans geleer het en dit dan opgeneem het saam met die gevaarlikste rock band in Suid-Afrika.”

Snit 7 – “DSK” (Dominee se kind): Studente van Stellenbosch Academy of Design & Photography is besig om ‘n geanimeerde musiekvideo te maak vir hierdie snit.

Francois se gunsteling lirieke kom ook hieruit:

NetfloristOfferforge

“vir ewig skitterend”
“sterretjies in die duisternis”
“ek wil dit nie veg nie”
“want ek gee nie meer om nie”

“Dit beskryf die fights wat ek in my lewe gehad het en dat ek nie nou meer hoef te baklei met iemand nie, vertel Francois.”

Snit 11 – “Sad Man (Bonussnit)”: Die lied is geskryf uit negatiewe Netwerk24-kommentaar oor die vrystelling van Francois en Annie Klopper se boek, Hoe ek dit onthou (gepubliseer in September 2024). Hierdie boek is tans in sy derde herdruk en was tot einde Februarie op Netwerk24 se topverkoperslys.

Francois van Coke | Sad man (Bonussnit)

Jy kan Die Ruimte HIER stroom / aflaai.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie on Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier

    Bangkinders - Francois Van Coke
    Music Videos 31 Jul 2026
  • VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit

    VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 1
    Music News 6 Jul 2026
  • Francois van Coke & Vriende 2026: Als Wat Jy Moet Weet

    Francois Van Coke & Vriende 2025
    Upcoming Events 3 Jun 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Francois van Coke South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 2
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.