Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Van Coke reik “Begin Van Die Einde” Enkelsnit & Video Uit

Van Coke reik “Begin Van Die Einde” Enkelsnit & Video Uit

Blitsoorsig: Francois van Coke het sy eerste 2021 enkelsnit "Begin Van Die Einde" vrygelaat, 'n liedjie oor beter wees in tye van verandering. Die liedjie is geïnspireer deur Yuval Noah Harari se boek en het verskeie herwerking deurloop voordat dit perfek was. Hy sal dit vir die eerste keer by sy stroomkonsert op 6 Maart aangebied.

Henno KrugerBy Henno KrugerFebruary 26, 2021No Comments5 Mins Read Music Videos 52 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

“Begin Van Die Einde” is Francois van Coke se eerste enkelsnit en musiekvideo vrystelling van 2021. Dit sien vandag (die 26ste Februarie 2021) die lig. Francois verduidelik dat die liedjie gaan oor “om te probeer om beter te wees in ‘n tyd van disoriënterende verandering”.

Meer inligting oor “Begin Van Die Einde”

“Begin Van Die Einde” is deels geïnspireer deur Yuval Noah Harari se boek, 21 Lessons for the 21st Century. Francois het hierdie boek in Desember 2019 gelees en het bekommerd begin word oor die huidige toestand van ons tye.  Hy het die lirieke vir die liedjie in Februarie 2020 geskryf en, nie lank daarna nie, was COVID 19 in alle glorie met ons.

Francois Van Coke - Begin Van die Einde

“Hierdie liedjie het sy draaie vorentoe en agtertoe geneem. Ek het dit amper geskrap, maar was te lief vir die lirieke om dit net te laat gaan. Ek het dit ‘n paar keer herverwerk, dit akoesties gemaak, dit weer herverwerk en selfs die hele liedjie heropgeneem. Uiteindelik het ek die regte verpakking daarvoor gevind.” verduidelik Francois verder.

Kyk die musiekvideo vir “Begin Van Die Einde” hier onder:

IQ AcademyOfferforge

“Begin Van Die Einde” is ‘n kick-ass rock ‘n’ roll liedjie is die perfekte opwarmer vir die Francois van Coke & Die Gevaar stroomkonsert op 6 Maart 2021. Die konsert begin 8 uur die aand en word uitgesaai vanaf die Daisy Jones Bar by OMG op die Summerhill wynplaas buitekant Stellenbosch (in die Wes Kaap).

Francois Van Coke - Begin Van die Einde Foto

Meer inligting oor Francois Van Coke & Die Gevaar se stroomkonsert

Francois se nuutste enkelsnit (“Begin Van Die Einde”) asook sy nuwe snit saam met Hunter Kennedy en rapper Middelvinger (“Alles Is Gecancel”) sal vir die eerste keer by hierdie regstreekse stroomkonsert opgevoer word.

Hierdie konsert sal interaktief wees met pryse wat deur die verloop van die aand weg gegee gaan word. Maak seker jy kry vir jou en jou tjommies ‘n plek in die Zoom Room en hou jou bottel Jägermeister byderhand om ‘n kans te staan om iets cool te wen.

Francois Van Coke Live Stream

Soos alle musikante was Francois en sy span deur die pandemie gedwing om nuwe planne te maak om te oorleef. Die grootste verlies was die inkomste van fisiese optredes. Vandag, amper ‘n jaar later, lyk dinge nog glad nie beter nie en word Francois en sy industrie gedwing om aan te hou herontdek en planne te maak.

NetfloristOfferforge

‘n Goeie voorbeeld van dit die 40 Jaar Van Coke geselsreeks. In hierdie reeks praat Francois met Annie Klopper (die dametjie wat die Biografie van ‘n Bende boek geskryf het).

Meer inligting oor 40 Jaar Van Coke

Francoise praat meer as ooit van sy lewe en musiekloopbaan in hierdie geselsreek. In tien intieme en onthullende gesprekke vertel hy aan Annie Klopper die stories wat hy net aan sy tjommies vertel; stories so rof dat hulle nooit by die media uitgekom het nie. Francois vertel die ware stories agter koerantopskrifte soos “Wie het Van Coke opgef*k” en “Coke soen man”. 

Vind uit hoeom hy nooit eintlik wou sing nie en hoekom “Sondae die ergste” is. Die drank, die dwelms, Francois se eerste keer in die tronk, stories oor die liefde van sy lewe – sy vrou, Lauren – en hoe Die Antwoord vir haar verloofring betaal het. 

Francois Van Coke en Annie Klopper

Dis Francois op sy hoogste, Francois op sy laagste – dis alles hier … raar, rou, in diepte en ongesensor.  Maar bo al die sensasie, is dit die storie van Francois se sukses. Hoe ’n dominee se seun uit die Noordelike voorstede van Kaapstad ’n droom gehad het en hoe hy dit bereik het. Leer Francois beter ken en vind uit hoe twintig jaar se harde werk afbetaal het.

Die eerste nege episodes is in 2020 verfilm by Van Coke Studios in Kaapstad. Die stories begin by sy kinderjare en loop deur tot 2020 se Francois van Coke & Vriende Livestream op sy 40ste verjaarsdag. Die tiende episode, geborg deur Jägermeister, word vanjaar verfilm en sal afsluit met ’n spesiale finale. Annie en Francois ken mekaar al vanaf 2004 en is ou vriende, so die gesprekke vloei vlot, intiem en baie vermaaklik.

Francois het vir Annie belowe dat sy ook sy biografie kan skryf, maar toe loop dit uit op hierdie gesprekke – ’n kombinasie van ’n podcast, ’n videocast en dokumentêr met skaars beeldmateriaal by die stories ingevleg.

Episode een van die geselsreeks is al beskikbaar vanaf 22 Februarie 2021 en is getiteld Sing vir ‘n streep. Episodes word elke Maandag 8 uur die aand vrygestel, met die laaste episode wat uitgereik word op 26 April. Nadat episode 10 vrygestel is, sal die hele reeks tot Maandag, 31 Mei 2021 beskikbaar bly. Kykers hoef net R50 per episode te betaal. Elke episode is tussen 60 en 80 minute lank. 

Die reeks van 10 episodes word slegs as ‘n bondel teen R500 deur iTickets verkoop. ‘n Kaartjie houer sal dan ‘n unieke skakel kry (wat hulle enige tyd toegang tot het) om al die episodes wat reeds uitgereik is, te kan kyk. Met volle toegang kan ‘n kaartjie houer al die episodes soveel keer kyk as wat hulle wil vanaf 26 April tot 31 Mei. Kaartjies is HIER besikbaar.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier

    Bangkinders - Francois Van Coke
    Music Videos 31 Jul 2026

    Francois van Coke het sy nuwe punk anthem "Bangkinders" uitgereik. Dis propvol rou energie en satire oor moderne absurditeite.

    VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit

    VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 1
    Music News 6 Jul 2026

    Francois van Coke en VOLK gee "Groen en Goud", 'n rouwe punk rock-weergawe van The Bats se rugbyklassieker, nuwe lewe met vars energie.

  • Francois van Coke & Vriende 2026: Als Wat Jy Moet Weet

    Francois Van Coke & Vriende 2025
    Upcoming Events 3 Jun 2026

    Francois van Coke & Vriende keer terug op 9 Oktober 2026 met 'n ongelooflike line-up en nuwe musiek wat jy nie mag mis nie.

    Francois van Coke Reik “Nagmerries (Bye bye baby)” Uit

    Francois van Coke - Nagmerries
    Music Videos 24 Apr 2026

    Francois van Coke lewer "Nagmerries (Bye bye baby)" as eerste van vier nuwe singles wat in 2026 verwag word, met 'n kragtige musiekvideo.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Francois van Coke Rock South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

IQ AcademyOfferforge
Nog Artikels
  • Winter Hotel
    Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”
    August 5, 2026
  • John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 2
    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”
    August 5, 2026
  • Man As Machine - Impossible Sea
    “Impossible Sea”, Man As Machine’s New Single Released
    August 3, 2026
  • Shortstraw - Rubber Arm
    “Rubber Arm”, The New Shortstraw Single Has Arrived
    August 3, 2026
  • Lee Cole - Fool
    On New Track “Fool”, Lee Cole Confronts Self-Betrayal
    August 1, 2026
  • Manfred Zipfel
    Manfred Zipfel’s “Sunshine” Brings Hope Through Simplicity
    July 31, 2026
  • A New Country Anthem: "Keep On Kickin" by Hendry & Serrao 3
    A New Country Anthem: “Keep On Kickin” by Hendry & Serrao
    July 30, 2026
  • Millennium - Brooklyn Bachelor
    Met “Brooklyn Bachelor” Skop Millennium Die Deur Oop
    July 28, 2026
IQ AcademyOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,253
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
Cape Town 333
USA 331
Pretoria 304
Johannesburg 285
Festivals 196
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.