Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Jack Parow & Jitsvinger stel “Dis Bef*k” Remix vry

Jack Parow & Jitsvinger stel “Dis Bef*k” Remix vry

Blitsoorsig: Jack Parow en Jitsvinger het hul kragte saamgespan vir die gratis Dis Befk Remix, 'n nuwe weergawe van Parow se 2014 liedjie oor sy dogter. Die musiekvideo is deur sy dogtertjie Ruby met 'n GoPro opgeneem en bevat lirieke in Parow se eie handskrif. Kyk uit vir hul optrede op SABC 3 se Weekend Edition en verskeie venues oor Desember.

Henno KrugerBy Henno KrugerDecember 1, 2016No Comments2 Mins Read Music Videos 39 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Goeie nuus musiek liefhebbers! Kersfees is vroeg oppad hierdie jaar! Jack Parow en Jitsvinger het hul gevaarlike kragte saamgespan om die Dis Bef*k Remix (gesensorde weergawe is Dis Bfk Remix) GRATIS uit te bring. Dis Bef*k is oorspronklik vanaf Parow se Nag van die Lang Pette (2014) dubbelalbum en gaan oor sy liefde vir sy dogtertjie.

In die Dis Bef*k Remix rap Jitsvinger oor sy droom van ‘n “twisted premonition” om ‘n monster van ‘n baba te hê. Omdat hy nie self ‘n pa is nie, vra hy vir Parow hoe om te maak. Parow se antwoord is eenvoudig: “Bra, moedernatuur prepare jou mos die beste.”

jack-parow

Parow en Jits gooi sommer ‘n liriek-musiekvideo saam met die gratis liedjie in. En nou vir ietsie anders… die beeldmateriaal vir die musiekvideo is deur Jack Parow se dogtertjie, Ruby, geneem. Ruby is toegerus met ‘n GoPro sodat die video lewe uit haar oogpunt uitbeeld. Die lirieke in die video is in Parow se eie handskrif geskryf – en ek wil nou nie corny klink nie, maar die video is rêrig befok. Kyk hier onder as julle my nie glo nie:

Julle kan hierdie liedjie gratis hier aflaai:

IQ AcademyOfferforge

Parow is ‘n groot fan van Jitsvinger en sy album, Skeletsleutel, is een van sy gunsteling Afrikaanse albums van alle tye. Hulle het albei die kans om saam te werk aangegryp en het bewys om ‘n duidelike kombinasie te wees toe hulle die liedjie opgeneem het by Red Bull Studios in Kaapstad.

Parow se eertydse kitaarspeler, Loki Rothman, het hierdie weergawe van Dis Bef*k vervaardig. Kyk uit vir Parow en Jitsvinger se vertoning van Dis Bfk Remix saam op SABC 3 se Weekend Edition. Saterdag, 3 Desember tussen 06h30 en 09h00.

As jy op vakansie gaan die maand, wees maar op die uitkyk vir die man met die snor by die bar as jy jouself dalk bevind in een van hierdie dorpe / stede:

  • 3 Desember 2016 – Shimmy Beach Club, Kaapstad
  • 4 Desember 2016 – Sea & Sand, Hermanus
  • 5 Desember 2016 – Jolly Dolphin, Jeffrey’s Baai
  • 6 Desember 2016 – Club VIP, Plettenberg Baai
  • 23 Desember 2016 – Flamingos, Langebaan
  • 26 Desember 2016 – Jolly Dolphin, Jeffrey’s Baai
  • 27 Desember 2016 – Zanzibar, Knysna
  • 28 Desember 2016 – Zanzibar, George

Wees op die uitkyk vir gereelde artikels in the Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Limp Bizkit Live @ FNB Stadium: 13 December 2026

    Limp Bizkit
    Upcoming Events 2 Aug 2026

    Limp Bizkit are heading to FNB Stadium in Johannesburg on 13 December 2026 for their first South African show, with Ecca Vandal and Jack Parow as support acts.

    Jack Parow Reik “Dis DDP” uit vir Dricus du Plessis

    Jack Parow - Dis DDP
    Music News 11 Aug 2025

    Jack Parow released the rap anthem "Dis DDP" to support his friend Dricus du Plessis ahead of his UFC title fight in Chicago.

  • Jaakie kry kans om lied saam met Jack Parow op te neem

    Jaakie
    Music Videos 1 Nov 2024

    Jaakie is 'n nuwe Kaapse popster wie se droom waar geword het toe hy met Jack Parow saamgewerk het op sy debuutsnit "Hulle".

    Jack Parow Reik “Die Evangelie van Goeie Tye” Uit

    Jack Parow
    Music News 22 Feb 2023

    Jack Parow vir sy verjaardag sy nuutste 13-snit album Die Evangelie van Goeie Tye vrygestel, 'n maand-tot-maand dagboek in musiekvorm oor sy laaste jaar.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Jack Parow South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

IQ AcademyOfferforge
Nog Artikels
  • Man As Machine - Impossible Sea
    “Impossible Sea”, Man As Machine’s New Single Released
    August 3, 2026
  • Shortstraw - Rubber Arm
    “Rubber Arm”, The New Shortstraw Single Has Arrived
    August 3, 2026
  • Lee Cole - Fool
    On New Track “Fool”, Lee Cole Confronts Self-Betrayal
    August 1, 2026
  • Manfred Zipfel
    Manfred Zipfel’s “Sunshine” Brings Hope Through Simplicity
    July 31, 2026
  • Bangkinders - Francois Van Coke
    “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier
    July 31, 2026
  • A New Country Anthem: "Keep On Kickin" by Hendry & Serrao 1
    A New Country Anthem: “Keep On Kickin” by Hendry & Serrao
    July 30, 2026
  • Millennium - Brooklyn Bachelor
    Met “Brooklyn Bachelor” Skop Millennium Die Deur Oop
    July 28, 2026
  • Riaan Benade
    Riaan Benadé bring hulde aan die liefde met ‘Lof’
    July 27, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,253
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 510
Cape Town 333
USA 331
Pretoria 303
Johannesburg 286
Festivals 197
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.