Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Jako Meyer stel nuwe enkelsnit vry: “Oor My Voete Val”

Jako Meyer stel nuwe enkelsnit vry: “Oor My Voete Val”

Blitsoorsig: Jako Meyer is back with new music. After a busy period working on acting projects, he's released his first single of 2024 called "Oor My Voete Fall". The upbeat track was recorded in February in Potchefstroom and produced by Johan Viljoen, with help from Deon Meiring on writing. Meyer describes it as a feel-good song with catchy guitars, lyrics and melodies, designed to appeal to listeners of all ages without being overly complex.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 26, 2024No Comments2 Mins Read Music News 101 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Vandag sien die vrystelling van Jako Meyer se eerste nuwe enkelsnit vir die jaar, genaamd “Oor My Voete Val”. Jako Meyer het ’n besige paar maande as akteur agter te die rug – waartydens hy ’n hele paar advertensies geskiet het en ook ’n draai op Green Planet Productions se Tweede Skoot gemaak het.

Maar iewers aan die begin van 2024 het die inspirasie vir en behoefte aan musiek skryf weer aan sy deur kom klop.

Jako Meyer

Jako Meyer vertel ons oor die laaste paar maande

“Ek dink met my besige skedule het ek het vir seker bietjie ‘writersblock’ beleef, en gelukkig het hierdie lekker lied homself aan my kom voorstel.”

“Ek dink ek het oor die algemeen die behoefte om meer upbeat songs te skryf. Baie van my vorige liedjies is maar ballades, en ek voel ek is weer in ‘n fase in my lewe waar ek die mooi en die lekker in dinge kan raaksien.”

NetfloristOfferforge

“Oor My Voete Val” is in Februarie in Potchefstroom opgeneem en is vervaardig deur Johan Viljoen van Hoogtepunt Productions. Johan en Deon Meiring het ook hand bygesit met die skryf van die liedjie.

Met treffende kitare, lirieke en melodieë en Jako Meyer se kenmerkende groot kore, beskryf hy sy nuutste enkelsnit as ’n ‘goeie tyd’.

Liries is dit nie te diep of ingewikkeld nie, en hy wou spesifiek ’n liedjie skryf waarna mense lekker kan luister en waarby oud en jonk kan aanklank vind.

“Daar is altyd daardie een persoon wat jou oog vang. Oor my voete val gaan oor daardie persoon.” sê Jako Meyer.

NetfloristOfferforge

Jy kan “Oor My Voete Val” HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”

    Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Music News 14 Sep 2026
  • Jako Meyer Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Wakker Lewe”

    Jako Meyer
    Music News 11 Feb 2026
  • Jako Meyer Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ballito”

    Jako Meyer - Daar Wil Ek Wees
    Music News 16 Aug 2024
  • Wil jy liedjies skryf? Maroela Media & Skryfnet kan help!

    Liedjie Skryf
    Music News 11 Apr 2024

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Jako Meyer South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Khazimula Carol-Ann Meltzer
    Khazimula Releases New Single: “Joburg City”
    October 2, 2026
  • Deborah McKay
    Deborah McKay Releases New Single: “I Really Do”
    September 28, 2026
  • The Hill
    The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”
    September 25, 2026
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.