Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Tree63 Release New Single & Video: “Voyage”
  • Turn Your Photos into Mini Games with Pictonico!
  • Ezra Collective Release New Single: “Only Love”
  • DJ Scratch Masta Releases New Single: “Focus”
  • Amy Jones Releases New Single: “Again”
  • New Study Reveals Future of South African Youth Marketing
  • Apple Gule Starts New Chapter With “Wake Up Sing”
  • What Happens When South Africans Bet on Unlicensed Websites?
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Jay du Plessis Reik “Dans Die Vlamme Dood” Uit

Jay du Plessis Reik “Dans Die Vlamme Dood” Uit

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 9, 2025No Comments2 Mins Read Music News 8 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die winter mag ysig wees, maar Jay du Plessis is terug met ’n lied wat beslis die koue sal verdryf. Sy splinternuwe enkelsnit, “Dans Die Vlamme Dood”, is nou beskikbaar op alle digitale platforms – en dit’s alles wat jy nodig het om jou voete te laat beweeg.

“Dans Die Vlamme Dood” is ’n energieke dans- en popsnit wat die vreugde vier van liefde en saamwees. Die liedjie vertel die storie van ’n man wat sy geliefde herinner aan die goeie tye wat nog voorlê – ’n tema wat perfek pas by Jay se styl én by elke luisteraar wat ’n bietjie lig in die donker dae van winter soek.

Jay Du Plessis

Met sy pakkende melodie en positiewe boodskap is dié snit ideaal vir ’n Vrydagaand vol dans en ontvlugting van die week se stres.

Jay Du Plessis “Dans Die Vlamme Dood” is  ’n Liedjie Met ’n Persoonlike Hartklop

Wat hierdie liedjie besonders maak, is die storie agter die woorde. Dit is geskryf deur Jay se goeie vriend, die oorlede Johan Oberholzer, wat vroeër vanjaar tragies oorlede is. Jay vertel:

“Ek wens ek kon Johan vra wat sy inspirasie was. Maar dit maak die lied vir my selfs meer persoonlik en emosioneel kosbaar.” sê Jay.

NetfloristOfferforge

Die produksie is behartig deur Werner Beukes, ’n musikale vennoot van lank gelede. “Dit was heerlik om weer met Werner saam te werk ná soveel jare. Ons is reeds besig met nóg iets opwindends – so hou gerus dop,” sê Jay met opwinding.

Hoewel daar nie tans ’n musiekvideo beplan word nie, is ’n liriekvideo in die pyplyn – perfek vir aanhangers wat wil saam sing en dans.

Jay sê verder: “Ek wil hê mense moet beweeg – dis presies wat hierdie lied doen. Dis warm, vol energie en lewenslus. Ek is dankbaar vir elkeen wat saam met my dans.”

“Dans Die Vlamme Dood” is nou beskikbaar op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify en Deezer. Draai die volume oop, trek jou dansskoene aan en laat Jay du Plessis jou winter warmer maak!

Luister “Dans Die Vlamme Dood” HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

🐺 Ondersteun Ons: Koop vir ons 'n koffie boere troos, dit sal ons help om vir jou nog goeie goeters te bring.

📬 Join die Wolf Pack: Teken in op ons nuusbrief om updated te bly.

🔍 Check bietjie ons site uit: Scroll af om verwante artikels en meer te sien. Jy's ook welkom om ons Music, Screen en Knowledge Hubs uit te check. As jy wil sien wat trend, check ons Popular Articles uit.

📐 As jy Afrikaans Is: Check bietjie ons Afrikaanse Hoekie uit.

🕳️ Klim af in die Konyngat: Lees bietjie Random Feite of Kyk 'n Random Musiekvideo.

📅 Kry goeters om te doen: Check ons Upcoming Events of die SA Gig Guide uit.

Verwante Artikels

  • Oorlog Frankenstein
    Oorlog Frankenstein – Dans Dans Dans (Haezer Remix) (Video)
  • Jack Parow
    Jack Parow releases “Dans Dans Dans” Music Video
  • Fokofpolisiekar
    Fokofpolisiekar reik “Dans deur die donker” album uit
  • Jay Music
    Jay Music Releases “Sky Heaven Nights with Jay Music”

In Geval Jy Dit Gemis Het

  • Acoustic Element & Andre Graham
    Acoustic Element and Andre Graham Release “Break of Dawn”
  • Beekay Monalayzzar
    Beekay Monalayzzar Releases New Single: “Enhlizweni”
  • Kharishma
    Kharishma & Sanerre Release New Single: “Dumelang”
  • Kat Newood
    Kat Newood Drops New Dance-Pop Anthem: “Pressure”

Goeters Om Te Doen

  • ParkLive Jozi 2026 - TEEKS
    Parklive Jozi: 30 August 2026
  • Playtopia Festival Featured
    Playtopia Festival: 3-5 December 2026
  • Liefde By Die Dam 2026
    Liefde by die Dam 2026: Alles Wat Jy Moet Weet
  • Francois Van Coke & Vriende 2025
    Francois van Coke & Vriende 2026: Als Wat Jy Moet Weet

Nog Artikels Wat Jy Dalk Gemis Het

  • The Wombats Band
    The Wombats: 22 Interesting Facts You Might Not Know
  • Deadline Band
    Deadline: 10 Interesting Facts You Did Not Know
  • La Paz - Bolivia
    Bolivia: 16 Interesting Facts You Might Not Know
  • Vredefest September 2011
    Photo Album: Vredefest September 2011

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

Netflorist
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Share your thoughtsCancel reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels Om Te Lees
  • Tree63
    Tree63 Release New Single & Video: “Voyage”
    June 8, 2026
  • Pictonico
    Turn Your Photos into Mini Games with Pictonico!
    June 6, 2026
  • Ezra Collective
    Ezra Collective Release New Single: “Only Love”
    June 5, 2026
  • DJ Scratch Masta
    DJ Scratch Masta Releases New Single: “Focus”
    June 5, 2026
  • Amy Jones
    Amy Jones Releases New Single: “Again”
    June 5, 2026
  • South Africans
    New Study Reveals Future of South African Youth Marketing
    June 5, 2026
  • Apple Gule
    Apple Gule Starts New Chapter With “Wake Up Sing”
    June 4, 2026
  • Online Gambling in South Africa - Betting - Unlisenced
    What Happens When South Africans Bet on Unlicensed Websites?
    June 4, 2026
  • Disney+
    What’s Streaming on Disney+ in June 2026?
    June 3, 2026
  • Sossi
    Sossi is terug met “Wie Het Die Lig Uit Jou Oë Gesteel”
    June 3, 2026
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,163
Rock 599
Useful Tips 558
Afrikaans 492
Cape Town 326
USA 319
Pretoria 301
Johannesburg 281
Festivals 196
UK 175
Categories
Entertainment
3,306 ▼
Music 2,541
Events 240
Interviews 223
Gaming 91
Streaming 86
Humor 48
Movies 32
Television 25
Advertising 20
Featured
584
Hacks
498
Facts
464 ▼
Music Facts 150
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
327
Opinion
225
General News
133
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Popular Articles
Francois Van Coke & Vriende 2025

Francois van Coke & Vriende 2026: Als Wat Jy Moet Weet

June 3, 202686 Views
Zoee

Zoee Releases New Single: “Don’t Let Me Go”

June 1, 202685 Views
Jeff Foxworthy

30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes

November 1, 201878 Views
Amazon Prime

South Africa! Amazon Prime is Here!

June 3, 202669 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on GAZ Releases Powerful New Single: “Moving On”
  • GAZ on GAZ Releases Powerful New Single: “Moving On”
  • Sharon Sibert on Review: Guns N’ Roses at FNB Stadium in Johannesburg
  • Henno Kruger on The Fismits Release New Single: “Independence”
  • Henno Kruger on Zebra and Giraffe Release “The End of The Road” Music Video
  • Devographic Music Agency on The Fismits Release New Single: “Independence”
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.